FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Engels: FIFA Confederations Cup) is van 14 tot 28 Junie 2009 in Suid-Afrika aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien. Dit was die sesde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
FIFA Confederations Cup South Africa 2009
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 14 – 28 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 4 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (3 titels)
Tweede plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Derde plek Vlag van Spanje Spanje
Vierde plek Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 44 (2.75 per wedstryd)
Bywoning 584 894 (36 556 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Luís Fabiano (5 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Kaká
2005
2013
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle die Verenigde State met 3–2 in die eindstryd geklop het. Spanje het in die derde en die gasheer Suid-Afrika in die vierde plek geëindig.

Stadions wysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Rustenburg
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Suid-Afrika)
Pretoria
Royal Bafokeng-stadionLoftus Versfeld
25°34′43.5″S 27°9′39.4″O / 25.578750°S 27.160944°O / -25.578750; 27.160944 (Royal Bafokeng-stadion)25°45′11.8″S 28°13′22.6″O / 25.753278°S 28.222944°O / -25.753278; 28.222944 (Loftus Versfeld)
Kapasiteit: 42 000Kapasiteit: 50 000
BloemfonteinJohannesburg
VrystaatstadionEllispark-stadion
29°7′3″S 26°12′32″O / 29.11750°S 26.20889°O / -29.11750; 26.20889 (Vrystaatstadion)26°11′51.2″S 28°3′38.7″O / 26.197556°S 28.060750°O / -26.197556; 28.060750 (Ellispark-stadion)
Kapasiteit: 48 000Kapasiteit: 60 000

Deelnemende spanne wysig

Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2009 deelgeneem het
SpanKonfederasieKwalifiseringDeelname
 Suid-AfrikaCAFGasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20102de
 ItaliëUEFAWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20061ste
 Verenigde StateCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 20074de
 BrasiliëCONMEBOLWenner van die Copa América in 2007[1]6de
 IrakAFCWenner van die Asië Nasies-beker in 20071ste
 EgipteCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 20082de
 SpanjeUEFAWenner van die UEFA Europa-beker in 2008[1]1ste
 Nieu-SeelandOFCWenner van die Oseanië Nasies-beker in 20083de

Wedstrydbal wysig

’n Replika van die Adidas Kopanya (die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se amptelike wedstrydbal) met die tradisionele 32-paneelstruktuur. Die amptelike wedstrydbal het dieselfde struktuur en oppervlak as die Adidas Europass

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se amptelike wedstrydbal was die Adidas Kopanya. Die naam beteken “kom bymekaar” in Suid-Sotho, een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Die bal se paneelstruktuur is dieselfde as by die vorige balle Teamgeist en Europass. Die bal is wit en versier met dik swart lyne asook ’n gedetailleerde tradisionele Ndebele-ontwerp in rooi, geel, groen en blou.[2]

Formaat wysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2009 op die Ellispark-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Irak afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 28 Junie met die eindstryd tussen Verenigde State en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003 en 2005 ingespan.

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
SeremoniesOS
Groep A222
Groep B222
Uitklopfase
Junie
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
SeremoniesSS
Uitklopfase112
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek en eindstryd

Groepfase wysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde wysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 22 November 2008 in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg gehou.

Groepfase wysig

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje330080+89
 Suid-Afrika31112204
 Irak302101–12
 Nieu-Seeland301207–71

14 Junie 2009
16:00 SAST
 Suid-Afrika0–0  IrakEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 48 837
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Verslag

14 Junie 2009
20:30 SAST
 Nieu-Seeland0–5  SpanjeRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 21 649
Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin)
Verslag 6', 14', 17' Torres
24' Fàbregas
48' Villa

17 Junie 2009
16:00 SAST
 Spanje1–0  IrakVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 30 512
Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië)
Villa 55'Verslag

17 Junie 2009
20:30 SAST
 Suid-Afrika2–0  Nieu-SeelandRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 36 598
Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko)
Parker 21', 52'Verslag

20 Junie 2009
20:30 SAST
 Irak0–0  Nieu-SeelandEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 23 295
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Verslag

20 Junie 2009
20:30 SAST
 Spanje2–0  Suid-AfrikaVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 38 212
Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili)
Villa 52'
Llorente 72'
Verslag

Groep B wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië3300103+79
 Verenigde State310246–23
 Italië310235–23
 Egipte310247–33

