20 Augustus

datum
<<Augustus 2023>>
SoMaDiWoDoVrSa
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031
Al die dae

20 Augustus is die 232ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (233ste in skrikkeljare). Daar volg nog 133 dae in die res van die jaar.

Gebeure wysig

  • 2 – Lucius Caesar, die aangewese opvolger van keiser Augustus sterf op pad na Spanje in Massilia in die suide van Gallië.
  • 636Arabiese magte onder Khalid bin Walid oorwin die Bisantynse magte tydens die Slag van Yarmuk en verkry beheer oor dele van Sirië en Palestina. Dit is die eerste van die groot Moslem-verowerings en die begin van 'n vinnige uitbreiding van Islam buite Arabië.
  • 917 – Die Bulgaarse tsar Simeon I oorwin die Bisantynse magte tydens die Slag van Anchialos. Voortaan moet die Bisantynse Ryk 'n jaarlikse belasting aan die Bulgare betaal.
  • 1297 – Tydens die Slag van Veurne oorwin die Franse magte onder Robert van Artois die Vlaamse troepe van Hertog Guido I van Vlaandere.
  • 1400 – Die keurvorste van die Heilige Romeinse ryk dank koning Wenzel af en kies Ruprecht III van die Palts as sy opvolger.
  • 1429Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) word biskop van Valencia.
  • 1648 – Die Slag van Lens begin. Dit was die laaste veldslag van die Dertigjarige Oorlog.
  • 1661Pous Alexander VII se Korsikaanse wag vermoor 'n bediende van die Franse ambassadeur in Rome.
  • 1672 – Die Nederlandse politikus Johan de Witt en sy broer Cornelis de Witt word deur ondersteuners van die Huis van Oranje vermoor. Die broers word verantwoordelik gehou vir die oorloë tydens die "Rampjaar".
  • 1728 – Die Deen Vitus Bering ontdek 'n eiland tussen Rusland en Alaska. Ter ere aan die dag-heilige word die eiland Sint Laurenseiland genoem.
  • 1775 – Spaanse setlaars stig die stad Tucson en begin met die bou van 'n vesting.
  • 1794 – Tydens die Slag van Fallen Timbers oorwin die troepe van die Verenigde State die Chippewa-, Ottawa-, Potawatomi-, Shawnee-, Delaware- en Mingo-indiane wat deur die Shawnee-hoofman Weyapiersenwah gelei word.
  • 1866 – Die Amerikaanse Burgeroorlog word amptelik beëindig. President Andrew Johnson teken dit so aan in die "Act of 2 March, 1867".
  • 1885 – Die sterrrekundige Ernst Hartwig sien die Supernova S Andromedae (SN 1885A) in die Tartu Observatorium in Estland.
  • 1898 – Die Switserse Gornergratspoorlynmaatskappy begin sy werksaamhede.
  • 1914Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe neem die Belgiese hoofstad Brussel in. Op dieselfde dag begin die beleg van Antwerpen wat tot 10 Oktober duur.
  • 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen die Osmaanse ryk.
  • 1944Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjet-Russiese weermag begin Operasie Jassy-Kischinew. Binne enkele dae word Roemenië verower.
  • 1946 – Met die uitvaardiging van die "Kontrollratsgesetz Nr. 34" ontbind die Geallieerdes die Duitse Weermag. Die Duitse Weermag het op 8 Mei 1945 gekapituleer.
  • 1960Senegal word van Frankryk onafhanklik.
  • 1977Voyager 2 word lanseer.
  • 1991Estland word van die Sowjetunie onafhanklik.
  • 1993Statebond waarnemers kom in Suid-Afrika aan om geweld te monitor.
  • 1994 – Vuyani Bungu, 'n Suid-Afrikaanse juniorveergewigbokser, behaal 'n onverwagse oorwinning oor die Amerikaner Kennedy McKinney om die titel van IBF-kampioen te verower.
  • 2022Misuzulu Zulu word amptelik ingehuldig as Zoeloekoning.

