Die Ili (Oeigoers: ئىلى دەرياسى, Ili deryasi of Или дәряси, Ili dəryasi; Kasaks: Іле, İle, ئله; Russies: Или; Chinees: 伊犁河, pinyin: Yīlí Hé; Mongools: Ил, letterlik: "kaalheid") is die grootste van die Balchasj-meer se invloeiende riviere. Dié rivier, met 'n lengte van 1 400 km (870 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koenes- en Tekes-riviere in die outonome gewes Xinjiang van die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting deur die stad Yining en bereik die Kasakse grens. In Kasakstan vloei die Ili in 'n westelike rigting tot by Kapchagai, sowat 70 km noord van die voormalige hoofstad Almati. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en mond in 'n wye delta in die Balchasj-meer uit.[1]

Ili
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China

Die stroomgebied van die Ili

OorsprongSaamvloei van Koenes en Tekes, Xinjiang, Volksrepubliek China
Tiensjan
MondingKasakstan
Balchasj-meer
StroomgebiedVolksrepubliek China, Kasakstan
Lengte1 400 km (870 myl)
Mondinghoogte340 m (1 115 voet)
Gemiddelde afloop480 m³/s (17 000 ft³/s)
Stroomgebiedopp.140 000 km² (54 000 myl²)

As gevolg van die groot bevolkingsgroei in die Chinese outonome gewes Xinjiang styg die waterverbruik, waardeur minder water die Balchasj-meer bereik en die meer bedreig.

Fotogalery wysig

Verwysings wysig

  1. "Ili River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 19 Augustus 2017.

Eksterne skakels wysig