Beenvisse

(Aangestuur vanaf Osteichthyes)

Die Beenvisse (Osteichthyes) is 'n superklas van visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit been bestaan. Beenvisse beskik oor swemblase en operkulums (kieudeksels) met een kieu-opening aan elke kant van die kop. Die meeste spesies is ovipaar en slegs die families Bythitidae, Clinidae en die Selakante is vivipaar.

Beenvisse
Tydperk: 420–0 m. jaar gelede Silurian tot vandag
Epinephelus lanceolatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Osteichthyes

Huxley, 1880
Klas

Die superklas sluit die kraakbeenvisse uit. Visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan ressorteer onder die superklas Chondrichthyes.

Die superklas Osteichthyes het twee klasse: Sarcopterygii en Actinopterygii.

Visordes wysig

Die volgende ordes is deel van die beenvisse en kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

NommerOrdeBeskrywingKlasSuperklas
1AlbuliformesBeenvisagtigesStraalvinvisseBeenvisse
2AnguilliformesPalingsStraalvinvisseBeenvisse
3AtheriniformesStraalvinvisseBeenvisse
4BeloniformesStraalvinvisseBeenvisse
5BeryciformesStraalvinvisseBeenvisse
6ClupeiformesHarings, sardyne en AnsjovisseStraalvinvisseBeenvisse
7CoelacanthiformesSelakanteVleisvinvisseBeenvisse
8CypriniformesStraalvinvisseBeenvisse
9ElopiformesStraalvinvisseBeenvisse
10GadiformesKabeljouagtigesStraalvinvisseBeenvisse
11GobiesociformesKlipsuiersStraalvinvisseBeenvisse
12GonorynchiformesSand en MelkvisseStraalvinvisseBeenvisse
13LampriformesStraalvinvisseBeenvisse
14LepidosireniformesSuid-Amerikaanse en Afrika longvisseVleisvinvisseBeenvisse
15LophiiformesHengelaarsStraalvinvisseBeenvisse
16MugiliformesHardersStraalvinvisseBeenvisse
17OphidiiformesKuskpalingsStraalvinvisseBeenvisse
18PerciformesBaarsagtigesStraalvinvisseBeenvisse
19PleuronectiformesPlatvisseStraalvinvisseBeenvisse
20ScorpaeniformesStraalvinvisseBeenvisse
21SiluriformesBabersStraalvinvisseBeenvisse
22SyngnathiformesPypvisse & SeeperdjiesStraalvinvisseBeenvisse
23TetraodontiformesStraalvinvisseBeenvisse
24ZeiformesStraalvinvisseBeenvisse

Sien ook wysig

Bron wysig