Rugbywêreldbeker 1999

Die Rugbywêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1999; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1999; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1999; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1999) is van 1 Oktober tot 6 November 1999 in Wallis (nominale gasheer), Engeland, Skotland, Frankryk en Ierland, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die vierde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die tweede in Europa. Al die gashere het ook die Rugbywêreldbeker 1991 gemeenskaplik gehuisves. Dit was die eerste rugbywêreldbekertoernooi in dié sport se professionele era, nadat die IRR ná die Rugbywêreldbeker 1995 met die professionalisering van dié sport begin het.

Rugbywêreldbeker 1999
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Wallis Wallis (nominaal)
Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Frankryk Frankryk
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
Datums1 Oktober – 6 November
Aantal nasies20 (65 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Vlag van Australië Australië
Naaswenner Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooistatistiek
Wedstryde41
Bywoning1 750 000 (gem. 42 683 per wedstryd)
Drieë242 (gemiddeld 5.9 per wedstryd)
Meeste punteVlag van Argentinië Gonzalo Quesada (102)[1]
Meeste drieëVlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu (8)[2]
1995
2003
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die Rugbywêreldbeker 1999 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale rugbyspanne, teenoor die 16 van die eerste drie rugbywêreldbekertoernooie. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer, saam met die 16 beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Skotland, Spanje, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die 1999-toernooi is 41 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase, drie tydens die uitspeelrondte en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vyf groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die naaswenners en die voorste derde-plek-span tydens die uitspeelrondte om die oorblywende drie plekke van die kwarteindrondte meegeding het. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer.

Australië het die eindstryd op Millennium-stadion in Cardiff teen Frankryk met 35–12 gewen en sodoende sy tweede rugbywêreldbekertitel ingepalm, die eerste span wat daarin geslaag het. Hulle het ook die eerste span geword wat dié titel ingepalm het nadat hulle vir die toernooi moes kwalifiseer.[3] Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het in die derde en Nieu-Seeland in die vierde plek geëindig. Die halfeindwedstryd wat Frankryk teen Nieu-Seeland met 43–31 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou.[4] Interessant genoeg is die Krieketwêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Nederland pleks van Frankryk) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver kon vermaak om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen. Vir Frankryk was dit saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 een van twee groot sportkompetisies binne twee jaar en interessant genoeg het die onderskeidelike nasionale spanne die wêreldbekereindstryde in twee van Frankryk se gewildste sportsoorte gehaal; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld.

As gevolg van die uitgebreide aantal spanne wat aan die Rugbywêreldbeker 1999 kon deelneem, het dié toernooi met drie nuwelinge die meeste debutante sedert die eerste 1987-toernooi gesien. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, maar al drie spanne is reeds in die groepfase uitgeskakel. Tydens hierdie toernooi het die Suid-Afrikaanse losskakel Jannie de Beer tydens die kwarteindwedstryd teen Engeland vyf skepskoppe oorgeskop – ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord. Die Rugbywêreldbeker 1999 het ook die opkoms van Namibië, wat sedertdien vir elke rugbywêreldbekertoernooi kon kwalifiseer, gesien.[5]

Toewysing wysig

’n Britse twee-pond-munt ter geleentheid van die Rugbywêreldbeker 1999

Die Rugbywêreldbeker 1999 is deur die IRR aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Walliese Rugbyunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland aan te bied. Die nuwe Millennium-stadion in Cardiff was die kern van die Walliese bod, met boukoste van sowat £126 miljoen wat deur ’n lotto-insameling en private beleggings gedek is.[6]

Deelnemers wysig

Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde plek Frankryk het regstreeks gekwalifiseer. Om die oorblywende 16 plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 65 nasionale rugbyspanne meegeding, ’n nuwe rekord. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en saam met Fidji, wat die vorige 1995-toernooi in Suid-Afrika misgeloop het, by die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1995 aangesluit om sodoende die 20-span-lys vir die Rugbywêreldbeker 1999 te vorm.

Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 65 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Uitslag van die kwalifisering:

   Nominale gasheer

   Drie beste spanne van die 1991-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroep
WallisNominale gasheerVierde1995Derde plek (1987)D
Suid-AfrikaRegstreeksTweede1995Kampioen (1995)A
Nieu-SeelandVierde1995Kampioen (1987)B
FrankrykVierde1995Naaswenner (1987)C
ArgentiniëKwalifiseringsrondteVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)D
AustraliëVierde1995Kampioen (1991)E
EngelandVierde1995Naaswenner (1991)B
FidjiDerde1991Kwarteindrondte (1987)C
  IerlandVierde1995Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995)E
ItaliëVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)B
JapanVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)D
KanadaVierde1995Kwarteindrondte (1991)C
NamibiëEersteDebuutC
RoemeniëVierde1995Groepfase (1987, 1991, 1995)E
SamoaDerde1995Kwarteindrondte (1991, 1995)D
SkotlandVierde1995Vierde plek (1991)A
SpanjeEersteDebuutA
TongaDerde1995Groepfase (1987, 1995)B
UruguayEersteDebuutA
Verenigde StateDerde1995Groepfase (1987, 1991)E

Stadions wysig

Die Millennium-stadion in Cardiff, kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999

Kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999 was die nuwe Millennium-stadion in Cardiff, wie se boukoste 126 miljoen pond beloop het.[7] Wallis het egter slegs nege van die 41 wedstryde gehuisves, nadat die Walliese Rugbyunie met sy eweknieë van Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland ooreengekom het om wedstryde in die vier ander lande aan te bied.

Die Rugbywêreldbeker 1999 is derhalwe deur Wallis, Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Al die Groep A-wedstryde is in Skotland aangebied, Groep B-wedstryde in Engeland, Groep C-wedstryde in Frankryk, Groep D-wedstryde in Wallis en Groep E-wedstryde in Ierland. Die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte en die kwarteindrondte self is in drie verskeie stadions gehuisves, die halfeindrondte is op Twickenham in Londen aangebied. Beide die bronseindstryd en die eindstryd is op die nuut opgerigte Millennium-stadion in Cardiff aangebied, wat langs die Nasionale Stadion in Cardiff Arms Park opgerig is.

Van die Engelse stadions is Twickenham en Welford Road (albei rugbystadions), asook Ashton Gate in Bristol en Kirklees in Huddersfield, wat gewoonlik sokker aanbied, gebruik. Skotse stadions sluit in Murrayfield, tuiste van die Skotse Rugbyunie; Hampdenpark, tuiste van die Skotse Sokkerassosiasie; en die kleinste stadion van die Rugbywêreldbeker 1999: Netherdale in Galashiels, Scottish Borders. Stadions in Ierland is Lansdowne Road, die tradisionele setel van die Ierse Rugbyvoetbalunie, asook Ravenhill en Thomondpark. In Frankryk is vyf stadions gebruik, die meeste van die vyf gashere, insluitende die Franse nasionale stadion, Stade de France, wat die eindstryd van beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied het. Die nominale gasheer Wallis het drie stadions vir die toernooi gebruik: Die Millennium-stadion in Cardiff, Racecourse Ground in Wrexham en Stradeypark in Llanelli.

Cardiff Wrexham Llanelli Saint-Denis Londen
MillenniumRacecourse GroundStradeyparkStade de FranceTwickenham
51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250 (Millennium)53°3′7″N 3°0′13″W / 53.05194°N 3.00361°W / 53.05194; -3.00361 (Racecourse Ground)51°41′13″N 4°10′31″W / 51.68694°N 4.17528°W / 51.68694; -4.17528 (Stradeypark)48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000 (Stade de France)51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham)
Kapasiteit: 74 500Kapasiteit: 15 500Kapasiteit: 10 800Kapasiteit: 80 000Kapasiteit: 75 000
Edinburg Glasgow Dublin Lens Bordeaux
MurrayfieldHampdenparkLansdowne RoadStade Félix-BollaertStade Chaban-Delmas
55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield)55°49′33″N 4°15′7″W / 55.82583°N 4.25194°W / 55.82583; -4.25194 (Hampdenpark)53°20′6.02″N 6°13′45″W / 53.3350056°N 6.22917°W / 53.3350056; -6.22917 (Lansdowne Road)50°25′58″N 2°48′53″O / 50.43278°N 2.81472°O / 50.43278; 2.81472 (Stade Félix-Bollaert)44°49′45″N 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778 (Stade Chaban-Delmas)
Kapasiteit: 67 500Kapasiteit: 52 500Kapasiteit: 49 250Kapasiteit: 41 800Kapasiteit: 38 327
Limerick Belfast Galashiels
ThomondparkRavenhillNetherdale
52°40′27″N 8°38′33″W / 52.67417°N 8.64250°W / 52.67417; -8.64250 (Thomondpark)54°34′35″N 5°54′16″W / 54.57639°N 5.90444°W / 54.57639; -5.90444 (Ravenhill)55°36′22″N 2°47′0.6″W / 55.60611°N 2.783500°W / 55.60611; -2.783500 (Netherdale)
Kapasiteit: 13 500Kapasiteit: 12 500Kapasiteit: 6 000
Toulouse Huddersfield Bristol Béziers Leicester
Stadium MunicipalKirkleesAshton GateStade de la MéditerranéeWelford Road
43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O / 43.58306; 1.43417 (Stadium Municipal)53°39′15″N 1°46′6″W / 53.65417°N 1.76833°W / 53.65417; -1.76833 (Kirklees)51°26′24″N 2°37′13″W / 51.44000°N 2.62028°W / 51.44000; -2.62028 (Ashton Gate)43°20′5″N 3°15′58″O / 43.33472°N 3.26611°O / 43.33472; 3.26611 (Stade de la Méditerranée)52°37′27″N 1°07′59″W / 52.62417°N 1.13306°W / 52.62417; -1.13306 (Welford Road)
Kapasiteit: 37 000Kapasiteit: 24 500Kapasiteit: 21 500Kapasiteit: 18 000Kapasiteit: 16 500
Plekke in Skotland en Ierland

