Rjoerik-dinastie

Rjoerik-dinastie (afgelei van die Oudnoorse Hrœrikr "beroemde heerser") was die naam van die eerste heerser van Kiëf-Roes en sy afstammelinge. Die heersers het die titel великий князь (weliki knjaz of grootprins) en later царь (tsaar) gehad en het van die negende tot die dertiende eeu in Kiëf-Roes oor die verskillende stadstate regeer en tot in 1598 oor Moskowië en Rusland. Dit is opgevolg deur die Romanof-dinastie.

Die Warangiërs in Rusland

Die begin wysig

Rjoerik (860 - 879), ’n halflegendariese Skandinawiese Warangiër (Wiking), was die eerste heerser van die streek. Hy het die dinastie begin wat vir die volgende 700 jaar regeer het. Sy hoofstad was Nowgorod in die noorde. Sy opvolger, Oleg, het die hoofstad in omstreeks 880 na Kiëf geskuif en dus die fondament gelê vir wat later as Kiëf-Roes bekendgestaan het.

Die eerste heersers was Skandinawiërs, maar mettertyd het hulle met die Slawiese volke saamgesmelt. Die eenheid in Kiëf-Roes is later versteur, onder meer deur burgeroorloë tussen die verskeie prinse, en teen 1132 het dit begin versplinter in verskeie kleiner state.

Mongole wysig

Kiëf-Roes is eindelik in 1240 deur die Mongole vernietig, maar die Rjoerik-dinastie het aanhou regeer oor die verskeie prinsdomme en die opvolgerstate van Kiëf-Roes.

Lys van grootprinse wysig

Hier volg ’n lys van die grootprinse en tsaars van die Rjoerik-dinastie.

GrootprinsPeriodeGebiedOpmerking
Rjoerik860 - 879Nowgorod
Oleg die Wyse879 - 912Kiëf-Roes
Igor die Oue912 - 945Kiëf-Roes
Olga die Heilige945 - 962Kiëf-Roes
Swjatoslaf I die Veroweraar962 - 972Kiëf-Roes
Jaropolk I van Kiëf972 - 980Kiëf-Roes
Wladimir I die Grote980 - 1015Kiëf-Roes
Swjatopolk I die Vervloekte1015 - 1019Kiëf-Roes
Jaroslaf I die Wyse1019 - 1054Kiëf-Roes
Izjaslaf I1054 - 1073<br.> + 1076 - 1078Kiëf-Roes
Swjatoslaf II1073 - 1076Kiëf-Roes
Wsevolod I1078 - 1093Kiëf-Roes
Swjatopolk II1093 - 1113Kiëf-Roes
Wladimir Monomach1113 - 1125Kiëf-RoesStigter van die stad Wladimir
Mstislaf I die Grote1125 - 1132Kiëf-Roes
Jaropolk II1132 - 1139Kiëf-Roes
Wsewolod II1139 - 1146Kiëf-Roes
Isjaslaf II1146 - 1154Kiëf-RoesMet onderbrekings
Joeri die Langarm1154 - 1157Kiëf-Roes
Isjaslaf III1157 - 1159Kiëf-Roes
Rostislaf1159 - 1167Kiëf-Roes
Mstislav II1167 - 1169Kiëf-Roes
Andrei Bogoljoebski1168 - 1174Wladimir
Michail van Wladimir1174 - 1176Wladimir
Wsewolod die Groot Nes1176 - 1212Wladimir
Konstantyn1212 - 1218Wladimir
Joeri II1218 - 1238Wladimir
Jaroslaf II1238 - 1246WladimirMongoolse inval in 1240
Swjatoslaf III1246 - 1249Wladimir
Andrei II1249 - 1252Wladimir
Aleksander Nefski1252 - 1263Wladimir
Daniil1263 - 1303Moskowië
Jaroslaf III1263 - 1271Wladimir
Wasili Jaroslawitsj1271 - 1277Wladimir
Dimitri I1277 - 1281<br.> + 1283 - 1293Wladimir
Andrei III1281 - 1283<br.> + 1293 - 1303Wladimir
Michail1303 - 1318Wladimir
Joeri III Daniilowitsj1318 - 1322WladimirSeun van Daniil van Moskou
Dmitri II1322 - 1325Wladimir
Aleksander Michailowitsj1325 - 1327Wladimir
Iwan I die Geldsak1328 - 1341Moskowië
Semjon die Trotse1341 - 1353Moskowië
Iwan II die Mooie1353 - 1359Moskowië
Dmitri Donskoi1359 - 1389Moskowië
Wasili I1389 - 1425Moskowië
Wasili II1425 - 1462Moskowië
Iwan III die Grote1462 - 1505MoskowiëEerste heerser van die hele Rusland
Wasili III1505 - 1533Moskowië
Iwan IV die Verskriklike1533 - 1584RuslandEerste tsaar van Rusland
Fjodor I1584 - 1598RuslandLaaste Rjoerik-afstammeling op troon

Sien ook wysig