Robinsonkreupelhout

Spesie van die speldekussings
(Aangestuur vanaf Robinson-kreupelhout)

Die Robinsonkreupelhout (Leucospermum pluridens) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en vorm deel van die fynbos-bioom. Die plant is endemies aan Suid-Afrika waar dit voorkom in die Rooiberg tot by Robinsonpas. Die struik word tot 3 m groot en dra blomme van September tot Desember.

Robinsonkreupelhout
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Orde:Proteales
Familie:Proteaceae
Genus:Leucospermum
Spesie:
L. pluridens
Binomiale naam
Leucospermum pluridens
Rourke, 1972

In Engels staan dit as die Robinson Pincushion bekend. Die boom se FSA-nommer is 84.4.[1]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

Bronne wysig

Eksterne skakels wysig