Formaat wysig

Die Rugbywêreldbeker 1999 is oor 35 dae tussen 20 verskillende spanne oor 41 wedstryde beslis. Dit het op 1 Oktober 1999 op Millenium in Cardiff met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Wallis en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 6 November met die eindstryd tussen Australië en Frankryk, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender wysig

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die uitspeelrondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Oktober
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
SeremoniesOS
Groep A111111
Groep B111111
Groep C111111
Groep D111111
Groep E111111
Uitklopfase
Oktober/November
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
31
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
SeremoniesSS
Uitklopfase3131111
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitspeelrondte

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe wysig

Groep AGroep BGroep CGroep DGroep E

Suid-Afrika
Skotland
Spanje
Uruguay

Nieu-Seeland
Engeland
Italië
Tonga

Frankryk
Fidji
Kanada
Namibië

Wallis
Argentinië
Samoa
Japan

Australië
  Ierland
Verenigde State
Roemenië

Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:

  • Groep A is in Skotland aangebied
  • Groep B is in Engeland aangebied
  • Groep C is in Frankryk aangebied
  • Groep D is in Wallis aangebied
  • Groep E is in Ierland aangebied

Groepfase wysig

Vir die eerste keer het 20 nasionale rugbyspanne aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en hulle is in vyf groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. Die naaswenners en die voorste derde-plek-span van die groepfase het tydens die uitspeelrondte om die drie oorblywende plekke meegeding. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner van elk van die groepe het saam met die wenners van die uitspeelrondte na die uitklopfase deurgedring. Hulle het saam met die wenner van die groepfase wat die minste punte behaal het, die wenners van ’n ander groep in die kwarteindrondte ontmoet. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1999-effek op 2003-kwalifisering wysig

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.

Wedstrydbeamptes wysig

’n Paneel van 16 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde wysig

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2003.
Kwalifiseer vir die uitspeelrondte, maar loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis.

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groep-, die uitspeel- en die uitklopfase.

Groepfase wysig

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die eerste spanne en beste naaswenners in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A wysig

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Suid-Afrika330013235+97189
Skotland320112058+62157
Uruguay31024297–5545
Spanje300318122–10403

Groep B wysig

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Nieu-Seeland330017628+148229
Engeland320118447+137227
Tonga310247171–12445
Italië300335196–16123

Groep C wysig

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Frankryk330010852+56139
Fidji3201124+56147
Kanada310211482+32125
Namibië300342186–14443

Groep D wysig

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Wallis320111871+42147
Samoa32019772+25117
Argentinië320183+3237
Japan300336140–10423
  • Finale posisie van Wallis, Samoa en Argentinië volgens punte wat totaal aangeteken is.

Groep E wysig

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Australië330013531+104199
  Ierland320110045+55147
Roemenië310250126–7655
Verenigde State300352135–8353

Posisie van derde plek spanne wysig

Kwalifiseer vir die uitspeelrondte
SpanSWGVP vP t+/−P
Argentinië20138351+327
Kanada1021211482+325
Uruguay10244297–555
Roemenië102550126–765
Tonga102447171–1245

