Club Brugge KV

Club Brugge is 'n Belgiese sokkerklub in Brugge, wat in die Eerste klasse speel. Die span se tuisveld is die Jan Breydelstadion, wat met 'n kapasiteit van 29 000 sitplekke die tweede grootste stadion van België is. Hulle deel die stadion met Cercle Brugge, wat hulle plaaslike mededinger is. Die derby tussen beide spanne staan as die Brugse derby bekend.

Club Brugge
Volle naamClub Brugge Koninklijke Voetbalvereniging
Stigting13 November 1891
TuisveldJan Breydelstadion, Brugge
Kapasiteit29 000
VoorsitterVlag van België Bart Verhaeghe
AfrigterVlag van België Michel Preud'homme
LigaEerste klasse
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Die Jan Breydelstadion

Club het 13 keer die nasionale titel gewen en was die enige Belgiese span ooit om in die eindstryd om die Europa Beker te speel (waar hulle geklop met Liverpool FC geëindig het). Hoewel RSC Anderlecht meer pryse gewen het, is Club tog die gewildste span in België.

Erelys wysig

  • Kampioen van België (18)
1919/20, 1972/73, 1975/76, 1976/77, 1977/78, 1979/80, 1987/88, 1989/90, 1991/92, 1995/96, 1997/98, 2002/03, 2004/05, 2015/16, 2017/18, 2019/2020, 2020/21, 2021/22
(naaswenner (23): 1898/99, 1899/1900, 1905/06, 1909/10, 1910/11, 1966/67, 1967/68, 1969/70, 1970/71, 1971/72, 1984/85, 1985/86, 1993/94, 1996/97, 1998/99, 1999/2000, 2000/01, 2001/02, 2003/04, 2011/12, 2014/15, 2016/17, 2018/19
  • Beker van België (11)
1968, 1970, 1977, 1986, 1991, 1995, 1996, 2002, 2004, 2007, 2015
(naaswenner (7): 1914, 1979, 1983, 1994, 1998, 2005, 2016)
  • Belgiese Supercup (15)
1980, 1986, 1988, 1990, 1991, 1992, 1994, 1996, 1998, 2002, 2003, 2004, 2005, 2016, 2018
(naaswenner (2): 1995, 2007)
  • Champions League
(naaswenner (1): 1978)
  • UEFA-Beker
(naaswenner (1): 1976)

Beroemde sokkerspelers wysig