Paradysvoël (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Paradysvoël (Latyn: Apus) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 16de eeu geskep is. Dit bevat onder meer die bolvormige sterreswerm NGC 6101.

Paradysvoël
Latynse naamApus
GenitiefApodis
AfkortingAps
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming16h
Deklinasie-75º
Grootte206 vk. grade (67ste)
KwadrantSQ3
Besonderhede
Hoofsterre4
Helderste sterAlpha Apodis
Naaste sterHD 128400
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete2
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre12
Aangrensende sterrebeelde
Suidelike Driehoek, Passer, Vlieg, Kameleon, Oktant, Pou, Altaar
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Die sterrebeeld was een van 12 wat geskep is deur Petrus Plancius na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Plancius het dit Paradysvogel Apis Indica genoem; die eerste woord is Nederlands vir paradysvoël, maar die ander twee beteken "Indiese by". Apis is die Latyn vir "by" en is waarskynlik foutiewelik gebruik in plaas van avis ("voël").[1] Die naam "apus" kom van die Griekse woord apous ("sonder voete"). Dit verwys na die Weste se opvatting dat ’n paradysvoël nie pote het nie omdat die enigstes wat destyds in die Weste gekry is, se pote en vlerke verwyder was.

Verwysings wysig

  1. Ridpath, Ian. "Apus". Star Tales (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2018. Besoek op 10 April 2012.

Eksterne skakels wysig