Drakensberg-pompopgaarskema

Die Drakensberg-pompopgaarskema is 'n energiesbergingsfasiliteit geleë op die grens tussen die Suid-Afrikaanse provinsies die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Bouwerk het in 1974 begin en is in 1981 voltooi.

Drakensberg-pompopgaarskema
Driekloofdam, wat dieselfde stoorplek (in die agtergrond) van die Starkfonteindamdam skei
Driekloofdam, wat dieselfde stoorplek (in die agtergrond) van die Starkfonteindamdam skei
Amptelike naamDrakensberg-pompopgaarskema
Liggingnaby Harrismith
Provinsie/LandKwaZulu-Natal en Vrystaat, Suid-Afrika
Koördinate28°34′23″S 29°05′13″O / 28.57306°S 29.08694°O / -28.57306; 29.08694
Dam inTugelarivier
DoelIndustrieel
EienaarDepartement van Waterwese
Soort damGrondvulling
Hoogte van wal48 m (Kilburndam) / 47 m (Drieklloofdam)
Lengte van wal1 100 m (Kilburndam) / 500 m (Driekloofdam)
ReservoirDriekloofdam, Kilburndam, Woodstockdam en Drielkeerwal
Kapasiteit27 000 000 km³
Aktiewe kapasiteit32 071 000 m³ (Drieklloofdam)
35 577 000 m³ (Kilburndam)
HidrokragsentraleKonvensioneel
AanlegeienaarEskom
AanlegoperateurDepartement van Waterwese en Bosbou
Hidroliese hoof460 m
Turbines4 Mitsui / Toshiba
Jaarlikse opwekking2041 (turbine) / 2766 (pomp) miljoen kWh
Netto opwekking1000 (turbine) / 1080 (pomp) MW
Kaart van damme in die skema

Vier damme is betrokke by die skema: die Driekloofdam (verbind aan die Sterkfonteindam), die Kilburndam, die Woodstockdam en die Drielkeerwal. Die toerusting vir kragopwekking is geleë tussen Driekloof- en Kilburndam.[1] Aangesien die Driekloofdam / Sterkfonteindam ook deel is van die Tugela-Vaal-waterprojek vloei sommige van die water wat na Driekloofdam gepomp word, uiteindelik na die Vaaldam en is dus nie weer beskikbaar vir terugvloei na die Kilburndam nie. Die Woodstockdam en Drielkeerwal word as reservoir gebruik om hierdie bykomende water te voorsien aan Kilburndam wanneer nodig.

Die skema maak voorsiening om tot 27,6 GWh elektrisiteit te berg in die vorm van 27 000 000 kub. meter ((950 000 000 kub. vt.) water. Die water word in tye van lae nasionale kragverbruik (gewoonlik oor naweke) na Driekloof gepomp en weer vrygestel terug na Kilburn via vier 250 MW (340 000 pk) in tye van hoë aanvraag na elektrisiteit.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "General Layout of Drakensberg Pumped Storage Scheme" (PDF). Eskom. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Oktober 2013. Besoek op 9 November 2008.

Eksterne skakels

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.