Hierdie artikel handel oor die Baleariese eiland. Vir ander gebruike van "Ibiza", sien Ibiza (dubbelsinnig).

Ibiza (Katalaans: Eivissa [əjˈvisə]) is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die derde grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 97 km van die ooskus van Spanje, 80 km suidwes van Majorka en het 'n oppervlakte van 571,6 km². Die hoofstad is die dorp met dieselfde naam, Ibiza. Ibiza is in 1999 deur Unesco weens sy biodiversiteit en kultuur as wêrelderfenisgebied gelys.

Ibiza
Inheemse naam: Eivissa
Nasa-Satellietbeeld van Ibiza
Nasa-Satellietbeeld van Ibiza
Geografie
LiggingSpanje, Baleariese Eilande, Middellandse See
Koördinate38°58′48″N 1°25′48″O / 38.98000°N 1.43000°O / 38.98000; 1.43000Koördinate: 38°58′48″N 1°25′48″O / 38.98000°N 1.43000°O / 38.98000; 1.43000
ArgipelBaleariese Eilande
Totale eilande5
HoofeilandeBaleariese Eilande
Oppervlakte571,6 vk km
Hoogste puntSa Talaiassa 475 m
Administrasie
Vlag van Spanje Spanje
Outonome gewes Baleariese Eilande

HoofstadIbiza
Grootste stadIbiza (49 516)

Demografie
Bevolking132 637

BevolkingsgroepeSpanjaarde, Katalane
Derde grootste van die Baleariese Eilande

Sien ook wysig

Bron wysig

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 12, Bladsy 453.

Eksterne skakels wysig