Dipcadi glaucum

giftige krui

Dipcadi glaucum is 'n kruie wat as malkop-ui bekend staan. Die plant kom wyd verspreid in die droër dele van Suid-Afrika en Namibië voor, asook Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe. Na reën kan groen blare gou verskyn vanuit die bolle en nuwe plantjies kan ook in hul duisende opkom van saad, en groei gewoonlik in kolonies.[1] Die plant veroorsaak veral vrektes in skape en bokke in oorbewyde kampe. Malkop-ui is bekend daarvoor om senuweesimptome te veroorsaak. Diere kan doelloos rondloop, hulle koppe teen voorwerpe druk, in sirkels beweeg en 'n erge diarree toon. Daar is geen spesifieke behandeling vir die vergiftiging wat deur malkop-ui veroorsaak word nie.[2]

Dipcadi glaucum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Dipcadi glaucum
Binomiale naam
Dipcadi glaucum
(Burch. ex Ker Gawl.) Baker
Sinonieme

Uropetalon glaucum Burch. ex Ker Gawl.
Lachenalia speciosa F.Dietr.
Dipcadi magnum Baker
Dipcadi longibracteatum Schinz
Dipcadi gracilipes K.Krause

Dipcadi glaucum se sade

Malkop-ui het 'n duidelike voorliefde vir sandgronde en uitgetrapte grond.[3]

Malkop-ui is 'n robuuste jaarlikse kruie, wat tot 120cm lank groei met 4cm in deursnee. Dit dra 4-9 blare wat tot 45 cm lank word en 4cm of meer breed word.[4]

Verwysings wysig

  1. Leffers, Arno (2003). Gemsbok Bean & Kalahari Truffle. Windhoek: Gamsberg Macmillan. p. 94. ISBN 99916-0-491-X.
  2. "Malkop-uintjie vergiftiging". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 29 Februarie 2020.
  3. "Strafplante". gadi.agric.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2020. Besoek op 29 Februarie 2020.
  4. "Flora of Zimbabwe: Species information: Dipcadi glaucum". www.zimbabweflora.co.zw (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2016. Besoek op 29 Februarie 2020.