Blitsbokke

sewesrugbyspan

Die Blitsbokke is Suid-Afrika se nasionale sewesrugbyspan. Hulle ding mee om die Wêreldrugby Sewesreeks, die Sewesrugbywêreldbeker, die Olimpiese Somerspele en die Statebondspele.

Suid-Afrika
UnieSuid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU)
Bynaam(e)Blitsbokke, Blitzbokke
EmbleemSpringbok en protea
Afrigter(s)Neil Powell
Kaptein(s)Philip Snyman
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetspunteCecil Afrika (1368)
Meeste drieëSeabelo Senatla (219)
Amptelike webwerf
www.sarugby.net

Geskiedenis wysig

Die Blitzbokke tydens die Oktoberfest se sewestoernooi in 2017

Na Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport het die span hul eerste sewesreeks tydens 1993 in Hongkong gespeel en ook aan die Rugbywêreldbekersewes 1993 deelgeneem. Vir die volgende twee seisoene het hulle weer in Hongkong gaan speel. In 1996 het hulle ook aan die toernooie in Punta Del Este, in Uruguay, en Doebai deelgeneem

In 1997 het hulle weer aan die Sewesrugbywêreldbeker deelgeneem en in 1998 het hulle in drie Suid-Amerikaanse toernooie gespeel — Die toernooi in Mar Del Plata, Argentinië, Punta Del Este, en die Viña del Mar in Chili.

In 1999 het hulle weer in Mar Del Plata gespeel, en ook in die toernooi in Santiago de Chile, Fidji, Hongkong, Japan en Parys.

Aan die einde van 1999 is die eerste Wêreldrugby Sewesreeks gespeel (destyds bekend as die IRR Sewes Wêreldreeks) en die Blitsbokke speel sedertdien in die toernooireeks.

Naas die Sewesreeks, neem die span ook deel aan die Sewesrugbywêreldbeker, die Statebondspele, die Wêreldspele en sedert 2016 aan die Olimpiese Somerspele.

Toernooigeskiedenis wysig

Olimpiese Spele wysig

SpeleGoudSilwerBrons
2016 Rio de Janeiro Fidji Groot-Brittanje Suid-Afrika
2020 Tokio Fidji Nieu-Seeland Argentinië

Statebondspele wysig

SpeleGoudSilwerBrons
1998 Kuala Lumpur Nieu-Seeland Fidji Australië
2002 Manchester Nieu-Seeland Fidji Suid-Afrika
2006 Melbourne Nieu-Seeland Engeland Fidji
2010 Nieu-Delhi Nieu-Seeland Australië Suid-Afrika
2014 Glasgow Suid-Afrika Nieu-Seeland Australië
2018 Goudkus Nieu-Seeland Fidji Engeland
2022 Birmingham Suid-Afrika Fidji Nieu-Seeland

Wêreldspele wysig

SpeleGoudSilwerBrons
2001 Akita Fidji Australië Nieu-Seeland
2005 Duisburg Fidji Suid-Afrika Argentinië
2009 Kaohsiung Fidji Portugal Suid-Afrika
2013 Cali Suid-Afrika Argentinië Kanada

Wêreldrugby Sewesreeks wysig

Reeksseges wysig

Suid-Afrika het die volgende reekse van die Wêreldrugby Sewesreeks gewen sedert dit in 1999–2000 die eerste keer gespeel is:

Reeksseges
SeisoenPunteTweede plekToernooiseges
2008–09132 Fidji (102)3
2016–17192 Engeland (164)5
2017–18182 Fidji (180)2
2020–2140 Groot-Brittanje (34)2

Toernooiseges wysig

Suid-Afrika het die volgende toernooie van die Wêreldrugby Sewesreeks gewen sedert dit in 1999–2000 die eerste keer gespeel is:

Bekerseges
SeisoenToernooiEindstrydopponentTelling
2001–022002 Wellington-sewes Samoa17–14
2002–032003 Cardiff-sewes Argentinië35–17
2003–042003 Doebai-sewes Nieu-Seeland33–26
2004 Singapoer-sewes Argentinië24–19
2004–052005 Londen-sewes Engeland21–12
2005–062006 Parys-sewes Samoa33–12
2006–072006 Doebai-sewes Nieu-Seeland31–12
2007–082008 Adelaide-sewes Nieu-Seeland15–7
2008–092008 Doebai-sewes Engeland19–12
2008 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland12–7
2009 Adelaide-sewes Kenia26–7
2010–112011 VSA-sewes Fidji24–14
2011 Londen-sewes Fidji24–14
2011 Edinburg-sewes Australië36–35
2012–132013 VSA-sewes Nieu-Seeland40–21
2013 Japan-sewes Nieu-Seeland24–19
2013 Skotland-sewes Nieu-Seeland28–21
2013–142013 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland17–14
2014 VSA-sewes Nieu-Seeland14–7
2014–152014 Doebai-sewes Australië33–7
2014 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland26–17
2015–162015 Suid-Afrika-sewes Argentinië29–14
2016–172016 Doebai-sewes Fidji26–14
2017 Wellington-sewes Fidji26–5
2017 Sydney-sewes Engeland29–14
2017 VSA-sewes Fidji19–12
2017 Parys-sewes Skotland15–5
2017–182018 Doebai-sewes Nieu-Seeland24–12
2018 Parys-sewes Engeland24–14
2018–192019 Vancouver-sewes Frankryk21–12
2019 Singapoer-sewes Fidji20–19
2019–202019 Doebai-sewes Nieu-Seeland15–0
2020 Los Angeles-sewes Fidji29–24
20212021 Vancouver-sewes Kenia38–5
2021 Edmonton-sewes Groot-Brittanje24–12
2021–222021 Doebai-sewes VSA42–7
2021 Doebai-sewes Australië10–7
2022 Malaga-sewes Argentinië24–17
2022 Sevilla-sewes Australië33–7

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig