Suidelike Waterslang

sterrebeeld

Die Suidelike Waterslang (Latyn: Hydrus) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 12 konstellasies wat deur Petrus Plancius geskep is uit waarnemings van Pieter Keyser en Frederick de Houtman.

Suidelike Waterslang
Latynse naamHydrus
GenitiefHydri
AfkortingHyi
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming0,08h ~ 4,66h
Deklinasie-58º ~ -82º
Grootte243 vk. grade (61ste)
KwadrantSQ1
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterBeta Hydri
Naaste sterBeta Hydri
Sterre helderder as 3 m2
Sterre met planete4
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre19
Aangrensende sterrebeelde
Swaardvis, Eridanus, Horlosie, Tafel, Oktant, Feniks (hoek), Net, Toekan
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe wysig

Die enigste ster in die Suidelike Waterslang wat enigiemand ’n naam gegee het, is γ Hyi, wat die Chinese Foo Pih gedoop het.

In Augustus 2010 het ’n Europese sterrekundespan in Chili aangekondig hulle het die bestaan van minstens vyf planete om die ster HD 10180 in dié sterrebeeld bevestig.[1]

Verwysings wysig

  1. "New solar system has up to seven planets Geargiveer 29 Junie 2011 op Wayback Machine". news.com.au. 25 Augustus 2010.

Eksterne skakels wysig