Federale stede van Rusland

Die Russiese Federasie is opgedeel in 85 federale deelgebiede, waarvan 3 federale stede is: Moskou, Sewastopol en Sint Petersburg. Hierdie stede is deelgebiede uit eie reg en is nie soos ander stede deel van ’n groter deelgebied nie.

Kaart#KodeISO-kodeNaamVlagWapenFederale distikEkonomiese distrikOppervl. (km²)[1]Bevolking
177MOWMoskouSentraleSentrale1 10010 382 754
278SPESint PetersburgNoordwestelikeNoordwestelike1 4394 662 547
392GeenSewastopolKrim(nie ingedeel nie)864379 200

2014-ontwikkeling wysig

Op 18 Maart 2014 het die Krim en Sewastopol ná ’n referendum by Rusland aangesluit[2] en het Sewastopol Rusland se derde federale stad geword.[2] ’n Groot deel van die internasionale gemeenskap en die regering van die Oekraïne erken nie Sewastopol as deel van Rusland nie, maar beskou dit steeds as deel van die Oekraïne.[3]

Verwysings wysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Federal cities of Russia
  1. (Federale Statistiekdiens) (21 Mei 2004). "(ru) Территория, число районов, населённых пунктов и сельских администраций по субъектам Российской Федерации". Russiese sensus van 2002) (in Russies). Federale Statistiekdiens. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2011. Besoek op 18 April 2008.
  2. 2,0 2,1 Kremlin.ru. Договор между Российской Федерацией и Республикой Крым о принятии в Российскую Федерацию Республики Крым и образовании в составе Российской Федерации новых субъектов (Treaty Between the Russian Federation and the Republic of Crimea on Ascension to the Russian Federation of the Republic of Crimea and on Establishment of New Subjects Within the Russian Federation) (ru)
  3. "Putin signs Crimea treaty, will not seize other Ukraine regions". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 4 April 2014.