Geboortes wysig

Sterftes wysig

  • 984Pous Johannes XIV, 136ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
  • 1025 – Burchard van Worms, Duitse biskop en kerkregswetenskaplike (* 965).
  • 1153Bernard van Clairvaux, Franse ab en kampvegter vir die kruistogte (* 1090).
  • 1396 – Marsilius von Inghen, Duitse filosoof (* 1335).
  • 1471 – Borso d’Este, Italiaanse hertog van Ferrara en Modena (* 1413).
  • 1528 – Georg von Frundsberg, Duitse soldaat en huursoldaat-kommandant (* 1473).
  • 1574 – Sebastian Ochsenkhun, Duitse luitspeler en komponis (* 1521).
  • 1607 – Wilhelm Zepper, Duitse protestantse teoloog (* 1550).
  • 1621 – Rudolf von Anhalt-Zerbst, Duitse vors van Anhalt (* 1576).
  • 1637 – Anton Varus, Duitse medikus en filosoof (* 1557).
  • 1639 – Jakob Bidermann, Duitse dramaturg (* 1578).
  • 1639 – Martin Opitz, Duitse digter van die Barock (* 1597).
  • 1672 – Johan de Witt, Nederlandse staatsman (* 1625).
  • 1672 – Cornelis de Witt, Nederlandse politikus (* 1623).
  • 1711 – Louis-François de Boufflers, Franse soldaat en maarskalk van Frankryk (* 1644).
  • 1804 – Charles Floyd, Amerikaanse ontdekkingreisiger (* 1782).
  • 1819 – Daniel Tobenz, Oostenrykse katolieke teoloog (* 1743).
  • 1821 – Dorothea von Kurland, hertogin van Koerland (* 1761).
  • 1823 – Friedrich Arnold Brockhaus, Duitse uitgewer (* 1772).
  • 1823Pous Pius VII, 251ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1742).
  • 1824 – Paul Christoph Gottlob Andreä, Duitse regswetenskaplike (* 1772).
  • 1834 – Johann Jakob Humann, Duitse biskop van Mainz (* 1771).
  • 1854 – Karl Ludwig Drobisch, Duitse komponis (* 1803).
  • 1854Friedrich Schelling, Duitse filosoof en hoofproponent van die "Deutsche Idealismus" (* 1775).
  • 1862 – Eduard Pistorius, Duitse skilder (* 1796).
  • 1882 – Friedrich Benjamin von Lütke, Russiese vlootoffisier, ontdekkingsreisiger en skrywer (* 1797).
  • 1887 – Johann Nordmann, Oostenrykse joernalis en skrywer (* 1820).
  • 1891 – Franz Friedrich Ernst Brünnow, Duitse sterrekundige (* 1821).
  • 1897 – Michele Angiolillo Lombardi, Italiaanse anargis en sluipmoordenaar (* 1871).
  • 1905Heinrich Bulthaupt, Duitse skrywer (* 1849).
  • 1905 – Alexander von Oettingen, Duitse protestantse teoloog (* 1827).
  • 1905 – Franz Reuleaux, Duitse ingenieur (* 1829).
  • 1908 – Gustav Ipavec, Sloweense komponis (* 1831).
  • 1908 – Louis Varney, Franse operettekomponis (* 1844).
  • 1910 – Henning August von Arnim-Schlagenthin, Duitse adellike (* 1851).
  • 1910 – Otto Piltz, Duitse skilder (* 1846).
  • 1910 – August Robert Wolff, Poolse uitgewer en boekhandelaar (* 1833).
  • 1912William Booth, Stigter en eerste generaal van die Heilsleër (* 1829).
  • 1912 – Jozef Samaša, Hongaarse aartsbiskop van Eger en kardinaal (* 1828).
  • 1913 – Émile Ollivier, Franse politikus (* 1825).
  • 1914 – Max Theodor von Karajan, Oostenrykse literatuurwetenskaplike (* 1833).
  • 1914Pous Pius X, 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1835).
  • 1915 – Paul Ehrlich, Duitse chemikus en dokter (* 1854).
  • 1917 – Alexander Georg Aster, Duitse argitek en skrywer (* 1849).
  • 1917Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie (* 1835
  • 1925 – Jakob Christoph Heer, Switserse skrywer (* 1859).
  • 1927 – Enrique Reig y Casanova, Spaanse aartsbiskop van Toledo en kardinaal (* 1858).
  • 1928 – Huldreich Heusser, Duitse renjaer (* 1889).
  • 1931 – Waldemar von Baussnern, Duitse komponis (* 1866).
  • 1931 – Oskar von Truppel, Duitse vlootoffisier en goewerneur van Kiautschou (* 1854).
  • 1932 – Paul Keller, Duitse skrywer en uitgewer (* 1873).
  • 1936 – Eduard Christian Arning, Duitse dermatoloog en lepra-kundige (* 1855).
  • 1942 – Rudolf Spielmann, Oostenrykse skaakmeester (* 1883).
  • 1944 – Hans Fischinger, Duitse filmregisseur (* 1909).
  • 1945 – Amakasu Masahiko, Japannese offisier (* 1891).
  • 1945 – Alexander Roda Roda, Oostenrykse skrywer en uitgewer (* 1872).
  • 1945 – Fritz Weege, Duitse argeoloog en kenner van die Etruskiese kultuur (* 1880).
  • 1948 – Emery Roth, Hongaarse argitek (* 1871).
  • 1982Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1906).
  • 1984M.D.C. de Wet Nel, Suid-Afrikaanse politikus (* 1901).
  • 1995Maly Delschaft, Duitse aktrise (* 1898).
  • 2012Phyllis Diller, Amerikaans aktrise en komediant (* 1917)
  • 2017Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1936).
  • 2018Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer (* 1946).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae wysig