Internasionale Sterrekundige Vereniging

Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen.[1] Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking.

Logo van die Internasionale Sterrekundige Vereniging.
Nasionale lede van 73 lande.
Die openingseremonie van die XXVIste algemene vergadering in Praag, Tsjeggië.

Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk,[2] en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum.[3]

Geskiedenis en samestelling wysig

Die IAU is op 28 Julie 1919 in Brussel, België, gestig.[4][5] Die sewe stigterstate was België, Kanada, Frankryk, Brittanje, Griekeland, Japan en die VSA. Hulle is gou daarna gevolg deur Italië en Mexiko.[4]

Vandag het die IAU 12 664 "individuele lede", wat professionele sterrekundiges uit 96 lande is. Verder is daar 79 "nasionale lede", professionele sterrekundige gemeenskappe wat hul lande se sustersverenigings van die IAU verteenwoordig. Hulle is van onder meer Suid-Afrika, Australië, China, Indië, die VSA, Argentinië, Saoedi-Arabië, Duitsland, Brittanje, Nieu-Seeland, Rusland en Japan.[6]

Die IAU se algemene vergadering sluit al die lede in en bepaal die vereniging se beleid, keur sy verordenige goed en verkies verskeie komitees. Stemreg van die lede hang af van die saak wat voor die vergadering dien – soms stem net die individuele lede en soms net die nasionale lede.

Algemene vergaderings wysig

VergaderingJaarPlek
Iste IAU- algemene vergadering (1ste)1922Rome, Italië
IIde IAU- algemene vergadering (2de)1925Cambridge, Engeland, Verenigde Koninkryk
IIIde IAU- algemene vergadering (3de)1928Leiden, Nederland
IVde IAU- algemene vergadering (4de)1932Cambridge, Massachusetts, Verenigde State
Vde IAU- algemene vergadering (5de)1935Parys, Frankryk
VIde IAU- algemene vergadering (6de)1938Stockholm, Swede
VIIde IAU- algemene vergadering (7de)1948Zürich, Switserland
VIIIste IAU- algemene vergadering (8ste)1952Rome, Italië
IXde IAU- algemene vergadering (9de)1955Dublin, Ierland
Xde IAU- algemene vergadering (10de)1958Moskou, Sowjetunie
XIde IAU- algemene vergadering (11de)1961Berkeley, Kalifornië, Verenigde State
XIIde IAU- algemene vergadering (12de)1964Hamburg, Wes-Duitsland
XIIIde IAU- algemene vergadering (13de)1967Praag, Tsjeggo-Slowakye
XIVde IAU- algemene vergadering (14de)1970Brighton, Engeland, Verenigde Koninryk
XVde IAU- algemene vergadering (15de)1973Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië
XVIde IAU- algemene vergadering (16de)1976Grenoble, Frankryk
XVIIde IAU- algemene vergadering (17de)1979Montreal, Quebec, Kanada
XVIIIde IAU- algemene vergadering (18de)1982Patras, Griekeland
XIXde IAU- algemene vergadering (19de)1985Nieu-Delhi, Indië
XXste IAU- algemene vergadering (20ste)1988Baltimore, Maryland, Verenigde State
XXIste IAU- algemene vergadering (21ste)1991Buenos Aires, Argentinië
XXIIste IAU- algemene vergadering (22ste)1994Den Haag, Nederland
XXIIIste IAU- algemene vergadering (23ste)1997Kioto, Kansai, Japan
XXIVste IAU- algemene vergadering (24ste)2000Manchester, Engeland, Verenigde Koninkryk
XXVste IAU- algemene vergadering (25ste)2003Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië
XXVIste IAU- algemene vergadering (26ste)2006Praag, Tsjeggië
XXVIIste IAU- algemene vergadering (27ste)2009Rio de Janeiro, Brasilië
XXVIIIste IAU- algemene vergadering (28ste)2012Beijing, Volksrepubliek China
XXIXste IAU- algemene vergadering (29ste)2015Honolulu, Hawaii, Verenigde State
XXXste IAU- algemene vergadering (30ste)2018Wene, Oostenryk
XXXIste IAU- algemene vergadering (31ste)2021Busan, Suid-Korea

Verwysings wysig

  1. Meer oor die IAU
  2. "IAU Secretariat." International Astronomical Union. Besoek op 26 Mei 2011. "Address: IAU - UAI Secretariat 98-bis Blvd Arago F–75014 PARIS FRANCE" and "The IAU Secretariat is located in the Institut d'Astrophysique de Paris, 2nd floor, offices n°270, 271 and 283."
  3. "Centres – Minor Planet Center". International Astronomical Union (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 20 April 2016.
  4. 4,0 4,1 Blaauw, Adriaan (1994). History of the IAU : the birth and first half-century of the International Astronomical Union. Dordrecht: Kluwer Academic Publishers. ISBN 0-7923-2979-1.
  5. Adams, Walter S. (Februarie 1949). "The History of the International Astronomical Union" (PDF). Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 61 (358): 5. Bibcode:1949PASP...61....5A. doi:10.1086/126108. Besoek op 20 April 2016.
  6. "National Members". International Astronomical Union (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 11 Oktober 2016.

Eksterne skakels wysig