Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.

Vrystaat Provinsie
Free State Province
Foreistata

Wapen
Ligging van die Vrystaat
HoofstadBloemfontein
Grootste stadBloemfontein
Oppervlakte
– Totaal
Geranglys 3de
129 480 vk km
Bevolking[1]
 – Totaal (2011)
 – Bev.digtheid
Geranglys 8ste
2 745 590
21 / vk km
TaleSuid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%)
Etniese verdelingSwart mense (87,6%), Wit mense (8,7%),
Bruin mense (3,1%),
Asiërs (0,4%)
PremierMxolisi Dukwana (ANC)

Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.

Geskiedenis wysig

Sien Oranje-Vrystaat

Demografie wysig

Meerderheidstale in die Vrystaat:

   Afrikaans

   Engels

   Xhosa

   Zoeloe

   Suid-Sotho

   Tswana

   Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2017-skatting): 2 890 000.
  • Tale: Suid-Sotho (64,4%), gevolg deur Afrikaans (14%).
  • Meeste van die wit- en bruinmense praat Afrikaans, die meeste Indiërs praat Engels en meeste van die swartmense praat Suid-Sotho.

Geografie wysig

Oppervlakte: Sowat 129 825 km².

Ligging en topografie wysig

Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (kloksgewys van bo af) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.

Distrikte wysig

Daar is 4 distrikte in die provinsie Vrystaat, naamlik:

Dorpe en stede wysig

Bloemfontein
Bloemfontein
Clarens
Cornelia

Ekonomie wysig

Beeste wei naby Winburg

Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes; daar vind ook jaarliks 'n kersiefees plaas. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.

Bronne wysig

  • van Schoor, M.C.E.: Die Vrystaat. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.
  • Vrystaat by Mieliestronk - Met toestemming gebruik


Verwysings wysig

  1. statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine – 2011-sensus

Eksterne skakels wysig

Provinsies van Suid-Afrika
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap

Koördinate: 29°S 26°O / 29°S 26°O / -29; 26