Millennium-stadion

Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte.

Millennium-stadion
Stadiwm y Mileniwm
Die West Stand van die Millennium-stadion

LiggingWestgatestraat, Cardiff, Wallis
Koördinate51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250Koördinate: 51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250
EienaarWalliese Rugbyunie
OperateurWalliese Rugbyunie
Kapasiteit74 500[1]
OppervlakGras (1999–2014)
Desso (2014–hede)[2]
Konstruksie
Gebou1997
Geopen26 Junie 1999[3]
Boukoste£121 miljoen
ArgitekBligh Lobb Sportargitektuur, WS Atkins[4]
Huurders
Walliese Rugbyunie (nasionale rugbyspan)
Voetbalvereniging van Wallis (nasionale sokkerspan)
Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion

Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is.[2] Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen[5] waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.[6]

Die stadion is in Junie 1999 geopen[3] en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000.[7] Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.[8][9]

Wedstryde wysig

JaarWedstrydSpanTellingSpan 2Toeskouers
1999Poel DWallis 23–18 Argentinië72 500
Wallis 64–15 Japan72 500
Wallis 31–38 Samoa70 849
Argentinië 33–12 Japan36 000
Kwarteindstryd 2Wallis 9–24 Australië74 499
Derde plekSuid-Afrika 22–18 Nieu-Seeland50 000
EindstrydAustralië 35–12 Frankryk72 500
2007Poel BWallis 20–30 Australië71 022
Fidji 29–16 Kanada45 000
Wallis 72–18 Japan35 245
Kwarteindstryd 2Nieu-Seeland 18–20 Frankryk71 669
2015Poel AWallis 54–9 Uruguay71 887
Australië 28–13 Fidji67 253
Wallis 23–13 Fidji71 576
Poel CNieu-Seeland 43–10 Georgië69 167
Poel DIerland 50–7 Kanada68 523
Frankryk 9–24   Ierland72 163
Kwarteindstryd 2Nieu-Seeland 62–13 Frankryk71 619
Kwarteindstryd 3Ierland 20–43 Argentinië72 316

Verwysings wysig

  1. "Information : About the Venue : Facts & Figures" (in Engels). Millennium Stadium. 12 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2015. Besoek op 17 Julie 2013.
  2. 2,0 2,1 "End of an era, as Heineken Cup final between Toulon and Saracens marks last game on grass at the Millennium Stadium" (in Engels). Welsh Rugby Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2009. Besoek op 11 September 2015.
  3. 3,0 3,1 "Millennium-stadion Inligting" (in Engels). Millennium-stadion. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2015. Besoek op 28 Augustus 2008.
  4. (en) "Om die wow-faktor reg te kry". Federasie van Meesterbouers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 28 Augustus 2008.
  5. "Die ekonomiese impak van die Millennium-stadion" (in Engels). Cardiff-stadsraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2013. Besoek op 7 September 2008.
  6. (en) "Millennium-projekte open in Wallis en Noord-Ierland". Millennium-kommissie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2009. Besoek op 24 Augustus 2008.
  7. "Millennium-stadion vier vyfde herdenking" (in Engels). NewsWales. 25 Junie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2012.
  8. "Feite oor Wallis en die Walliesers (40. Cardiff het die wêreld se grootste uitskuifbare dak)" (in Engels). Britannia.com, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 7 September 2008.
  9. "Oor Millennium-stadion" (in Engels). Millennium-stadion plc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2008. Besoek op 24 Augustus 2008.

Eksterne skakels wysig