Anna van Pole

Anna van Pole, dikwels ook Anna Jagiellonica (Pools Anna Jagiellonka, Litaus Ona Jogailaitė) genoem; * 18 Oktober 1523 in Krakow; † 9 September 1596 in Warskou; was 'n Pools-Litause prinses uit die huis Jagiello en die dogter van koning Sigismund I.

Anna van Pole
Koning van Pole en Grootvors van Litaue
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
VorstehuisJagiello
TitelsAnna, koning van Pole deur God se genade, Grootvors van Litaue
Regeer15 Desember 1575 - 1586
Kroning1 Mei 1576 in Warskou
VoorgangerHendrik van Valois
Interrex (1574-1575)
OpvolgerInterrex (1586-1587)
Sigismund III Wasa
Volle naamAnna Jagiellonka
Gebore18 Oktober 1523; Krakow, Pole
Oorlede9 September 1596; Warskou, Pole
BegraweWawel-katedraal, Krakow
EggenootStefanus Báthory
VaderSigismund I van Pole
MoederBona Sforza
Handtekening

Anna, die laaste lid van die Huis Jagiello, is saam met haar destydse verloofde Stefanus Báthory as mede-heerser in die tweede verkiesing van die Pools-Litause Gemenebes verkies. Sy het formeel vanaf 1575 tot met haar afsterwe as verkose staatshoof van Pole-Litaue ("koning" van Pole en grootvors van Litaue) geregeer.

Titel wysig

Anna se amptelike titel was, net soos dié van Hedwig van Pole, inderdaad Król Anna (Latyns: Anna Dei Rex Poloniae; "Anna van Gods Genade Koning van Pole") of "Koning Anna" aangesien sy in haar eie reg heerseres van die koninkryk was. Alle gekroonde hoofde van Pole het hierdie titel sonder aansien van geslag gedra. Die eggenotes van konings het die titel Królowa (Latyns: Regina Poloniae) gedra en eers met hul huwelik koningin geword.