15 Junie 2009
16:00 SAST
 Brasilië4–3  EgipteVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 27 851
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Kaká 5', 90' (straf)
Luís Fabiano 11'
Juan 37'
Verslag 9', 55' Zidan
54' Shawky

15 Junie 2009
20:30 SAST
 Verenigde State1–3  ItaliëLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 34 341
Skeidsregter: Pablo Pozo (Chili)
Donovan 41' (straf)Verslag 58', 90+4' Rossi
72' De Rossi

18 Junie 2009
16:00 SAST
 Verenigde State0–3  BrasiliëLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 39 617
Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland)
Verslag 7' Felipe Melo
20' Robinho
62' Maicon

18 Junie 2009
20:30 SAST
 Egipte1–0  ItaliëEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 52 150
Skeidsregter: Martin Hansson (Swede)
Homos 40'Verslag

21 Junie 2009
20:30 SAST
 Italië0–3  BrasiliëLoftus Versfeld, Pretoria
Toeskouers: 41 195
Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko)
Verslag 37', 43' Luís Fabiano
45' (e.d.) Dossena

21 Junie 2009
20:30 SAST
 Egipte0–3  Verenigde StateRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 23 140
Skeidsregter: Michael Hester (Nieu-Seeland)
Verslag 21' Davies
63' Bradley
71' Dempsey

Uitklopfase wysig

HalfeindrondteEindrondte
24 Junie – Bloemfontein
   Spanje 0 
   Verenigde State 2 
 
28 Junie – Johannesburg
     Verenigde State 2
    Brasilië 3
Derde plek
25 Junie – Johannesburg28 Junie – Rustenburg
   Brasilië 1   Spanje 3
   Suid-Afrika 0    Suid-Afrika 2

Halfeindrondte wysig


24 Junie 2009
20:30 SAST
 Spanje0–2  Verenigde StateVrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 35 369
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Verslag 27' Altidore
74' Dempsey

25 Junie 2009
20:30 SAST
 Brasilië1–0  Suid-AfrikaEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 48 049
Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland)
Dani Alves 88'Verslag

Klein finale (om die derde plek) wysig


28 Junie 2009
15:00 SAST
 Spanje3–2 (e.t.)  Suid-AfrikaRoyal Bafokeng-stadion, Rustenburg
Toeskouers: 31 788
Skeidsregter: Matthew Breeze (Australië)
Güiza 88', 89'
Alonso 107'
Verslag 73', 90+3' Mphela

Eindstryd wysig


28 Junie 2009
20:30 SAST
 Verenigde State2–3  BrasiliëEllispark-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 52 291
Skeidsregter: Martin Hansson (Swede)
Dempsey 10'
Donovan 27'
Verslag 46', 74' Fabiano
84' Lúcio


Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2009
 Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglys wysig

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[3] Die ranglys vir die 2009-toernooi is soos gevolg:

RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  BrasiliëB5500145+915
2  Verenigde StateB520389–16
3  SpanjeA5401114+712
4  Suid-AfrikaA511346−24
In die groepfase uitgeskakel
5  ItaliëB310235–23
6  EgipteB310235–23
7  IrakA302101−12
8  Nieu-SeelandA301207−71

Meeste doele aangeteken wysig

Meeste doele aangeteken:

RangSpelerDoele
1 Luís Fabiano5
2 Fernando Torres3
David Villa3
Clint Dempsey3
5 Kaká2
Mohamed Zidan2
Giuseppe Rossi2
Daniel Güiza2
Katlego Mphela2
Bernard Parker2
Landon Donovan2
12 Homos1
Mohamed Shawky1
Dani Alves1
RangSpelerDoele
12 Juan1
Lúcio1
Maicon1
Felipe Melo1
Robinho1
Daniele De Rossi1
Xabi Alonso1
Cesc Fàbregas1
Fernando Llorente1
Jozy Altidore1
Michael Bradley1
Charlie Davies1
Andrea DossenaED
Luís Fabiano

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 Die Suid-Amerikaanse en Europese kampioen is nie langer verplig om deel te neem nie. Bron: (en) Persberig FIFA 2005/2006 season: final worldwide matchday to be 14 May 2006 d.d. 19 Desember 2004 Geargiveer 15 Junie 2010 op Wayback Machine
  2. (en) "A vibrant ball for the rainbow nation". FIFA. 19 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2009. Besoek op 12 Desember 2009.
  3. (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 28 Junie 2022.

Eksterne skakels wysig


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021