Aminogroep

Onder die begrip aminogroep word in die organiese chemie gewoonlik die primêre aminogroep -NH2 verstaan, wat uit 'n stikstofatoom met twee waterstofatome bestaan wat met 'n kovalente binding aan 'n koolstofatoom van die res van die molekule R1 gebind is.

Primêre, sekundêre en teriêre aminogroepe

Daar is egter ook sekundêre (-NHR1) en tersiêre aminogroepe (-NR1R2)

Aminogroepe is 'n kenmerkende funksionele groepe van die amiene, maar hulle word ook in amiede aangetref. Aminogroepe het 'n eensame paar elektrone en het daardeur basiese eienskappe. 'n Primêre aminogroep kom in al die aminosure voor en is daarin dikwels geprotoneer tot -NH3+.