Roepman is 'n boek deur Jan van Tonder en 'n rolprent oor 'n spoorweggemeenskap in die 1960's, soos vertel deur die oë van Timus, 'n elf-jarige seun.

Roepman
RegisseurPaul Eilers
DraaiboekDraaiboek:
Piet de Jager, Salmon de Jager, Jan van Tonder
Roman:
Jan van Tonder
MetPaul Loots
John Henry Opperman
Deon Lotz
Altus Theart
Ivan Botha
Musiek deurDawie de Jager[1]
KinematografieTom Marais
RedigeerderC.A. van Aswegen
AteljeeBosbok Ses Films
The Film Factory
VerspreiderSter-Kinekor Verspreiding
Uitgereik2011
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Begroting$1.4 miljoen (geskat)
IMDb-profiel

Timus en sy gesin is vasgevang in die strukturele geweld veroorsaak deur die regering en die kerk van die tyd. 'n Onwaarskynlike held, Joon, verskyn telkemale tot die redding van Timus en veroorsaak dat Timus glo dat Joon wonderwerke verrig. In die verhaal vertel Timus van sy eie verlies van onskuld en hoe Joon op die einde 'n bietjie van daardie onskuld vir hom probeer teruggee.

Die rolprent is in Durban, Johannesburg, Pretoria en Springs tussen 28 Julie en 31 Augustus 2010 verfilm. Die rolprent het R2,483 miljoen by die loket verdien.[2]

Hoofrolspelers wysig

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig

  • "Akteurs van nuwe fliek Roepman gesels met Sarie.com" (html). Sarie. Besoek op 5 Mei 2011.
  • Video op YouTube

Verwysings wysig

  1. "Roepman" (html) (in Engels). NuMetro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 5 Mei 2011.
  2. ‘Roepman’ laat geld inrol, Beeld, 10 Augustus 2011