Opkomende Springbokke

Die Opkomende Springbokke (vroeër bekend as die Gaselle en die Junior Springbokke) is die tweede nasionale rugbyspan in Suid-Afrika na die nasionale span. Hulle neem van tyd tot tyd aan die Wêreldrugbynasiesbeker deel saam met spanne soos Namibië, Roemenië en Georgië, asook die Argentynse Jaguars en Italië A. Die span speel ook van tyd tot tyd teen toerspanne soos die Britse en Ierse Leeus. Die span bestaan uit spelers van alle ouderdomme en is nie noodwendig ’n junior span nie, maar ’n vereiste om gekies te mag word is dat ’n speler nog nie vir die Springbokke gespeel het nie.

Opkomende Springbokke
UnieSuid-Afrikaanse Rugbyunie
Bynaam(e)Gaselle
Junior Springbokke
EmbleemSpringbok en protea
Spankleure


Alt. kleure

Statistieke
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Argentinië Argentinië 0 – 42 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
(1932)
Grootste oorwinning
Vlag van Argentinië Argentinië 0 – 42 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
(1932)

Geskiedenis wysig

Na die proewe vir die Springbokspan om in 1931 na die Verenigde Koninkryk te toer, was die algemene gevoel dat ’n ewe sterk span, m.a.w. ’n span wat ’n ware toets vir die toerspan sou wees, sonder moeite gekies kon word.[1]

Eerste Gasellespan wysig

So ’n “tweede Springbokspan” is gekies om in 1932 na Argentinië te toer, die span is amptelik die Gaselle genoem en was onder kapteinskap van Joe Nijkamp met Paul Roos as spanbestuurder. Die span het bestaan uit spelers wat nog nie vir die Springbokke uitgedraf het nie. Hulle het in blou truie met ’n springbokkop op die bors, rooi kouse en ’n wit broek gespeel. Die span het in agt wedstryde gespeel waarin hulle 269 punte aangeteken en slegs 24 afgestaan het. Hulle het ook twee wedstryde teen ’n verteenwoordigende Argentynse span gespeel wat die Gaselle met 42–0 en 34–3 gewen het. Hulle taaiste wedstryd was teen Gimnasia y Esgrima, gelei deur Barry Heatlie, wat die Gaselle met 11-5 gewen het. Voorts het twee lede van die toergroep, Jack Gage, George D’alton en John Apsey later Springbokke geword en ’n verdere drie was saam met die Springbokke op toer.[1]

Tweede Gasellespan wysig

Na die Springbokproewe in 1949 is vir die tweede keer ’n Gasellespan gekies. Die beweegrede hiervoor was dieselfde as toe die span aanvanklik gekies is, nl. om aan spelers wat nie by die Springbokgroep ingesluit is nie, speelkans in ’n verteenwoordigende span te bied. Hierdie span het in 1950 na Rhodesië getoer en vyf wedstryde gespeel: drie teen Rhodesië en een teen Matabeleland wat elk deur die Gaselle gewen is, een teen Mashonaland wat die Gaselle met 24–14 verloor het. Van hierdie span het sestien spelers uiteindelik Springbokke geword, alhoewel nie almal in ’n toets uitgedraf het nie.[1]

Gaselle/Junior Springbokke wysig

Die idee om Gasellespelers in toekomstige Springbokke te ontwikkel het in 1955 ontstaan en die naam Junior Springbokke is in gebruik geneem. Die beleid om ’n Junior Springbokspan te kies was die direkte gevolg van die uitslae van die spanne in 1932 en 1950, maar hoofsaaklik omrede vyf spelers van die span van 1932 en sestien van die span van 1950, uiteindelik Springbokke geword het. Die vereiste om gekies te word is in 1955 opgestel: ’n speler moet ’n voornemende Springbok en jonk wees. In 1955 is twee Springboktoere deur Suid-Afrika gereël. Die eerste toer gedurende 1955 met Danie Craven as bestuurder het wedstryde teen Natal (op Kingsmead), Sentrale Universiteite (in Pietermaritzburg) en Rhodesië (in Bulawayo) ingesluit. Die toerspan het al hul wedstryde gewen. Die tweede toer met Basil Kenyon as bestuurder het wedstryde teen Wes-Transvaal, Noordoostelike Distrikte, Grens, die Britse en Ierse Leeus en Noord-Transvaal gespeel. Die toerspan het hul wedstryde teen die Leeus in Bloemfontein met 15–12 verloor en teen Grens met 28–22.

