Basel (Duits: Basel, [ˈbaːzl̩], ; Frans: Bâle, [bɑl]; Italiaans: Basilea, [baziˈlɛːa]; Romansch: Basilea, [baziˈleːɐ], ; Latyn: Basilia, ; Engels: Basel of Basle; Nederlands: Bazel) is die derde grootse stad in Switserland naas Zürich en Genève met 'n bevolking van byna 174 000 (2020). Die drielandestad lê in die noordweste van die land, aan die grens met Duitsland (die stad Weil am Rhein) en Frankryk (die nedersettings Saint-Louis en Huningue). Die Rynrivier vloei deur die stad.[1]

Basel

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Switserland Switserland
 Kanton Basel
 Koördinate47°33′N 07°35′O / 47.550°N 7.583°O / 47.550; 7.583
 Stigting237/238
 Oppervlakte: 
 - Totaal23,85 vk km
 Hoogte bo seevlak260 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)173 863
 - Bevolkingsdigtheid7 290/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterBeat Jans (SPS/PSS)
 Amptelike webwerfStadt Basel
Kaart van Basel met die drielandepunt Duitsland, Frankryk en Switserland

In die stad word 'n vorm van die Nederalemanniese Duitse dialek gepraat, die Baselduitse subdialek wat verwant is aan die nabygeleë Elsasser Duitse subdialek maar verder 'n taalenklawe vorm in die Hoogalemanniese Duitse dialekgebied.

In 1529 het die Reformasie ingang in Basel gevind. Later, in 1897, het Basel danksy die inisiatief van die Oostenrykse joernalis Theodor Herzl as gasheerstad van die eerste Sionistiese Wêreldkongres opgetree wat vir die stigting van 'n Joodse staat in Palestina gepleit het. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954.

Verwysings wysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels wysig