Gariepdam

Grootste dam in Suid-Afrika

Die Gariepdam, vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam, is die grootste dam in Suid-Afrika met 'n oppervlak van meer as 374 vierkante kilometer wanneer vol. Die bakmaat word op 5 340 miljoen m3 geskat. Die dam vorm die beginpunt van die Oranjerivierprojek wat die verspreiding van water na die Groot-Visrivier en Sondagsrivier behels.

Gariepdam
Die Gariepdamwal
Die Gariepdamwal
Amptelike naamGariepdam
Ander naamLake !Gariep
Vorige naamHendrik Verwoerddam
LiggingVrystaat, Oos-Kaap
Provinsie/LandSuid-Afrika
Koördinate30°37′25″S 25°30′24″O / 30.62361°S 25.50667°O / -30.62361; 25.50667Koördinate: 30°37′25″S 25°30′24″O / 30.62361°S 25.50667°O / -30.62361; 25.50667
Dam inOranjerivier
DoelStoordam, Hidroëlektrisiteit
Konstruksie begin1965
Openingsdatum1971
EienaarDepartement van Waterwese
Soort damBoog-gravitasiedam
Hoogte van wal88 m
Lengte van wal914 m
Bakmaat5 340 miljoen m3
Hoogte bo seespieël1 259 m
Kruinbreedte13 m
Sluise6
ReservoirLake !Gariep
Opvanggebied684 000 km2
Damoppervlak374 km2
HidrokragsentraleKonvensioneel
AanlegoperateurEskom
Turbines4 x 90 MW
Maksimumkapasiteit360 MW
Jaarlikse opwekking889 GWh
Brug draMotorverkeer
Brugbreedte12 m
TolfooiGeen

Naam wysig

Gariep is 'n San/Nama woord wat Groot water/Groot rivier beteken. Die Oranjerivier word ook na verwys as die Gij Gariep en daarom Gariepdam.

Afmetings wysig

Die damwal is ongeveer 88 meter hoog en 914 meter lank. Die damwal is van beton gebou en bevat ongeveer 1,73 miljoen m³ daarvan. Die damwal se ontwerp is 'n kombinasie van 'n gravitasie- en boogdam. Die dam het ses kruinsluise, drie aan elke kant. By die damwal word hidroëlektrisiteit opgewek deur vier generators, elk met 'n vermoë van 90 MW. Water wat deur die generators gebruik word, vloei verder af in die Oranjerivier na die Vanderkloofdam.[1]

Riviere en spruite wat die dam voed[2] wysig

Dorpie en toerisme wysig

Die werkers wat betrokke was by die bou van die Gariepdam is gehuisves in 'n dorpie, net onder die wal, wat bekend was as Oranjekrag. Die dorp heet nou Gariepdam en is 'n vakansie- en aftreedorp. Aan die dam se oewers is verskeie natuurreservate en vakansieoorde, die bekendste is seker die Forever Resorts se Gariep-vakansieoord,[3] die Gariepdam-natuurreservaat en die Oviston-natuurreservaat.

Fotogalery wysig

Nota: Afstande per pad gemeet[4]

Sien ook wysig

Verwysings wysig