Superrugby konsessie-areas

Die Superrugbykompetisie waarin spanne van Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika speel, is gebaseer op 'n konsessiestelsel van spanne wat streke in die drie lande verteenwoordig. Hieirdie artikel verskaf spesifieke detail oor die areas wat deur die verskillende konsessies gedek word.

Australië wysig

Australië het tradisioneel geen nasionale rugbykompetisie gehad nie en die spel was eerder gestrukrureer rondom streeksklubkompetisies. Die Australiese Super 15-konsessies (met die uitsluiting van die Rebels) het ontstaan uit tradisionele verteenwoordigende staats- en provinsiale spanne. Die sterk Australiese rugbystreke nl. Nieu-Suid-Wallis, die Australiese Hoofstadgebied en Queensland is in 2006 aangevul deur Wes-Australië en in 2011 deur Victoria as die konsessiestreke:

GroepKleureKlubLiggingVoedingsarea(s)Tuisveld(e)Eerste seisoenTitels
Australië
RedsBrisbaneQueenslandBallymorestadion (tradisionele tuisveld), Suncorpstadion19960 (2 Super 10)
WaratahsSydneySentraal- en Noordelike NSWSydney Voetbalstadion, Stadion Australië19960
BrumbiesCanberraAHG en Suidelike NSWCanberrastadion19962
ForcePerthWes-AustraliëPerth Ovaal20060
RebelsMelbourneVictoriaMelbourne Reghoekige Stadion20110

Daar is drie state/provinsies oor wat nie deur 'n konsessie gedek word nie:

  • Suid-Australië — 'n substansiële mark maar Australiese Voetbal is die grootste sportsoort alhoewel die Adelaide Sewesrugbytoernooi groot aftrek kry.
  • Tasmanië — 'n klein mark en nie geografies gekonsentreer nie, Australiese Voetbal is hier ook die grootste sportsoort.
  • Noordelike gebied — Australië se yl-bevolkste staat/provinsie met geen ander groot sportspan wat daar 'n basis het nie.

Nieu-Seeland wysig

Kaart van al die provinsiale unies in Nieu-Seeland

In Nieu-Seeland is elk van die land se vyf Superrugbyspanne verbind met verskeie provinsiale unies wat meeding in die land se twee plaaslike kompetisies (die professionele ITM-beker en die amateur Heartland-kampioenskap). Vir alle praktiese doeleindes kom spelers wat in die Super 15 speel van die spanne af wat in die professionele kompetisie speel. Elke konsessie is geregtig daarop om spelers van enige van die provinsiale unies wat met die konsessie verbind word, te gebruik. Die spesifieke unies wat met die konsessies verbind word is:

GroepKleureKlubLiggingVoedingsarea(s)Tuisveld(e)Eerste seisoenTitels
Nieu-Seeland
BluesAucklandITM-beker:Edenpark19963
ChiefsHamiltonITM-beker:

Heartland-kampioenskap:

Waikatostadion19962
CrusadersChristchurchITM-beker:

Heartland-kampioenskap:

Lancasterpark19967
HighlandersDunedinITM-beker:

Heartland-kampioenskap:

Carisbrook, Queenstown Events-sentrum19960
HurricanesWellingtonITM-beker:

Heartland-kampioenskap:

Westpacstadion19960

Suid-Afrika wysig

Die 14 provinsiale spanne in Suid-Afrikaanse plaaslike rugby

Suid-Afrika volg basies dieselfde model as Nieu-Seeland in die samestelling van sy Super 15-spanne waar elke konsessie verbind word met een of meer unies in die land se plaaslike kompetisie, die Curriebeker.

Die land het tans vyf konsessies. Die vier konsessies van die Super 12-era — die Bulls, Cats (nou die Lions), Sharks en Stormers — is in 2006 vergesel van die Cheetahs. Hulle identiteite word grootliks bepaal rondom die 5 tradisionele sterk rugbyprovinsies in Suid-Afrika, die Blou Bulle, Goue Leeus, Natal Haaie, Westelike Provinsie en die Vrystaat Cheetahs. Die sesde konsessie, die Southern Kings (gestig as die Southern Spears) van die Suidelike- en Oos-Kaap (SOK) met sy basis in Port Elizabeth, sou aanvanklik in 2007 toetree tot Superrugby maar dit is nie uitgevoer nie. Die span is in 2012 toegelaat tot die 2013-seisoen.[1]

Die unies wat met die konsessies verbind word is:

GroepKleureKlubLiggingVoedingsarea(s)Tuisveld(e)Eerste seisoenTitels
Suid-Afrika
BullsPretoriaBlou Bulle (PTA en LIM; tuiswedstryde in Pretoria)

Valke (Oos-Rand; tuiswedstryde in Brakpan)

Loftus Versfeld1998 (in 1996 en 1997 as Noord-Transvaal)3
CheetahsBloemfonteinVrystaat Cheetahs (sentraal- en wes-VS; tuiswedstryde in Bloemfontein)

Noord-Vrystaat Griffons (noord-VS; tuiswedstryde in Welkom)Griekwas (NK; tuiswedstryde in Kimberley)

Vrystaatstadion, Hoffepark2006 (in 1997 as die Vrystaat)0
LionsJohannesburgGoue Leeus (Johannesburg)

Luiperds (NW; tuiswedstryde in Potchefstroom)Pumas (MP; tuiswedstryde in Witbank)

Ellispark1998 (in 1996 en 1997 as Transvaal)0 (1 Super 10)
SharksDurbanNatal Haaie (KZN; tuiswedstryde in Durban)Kings Park1998 (in 1996 en 1997 as Natal)0
StormersKaapstadBoland Kavaliers (noordelike WK; tuiswedstryde in Wellington)

Westelike Provinsie (Kaapstad)

Nuweland1998 (in 1996 as Westelike Provinsie)0
Southern KingsPort ElizabethGrens Bulldogs (oostelike OK; tuiswedstryde in Oos-Londen)

SWD Arende (WK oos van KSD; tuiswedstryde in George)OP Konings (westelike OK; tuiswedstryde in Port Elizabeth)

Nelson Mandelabaai-stadion2013-

Aangesien die Spears nooit Superrugby gespeel het nie, moes SARU en SA Rugby besluit hoe om die spelers van die Spears se gebied by ander konsessies in te sluit. Die Southern Kings kry nou sy spelers van dieselfde gebied as wat die Spears gekry het. Van van die spelers in die Kings se debuutwedstryd teen die Britse en Ierse Leeus word verbind met die span se mede-eienaars, Grens en die Oostelike Provinsie se rugbyunies, maar die Suidwestelike Distrikte word ook betrek. Terwyl die Kings nie aan Superrugby deelneem nie mag die spelers vir ander konsessies speel.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. Piek, Morgan (16 Augustus 2012). "SARU bevestig Superrugbydeelname vir 2012" (in Engels). Rugby15.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 14 Maart 2016. Besoek op 16 Augustus 2012.

Eksterne skakels wysig