Amerikaanse Lugmag

Amerikaanse gewapende magte wat verantwoordelik is vir oorlogvoering in die lug

Die Amerikaanse Lugmag (Engels: United States Air Force, afgekort USAF) is dié deel van die Amerikaanse Gewapende Magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering in die lug. Die Amerikaanse Lugmag word 'n afsonderlike weermagonderdeel op 18 September 1947. Voorheen was dit 'n deel van die Leër bekend as die United States Army Air Forces (USAAF).

Amerikaanse Lugmag
Seël van die Amerikaanse Lugmag
Seël van die Amerikaanse Lugmag
Seël van die Amerikaanse Lugmag
Gestig8 September 1947; 76 jaar gelede (1947-09-08)[1]
LandVerenigde State van Amerika
Onderdeel vanAmerikaanse Gewapende Magte
TipeLugmag
LogoKenteken van die Amerikaanse Lugmag
VlagVlag van die Amerikaanse Lugmag
RondeelKokarde van die Amerikaanse Lugmag
HoofkwartierPentagon
Aantal lede328 820 aktiewe personeel
152 231 burgerlike personeel[2]
69 056 reserwepersoneel[3]
110 000 Nasionale Lugwag-personeel
$140 miljard begroting
5 217 bemande vliegtuie[4]
406 IKBMs[5]
KommandostruktuurLugmagdepartement
LeuseAim High … Fly-Fight-Win[6]
"Integrity first, Service before self, Excellence in all we do"[7]
MarsThe U.S. Air Force
KleurUltramarien en Lugmaggeel[8]         
VeldslaeKorea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog

Die Amerikaanse Lugmag is die tegnologies meesgevorderde lugmag ter wêreld.

Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Lugmag 333 772 soldate op aktiewe diens, insluitend 63 310 vroue. 'n Verdere 70 880 reserwesoldate was op die register.

Doelstellings wysig

Die taak van die lugmag was van meet af aan redelik divers: lugsuperioriteit, kernaanval, ondersteuning van die Leër en strategiese lugbrûe is maar 'n paar hiervan. Hiervoor is die lugmag verdeel in verskillende onderdele vir die noodsaaklike operasies in Europa en Asië, naamlik die Amerikaanse Lugmag in Europa en die Amerikaanse Lugmag in die Stille Oseaan.

In Nederland was daar vir 'n geruime tyd 'n lugverdedingseskader te Soesterberg gestasioneer, die 32ste (taktiese) Gevegseskader. Hulle taak was om die Nederlandse lugruim te beskerm teen indringers van die Warskoulande. Dit was die enigste eskader van die Amerikaanse Lugmag wat ooit onder die operasionele bevel van 'n ander land gestaan het. Teen die einde van die Koue Oorlog is die eskader onttrek en ontbind.

Offisiersrange wysig

SalarisskaalO-1O-2O-3O-4O-5O-6O-7O-8O-9O-10Spesiaal1
Kenteken
TitelTweede
Luitenant
Eerste
Luitenant
KapteinMajoorLuitenant
Kolonel
KolonelBrigadier
Generaal
Generaal
-majoor
Lieutenant
Generaal
GeneraalGeneraal
van die Lugmag
Afkorting2de Lt1ste LtKaptMajLt-KolKolBrig-GenlGenl-MajLt-GenlGenlGAF
NAVO-kodeOF-1OF-2OF-3OF-4OF-5OF-6OF-7OF-8OF-9OF-10

1 Slegs toegeken gedurende tye van verklaarde oorlog.

Lugmanskappe wysig

SalarisskaalE-1E-2E-3E-4E-5E-6E-7E-8E-9
KentekenGeen
kenteken
TitelBasiese
Lugman
LugmanLugman
1ste klas
Senior
Lugman
Staf-
Sersant
Tegniese
Sersant
Meester-
Sersant
Senior
Meester-
Sersant
Hoofmeester-
Sersant
Bevels-
hoofmeester
Sersant
Hoofmeester
Sersant
van die Lugmag
AfkortingsABAmnA1CSrASSgtTSgtMSgtSMSgtCMSgtCCMCMSAF
NAVO-kodeOR-1OR-2OR-3OR-4OR-5OR-6OR-7OR-8OR-9OR-9OR-9

Galery wysig

Verwysings wysig

  1. (en) Missions Part Two: Air Power Comes of Age in World War II, U.S. Air Force. Geargiveer 16 Oktober 2015 op Wayback Machine
  2. "Air Force Personnel Demographics". Air Force Personnel Center. af.mil. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2016.
  3. "Department of Defense (DoD) Releases Fiscal Year 2017 President's Budget Proposal". U.S. Department of Defense. 9 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2016. Besoek op 11 Februarie 2016.
  4. "World Air Forces 2018". Flightglobal: 17. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2018. Besoek op 13 Junie 2018.
  5. "Air Force Arsenal of Land-Based Nukes Shrinking as Planned". Associated Press. 20 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2017. Besoek op 20 Maart 2017.
  6. "Aim High … Fly-Fight-Win to be Air Force motto USAF" (in Engels). United States Air Force. 7 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. Besoek op 19 Oktober 2010.
  7. "Ventura" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 Augustus 2017. Besoek op 5 April 2019.
  8. "The Air Force Flag" (PDF). Air Force Historical Research Agency (in Engels). United States Air Force. 24 Maart 2007. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 September 2013. Besoek op 3 September 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki How vertaal.