Aminosuur

'n Aminosuur is 'n organiese verbinding wat sowel 'n aminogroep (—NH2) as 'n karboksielgroep (—COOH) in dieselfde molekule bevat.

Biologiese aminosure wysig

Die aminosuur valien is 'n alfa-aminosuur

Aminosure speel 'n uiters belangrike rol in die biochemie omrede dit die boublokke is wat proteïene vorm. Dié aminosure wat biologies belangrik is, is nogtans net 'n subgroep van die chemiese klasse van die aminosure. Die twee funksionele groepe is aan dieselfde koolstofatoom gesubstitueer en hulle word die alfa-aminosure genoem.

Daar bestaan ook beta-, gamma-aminosure, ensomeer maar hulle is biologies minder belangrik.

Zwitterione wysig

'n Aminosuur as zwitterioon

'n Aminosuur is sowel 'n basis as 'n suur en kan daardeur 'n zwitterioon vorm waar die suurgroep 'n proton aan die aminogroep afstaan. Die eienskappe van die aminosuur word deur sy syketting R— bepaal.

Die alfabet wysig

Die 21 proteïenogene aminosure

Daar is 21 aminosure wat as boublokke van die proteïene optree. Hulle word die proteïenogene aminosure genoem en dikwels met een hoofletter van die alfabet of met 'n drieletterkode weergegee:

Letter3-kodeNaamKlas
RArgArginienMet gelaaide syketting (+)
HHisHistidienMet gelaaide syketting (+)
KLysLisienMet gelaaide syketting (+)
DAspAspartiensuurMet gelaaide syketting (-)
EGluGlutamiensuurMet gelaaide syketting (-)
SSerSerienMet polêre ongelaaide syketting
TThrTreonienMet polêre ongelaaide syketting
NAsnAsparagienMet polêre ongelaaide syketting
QGlnGlutamienMet polêre ongelaaide syketting
CCysSisteïenBesondere gevalle
USecSelenosisteïenBesondere gevalle
GGlyGlisienBesondere gevalle
PProProleinBesondere gevalle
AAlaAlanienMet hidrofobe syketting
IIleIsoleusienMet hidrofobe syketting
LLeuLeusienMet hidrofobe syketting
MMetMetionienMet hidrofobe syketting
FPheFenielalanienMet hidrofobe syketting
WTrpTriptofaanMet hidrofobe syketting
YTyrTirosienMet hidrofobe syketting
VValValienMet hidrofobe syketting