Uitspeelrondte wysig

Uitklopfase wysig

KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
24 Oktober – Saint-Denis    
  Suid-Afrika 44
30 Oktober – Londen
  Engeland 21 
  Suid-Afrika 21
23 Oktober – Cardiff
   Australië 27 
  Australië 24
6 November – Cardiff
  Wallis 9 
  Australië 35
24 Oktober – Edinburg
   Frankryk 12
  Nieu-Seeland 30
31 Oktober – Londen
  Skotland 18 
  Nieu-Seeland 31Uitspeel om derde plek
24 Oktober – Dublin
   Frankryk 43 4 November – Cardiff
  Frankryk 47
   Suid-Afrika 22
  Argentinië 26 
  Nieu-Seeland 18

Kwarteindrondte wysig

Halfeindrondte wysig

Bronseindstryd wysig

Eindstryd wysig


Rugbywêreldkampioen 1999
Australië

Statistiek wysig

Finale puntestand wysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne ná die Rugbywêreldbeker 1999.[18]

Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1999:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Nie deelgeneem nie

pers omfraiing: gekwalifiseer deur uitspeelwedstryde

   Verloorder van kwarteindrondte-uitspeelwedstryde

   Groepfase

RangSpanGroepSWGVPDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele
1 AustraliëE66002212419201
2 FrankrykC65012102217202
3 Suid-AfrikaA65012192118188
4 Nieu-SeelandB64022552922220
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 EngelandB53022502621260
6 SkotlandA53021732014123
7 ArgentiniëD530213764321
8 WallisD42021271412110
In die uitspeelrondte uitgeskakel
9 FidjiC42021481715101
10   IerlandE42021241211122
11 SamoaD42021171311100
In die groepfase uitgeskakel
12 KanadaC3102114121291
13 RoemeniëE3102505270
14 TongaB3102474361
15 UruguayA3102424260
16 Verenigde StateE3003525361
17 NamibiëC3003424260
18 JapanD3003362180
19 ItaliëB3003352270
20 SpanjeA3003180060
Algeheel41241724219125821

Meeste punte en drieë wysig

Meeste punte aangeteken:[1]
NaamPunte
1 Gonzalo Quesada102
2 Matt Burke101
3 Jannie de Beer97
4 Andrew Mehrtens79
5 Jonny Wilkinson69
6 Christophe Lamaison65
7 Silao Leaegailesolo62
8 Neil Jenkins57
9 Paul Grayson54
10 Kenny Logan51
Meeste drieë gedruk:[2]
NaamDrieë
1 Jonah Lomu8
2 Jeff Wilson6
3 Viliame Satala4
Keith Wood
Philippe Bernat-Salles
Dan Luger
7 Fero Lasagavibau3
Morgan Williams
Toutai Kefu
Martin Leslie
Brian Lima
Mark Taylor
Phil Greening
Cameron Murray
Ben Tune
Ugo Mola
Émile Ntamack
Joost van der Westhuizen

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Rugby World Cup 1999: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
  2. 2,0 2,1 (en) "Rugby World Cup 1999: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
  3. (en) "1999: Aussies rule world again". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
  4. (en) "1999: France 43–31 N Zealand". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
  5. (en) "RWC 2023 Qualifier Spotlight: Namibia". Wêreldrugby. 11 Julie 2022. Besoek op 24 Januarie 2024.
  6. (en) "Why is it taking so long?". Bristol Evening Post. 28 Mei 2007. p. 8.
  7. (en) "Millennium Stadium – Cardiff, Wales". ESPNscrum. Besoek op 24 Januarie 2024.
  8. (en) "Oldest tryscorer". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  9. (en) "Unconvincing Springboks scrape past Uruguay". ESPNscrum. 15 Oktober 1999. Besoek op 24 Januarie 2024.
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
  11. (en) Robert Colereports (16 Oktober 1999). "England rack up a ton against Tonga". ESPNscrum. Besoek op 24 Januarie 2024.
  12. (en) "Vunibaka gets first red card". ESPNscrum. 9 Oktober 1999. Besoek op 24 Januarie 2024.
  13. (en) "Rampant Canada thrash Namibia". ESPNscrum. 16 Oktober 1999. Besoek op 24 Januarie 2024.
  14. (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Most individual drop goals in a match". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
  15. (en) Jared Wright (9 September 2023). "WATCH: George Ford rockets over THREE drop goals in World Cup opener". Planet Rugby. Besoek op 24 Januarie 2024.
  16. (en) "1999: Australia 27–21 S Africa". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
  17. (en) Tom Decent (9 September 2023). "All Blacks claim they can still lift trophy after suffering heaviest World Cup defeat". The Sydney Morning Herald. Besoek op 24 Januarie 2024.
  18. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.

Verdere leesstof wysig

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels wysig

Rugbywêreldbeker

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031