Elani Dekker

Suid-Afrikaanse aktrise en danseres

Elani Dekker (gebore en getoë in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en danseres wat bekend is vir haar rol in die film Jou Romeo (2016), Liewe Lisa (2019) en die rol van Monique in die kykNET-sepie, Binnelanders (2018).

Elani Dekker
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy het in Graad 9, toe sy 'n dramakursus by Lelia Etsebeth en Jacques Bessenger gedoen het, besef dat sy drama as loopbaan wil volg. In 2015 het Dekker 'n beurs ontvang van The New York Film Acadamy, waar sy die "Acting on Film"-kursus gedoen het. Tydens haar verblyf in New York het sy ook haar meestersklas in ballet voltooi. Sy het onder Fiona Ramsay 'n slypskool bygewoon vir stemkunswerk en onder leiding van Leon van Nierop radio-aanbieding en -opvoering bestudeer.

In 2015 het sy haar eerste hoofrol in 'n speelfilm Jou Romeo gekry, waar sy die geleentheid gehad het om saam met die regisseur André Velts te werk. Dekker speel ook een van die hoofrolle in die film Vaselinetjie, 'n film gebaseer op die roman Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck. In 2022 is die film Silverton Siege vrygestel, waarin sy die rol van Christine vertolk.

Film wysig

Rolprente wysig

JaarTitelRolNotas
2022Silverton SiegeChristine
2020Vergeet my nieNicky van As
2019ToorbosKaroliena Kapp
2019Liewe LisaLisa de Wett
2017VaselinetjieOuer Pizzaface
2017RaaiselkindOuer Zettie
2016Jou RomeoYvette Verwey
2015SinkN/AProduksieassistent

Televisie wysig

Teater wysig

  • DEURnis; vertolk die hoofrol (2017). Opgevoer tydens die Aardklop Kunstefees.
  • Free Range Chickens; vervaardiger; regisseur; eenvrouvertoning (2014)

Musiekvideo’s wysig

Dekker vertolk die hoofrolle in twee musiekvideo’s:

Bronnelys wysig