'n Verslaggewer wat saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het, het geskryf dat die wedstryd teen die Gaselle soortgelyk aan ’n toetswedstryd was en dat dit in toekomstige toere moet wegval. Hy het geskryf: “Dit is onregverdig teenoor die besoekers om so ’n taai wedstryd te speel benewens hul ander wedstryde.” Die teenoorgestelde het egter gebeur. As gevolg van die wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus in 1955 het dit gebruiklik geword vir die Junior Springbokke om teen toerspanne te speel. Op hierdie manier het die Junior Springbokke teen Australië (1963 en 1969), Britse en Ierse Leeus (1955, 1962, 1980, 1997 en 2009), Frankryk (1958), Nieu-Seeland (1960, 1970, 1976 en 1992), die Suid-Amerikaanse Jaguars (1980) en Ierland (1981) gespeel. Die Franse span van 1967 het egter nie teen die Junior Springbokke gespeel nie, so ook het die Britse en Ierse Leeus egter nie in 1968 en 1974 teen die Junior Springbokke gespeel nie. Die Britse en Ierse Leeus van 1974 het wel teen die Kwagga Barbarians, wat in effek ’n junior Springbokspan was, gespeel en met 27–20 gewen. Vir die wedstryd teen die Leeus in 1980 is die span weer die Junior Springbokke genoem.

Suid-Afrika het die beslissende wedstryde teen Nieu-Seeland in 1956 en Frankryk in 1958 verloor. Gevolglik is ’n Junior Springbokspan in 1959 na Argentinië gestuur om Suid-Afrikaanse rugby te versterk. Kobus Louw was die bestuurder en Peter Allan die kaptein. Die span het dertien wedstryde in Argentinië gespeel, waaronder twee wedstryde teen die nasionale span, en het 456 punte aangeteken teenoor die 47 wat hulle afgestaan het. In 1965 en 1971 het Argentinië na Suid-Afrika getoer om teen die Gaselle te speel, en in 1966 en 1972 het die Gaselle na Argentinië getoer. Van die sewe wedstryde wat tydens hierdie toere gespeel is, het die Gaselle vier gewen.

In 1978 het die Gaselle teen die Cougars, ’n gekombineerde uitnodigingspan van die Verenigde State wat in Suid-Afrika en Rhodesië getoer het, gespeel. Die Cougars het ses wedstryde in Suid-Afrika gespeel: teen Natal, Saamgevoegde Universiteite, Griekwas, Noord-Transvaal, Gaselle en Rhodesië. In 1986 het die Junior Springbokke teen die Nieu-Seelandse Kavaliers gespeel en daar was ook ’n wedstryd tussen die Junior Springbokke en die Springbokke een week na afloop van die Curriebekereindstryd. In 1992 het spelers soos Joost van der Westhuizen, Ruben Kruger, Jannie de Beer, Chris Badenhorst en Kobus Wiese vir die Gaselle teen Nieu-Seeland gespeel.[1]

