Federale staatsvorm van Indië

Indië is 'n federasie wat onderverdeel is in 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied (Delhi). Alle deelstate en uniegebiede is weer onderverdeel in distrikte.

Tale van Indië wysig

Indiese deelstate volgens mees verspreide tale

Hindi is volgens die grondwet van 1950 die ‘voorkeur’ amptelike taal van Indië. Hierdie taal word deur die federale owerheid gebruik. Ook word Hindi gebruik as kommunikasietaal tussen die federale owerheid en die deelstate waar Hindi as amptelike taal erken word. Engels word deur die federale owerheid ook as amptelik taal erken en gebruik as kommunikasietaal met die ander deelstate waar Hindi nie erken word nie.

Volgens die grondwet van 1950 sou Engels as amptelike taal erken word tot en met 1965, waarna die taal sy amptelike status sou verloor ten gunste van Hindi. Maar dit het nie gebeur nie. Veral in die sakelewe, maar ook by regeringsinstansies geniet Engels vandag hoë prioriteit. Naas Hindi en Engels geniet nog 21 ander tale amptelike erkenning.

Deelstate en uniegebiede van Indië wysig

1–28 is deelstate en A–G is uniegebiede

  1. Jammu en Kasjmir
  2. Himachal Pradesh
  3. Punjab
  4. Uttarakhand
  5. Haryana
  6. Rajasthan
  7. Uttar Pradesh
  8. Bihar
  9. Sikkim
  10. Gujarat
  11. Madhya Pradesh
  12. Chhattisgarh
  13. Jharkhand
  14. Wes-Bengale
  1. Maharashtra
  2. Orissa
  3. Goa
  4. Karnataka
  5. Andhra Pradesh
  6. Kerala
  7. Tamil Nadu
  8. Assam
  9. Arunachal Pradesh
  10. Nagaland
  11. Manipur
  12. Mizoram
  13. Tripura
  14. Meghalaya
Oorsig van deelstate en uniegebiede
  1. Chandigarh
  2. Delhi
  3. Daman en Diu
  4. Dadra en Nagar Haveli
  1. Lakshadweep (Lakkadive)
  2. Puducherry
  3. Andaman- en Nicobar-eilande

Tabel wysig

In die onderstaande tabel word die uniegebiede kursief aangedui.

Deelstaat of
uniegebied
HoofstadAmptelik taalOppervlakte
(km²)
Bevolking
(2001)
Andaman en NicobarPort BlairHindi8249356 152
Andhra PradeshHyderabadTelugu275 06876 210 007
Arunachal PradeshItanagarHindi83 7431 097 968
AssamDispurAssamees78 43826 655 528
BiharPatnaHindi99 20082 998 509
ChandigarhChandigarhHindi114900 635
ChhattisgarhRaipurHindi135 19420 833 803
Dadra en Nagar HaveliSilvassaGujarati491220 490
Daman en DiuDamanGujarati112158 204
DelhiNieu-DelhiHindi148313 850 507
GoaPanajiKonkani37021 347 668
GujaratGandhinagarGujarati196 02450 671 017
HaryanaChandigarhHindi44 21221 144 564
Himachal PradeshShimlaHindi55 6736 077 900
Jammu en KasjmirSrinagar
Jammu
Kasjmiri, Oerdoe222 23610 143 700
JharkhandRanchiHindi74 67726 945 829
KarnatakaBangaloreKannada191 79152 850 562
KeralaTrivandrumMalayalam38 86331 841 374
LakshadweepKavarattiMalayalam3260 650
MadhyapradeshBhopalHindi308 25260 348 023
MaharashtraMumbaiMarathi307 69096 878 627
ManipurImphalMeitei22 3272 166 788
MeghalayaShillongKhasi, Garo, Engels22 4292 318 822
MizoramAizawlMizo, Engels21 081888 573
NagalandKohimaEngels16 5791 990 036
OrissaBhubaneshwarOriya155 70736 804 660
PuducherryPuducherryTamil492974 345
PunjabChandigarhPandjabi50 36224 358 999
RajasthanJaipurHindi342 23956 507 188
SikkimGangtokNepalees7096540 851
Tamil NaduMadrasTamil130 05862 405 679
TripuraAgartalaBengaals10 4863 199 203
UttarakhandDehradunHindi51 1258 489 349
Uttar PradeshLucknowHindi243 286166 197 921
Wes-BengaleKolkataBengaals88 75280 176 197

Sien ook wysig

Verdere leesstof wysig

  • (en) Verinder Grover (1996). Ranjana Arora (red.). Encyclopaedia of India and Her States edition. New Delhi: Deep & Deep. ISBN 81-7100-730-9.

Eksterne skakels wysig