Siegen is 'n stad in Noordryn-Wesfale in die weste van Duitsland, met 'n bevolking van 99 261 op 31 Desember 2012 en 'n oppervlakte van 114,69 km². Die stad is noord van die driehoekpunt van Noordryn-Wesfale, Rynland-Palts en Hesse geleë.

Siegen

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate50°52′N 8°1′O / 50.867°N 8.017°O / 50.867; 8.017
 Stigting (eerste verwysing)1079
 Stadstatus19 Oktober 1303
 Oppervlakte: 
 - Totaal114,69 vk km
 Hoogte bo seevlak267 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2012)99 261[1]
 - Bevolkingsdigtheid865/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterSteffen Mues (CDU)
 Amptelike Webwerfsiegen.de

Die eerste historiese verwysing na Siegen dateer uit die jaar 1079 en op 19 Oktober 1303 het die stad stadstatus gekry. Op 1 Januarie 1975 het Siegen verskeie gebiede ontvang en is sedertdien 'n stad met 'n bevolking van meer as 100 000 inwoners.[2]

Sedert Julie 2012 is Siegen as universiteitstad bekend, nadat dit goedgekeur is deur die regering van Noordryn-Wesfale.[3] Siegen is asook bekend as geboorteplek van Peter Paul Rubens (1577-1640), dus is die ander bynaam Rubensstad.[4]

Verwysings wysig

  1. "it.nrw.de: Zensus vom 9. Mai 2011 - Bevölkerungszahlen auf Basis des Zensus vom 9. Mai 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2013. Besoek op 14 September 2013.
  2. siegen.de: Hauptwohnsitzbevölkerung nach Stadtteilen am 30. September 2011 laut Homepage Stadt Siegen
  3. siegen.de: Amptelike webwerf van Siegen
  4. siegen.de: Siegerlandmuseum