Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollarUSD ($)87,0%
2Vlag van EuropaEuroEUR (€)33,4%
3Vlag van JapanJapannese jenJPY (¥)23,0%
4Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterlingGBP (£)11,8%
5Vlag van SwitserlandSwitserse frankCHF (CHF)8,6%
6Vlag van KanadaKanadese dollarCAD ($)5,2%
7Vlag van AustraliëAustraliese dollarAUD ($)4,6%
8Vlag van MeksikoMeksikaanse pesoMXN ($)2,5%
9Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juanCNY (¥)2,2%
10Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollarNZD ($)2,0%
11Vlag van SwedeSweedse kroonSEK (kr)1,8%
12Vlag van RuslandRussiese roebelRUB (₽)1,6%
13Vlag van HongkongHongkong-dollarHKD ($)1,4%
14Vlag van Noorweë Noorse kroonNOK (kr)1,4%
15Vlag van SingapoerSingapoer-dollarSGD ($)1,4%
16Vlag van TurkyeTurkse liraTRY (₺)1,3%
17Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse wonKRW (₩)1,2%
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse randZAR (R)1,1%
19Vlag van Brasilië Brasiliaanse realBRL ($)1,1%
20Vlag van Indië Indiese roepeeINR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%

Die Brasiliaanse real (Portugees: real brasileiro, meervoud: reais) is die geldeenheid van Brasilië. Een real is 'n honderd centavos.

200 reais
100 reais
50 reais

Die naam real verwys na die Portugese woord vir koninklik.

Munte in sirkulasie is: 5, 10, 25, 50 centavos en 1 real. Die papiergeld is beskikbaar in 2, 5, 10, 20, 50 100 en 200 real .

40 reais 1816

Die eerste geldeenheid wat in Brasilië gebruik is vanaf 1624 was die gulden, tydens die besetting van Brasilië deur Nederland. Die reais (meervoud van real) (BRL) word al vanaf 1654 as geldeenheid in Brasilië gebruik en was die eerste ware Brasiliaanse geldeenheid sedert 1690.

As gevolg van inflasie is die mil-réis (BRM) in 1846 in gebruik geneem. Mil-réis beteken duisend real. Die mil-réis is deur die cruzeiro in 1942 vervang in 'n 1:1 verhouding, alhoewel die mil-réis nog tot in 1955 in gebruik was. As gevolg van hoë inflasie is daar telkens nuwe munte bekendgestel, in 1967 is die nuwe cruzeiro (BRB) met 'n omruilverhouding van 1000:1 bekend gestel, daarna in 1986 is die cruzado (BRC) met 1000:1 ruilverhouding bekend gestel, in 1989 is die nuwe cruzado (BRN) met 1000:1 verhouding bekend gestel, in 1990 is die cruzeiro (BRE) met 'n 1:1 verhouding bekend gestel, in 1993 is die cruzeiro real (BRR) met 'n 1000:1 verhouding bekend gestel en uiteindelik in 1994 is dit met die real (BRL/986) met 'n verhouding van 2750:1 vervang.

Sedertdien het Brasilië 'n meer stabiele geldeenheid. Die eenheid is ook in 1994 aan die dollar gekoppel, alhoewel die koppeling sedertdien stapsgewys hersien is (gedevalueer) met die verloop van tyd.

Notas wysig

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings wysig

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.

Eksterne skakels wysig