Uitslae teen toerspanne wysig

Junior Springbokke/Gaselle/Opkomende Springbokke\Suid-Afrika ‘A’
JaarInternasionale spanPlekTelling
1955Britse en Ierse LeeusBloemfonteinVerloor 12–15
1958FrankrykPort ElizabethWen 9–5
1960Nieu-SeelandDurbanVerloor 6–20
1962Britse en Ierse LeeusPretoriaVerloor 11–16
1963AustraliëSpringsWen 12–5
1969AustraliëSpringsVerloor 17–27
1970Nieu-SeelandPotchefstroomVerloor 25–29
1976Nieu-SeelandPort ElizabethVerloor 15–21
1980Suid-Amerikaanse JaguarsPretoriaVerloor 19–30
1980Britse en Ierse LeeusJohannesburgVerloor 6–17
1981IerlandPretoriaWen 18–15
1992Nieu-SeelandPretoriaVerloor 25–10
1997Britse en Ierse LeeusWellingtonVerloor 51–21
2009Britse en Ierse LeeusKaapstadGelyk 13–13
2016Engelse SaxonsBloemfonteinVerloor 24–32
Engelse SaxonsKaapstadVerloor 26–29

2009-span wysig

Die span wat in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus gelykop gespeel het:[2]

Agterspelers
SpelerPosisieProvinsie
Heini AdamsSkrumskakelBlou Bulle
Jano VermaakSkrumskakelGoue Leeus
Willem de WaalLosskakelWestelike Provinsie
Earl RoseLosskakelGriekwas
Morgan NewmanSenterWestelike Provinsie
Deon van RensburgSenterGoue Leeus
Bjorn BassonVleuelVrystaat Cheetahs
Danwel DemasVleuelBoland Kavaliers
Luzuko VulindluVleuelNatalse Haaie
Zane KirchnerHeelagterBlou Bulle

Voorspelers
SpelerPosisieProvinsie
Tiaan LiebenbergHakerWestelike Provinsie
Bandise MakuHakerBlou Bulle
Pat CilliersStutNatalse Haaie
Wian du PreezStutVrystaat Cheetahs
Werner KrugerStutBlou Bulle
Steven SykesSlotNatalse Haaie
Wilhelm SteenkampSlotBlou Bulle
Franco van der MerweSlotGoue Leeus
Jacques BotesFlankNatalse Haaie
Jean DeyselFlankNatalse Haaie
Dewald Potgieter (k)FlankBlou Bulle
Duane VermeulenAgtstemanWestelike Provinsie

2016-span wysig

Die span wat in 2016 teen die Engelse Saxons gespeel het:[2]

Agterspelers
SpelerPosisieProvinsie
Nic GroomSkrumskakelWestelike Provinsie
Ntando KebeSkrumskakelGrens Bulldogs
Pieter van ZylSkrumskakelBlou Bulle
Francois BrummerLosskakelBlou Bulle
Garth AprilLosskakelNatalse Haaie
Howard MnisiSenterGoue Leeus
Francois VenterSenterVrystaat Cheetahs
Lukhanyo AmVleuelOostelike Provinsie
Travis IsmaielVleuelBlou Bulle
Sergeal PetersenVleuelVrystaat Cheetahs
Courtnall SkosanVleuelGoue Leeus
Leolin ZasHeelagterWestelike Provinsie

Voorspelers
SpelerPosisieProvinsie
Edgar MarutlulleHakerOostelike Provinsie
Malcolm MarxHakerGoue Leeus
Scarra NtubeniHakerWestelike Provinsie
Thomas du ToitStutNatalse Haaie
Lizo GqobokaStutBlou Bulle
Vincent KockStutPumas
Coenie OosthuizenStutNatalse Haaie
Marcel van der MerweStutBlou Bulle
Jason JenkinsSlotBlou Bulle
Stephan LewiesSlotNatalse Haaie
JD SchickerlingSlotWestelike Provinsie
RG SnymanSlotBlou Bulle
Arno BothaLosvoorspelerBlou Bulle
Nizaam CarrLosvoorspelerWestelike Provinsie
Jean-Luc du PreezLosvoorspelerNatalse Haaie
Oupa Mohoje (k)LosvoorspelerVrystaat Cheetahs
Sikhumbuzo NotsheLosvoorspelerWestelike Provinsie

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Geskiedenis: Die Gaselle of Junior Springbokke" (html). 31 Maart 2013. Besoek op 26 Oktober 2015.
  2. 2,0 2,1 "Rose at pivot for Emerging Boks" (in Engels). PlanetRugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2012. Besoek op 22 Junie 2009.