Alcide De Gasperi

Alcide Amedeo Francesco De Gasperi (; 3 April 1881, Pieve Tesino – 19 Augustus 1954, Borgo Valsugana) was 'n Italiaanse staatsman. Hy was die Eerste minister van Italië van 1945 tot 1953 in agt verskillende regerings en president van die Parlementêre Assemblee, wat later die Europese Parlement geword het.[1]

Alcide De Gasperi
Alcide De Gasperi
Alcide De Gasperi in 1950

30ste Eerste Minister van Italië
Ampstermyn
10 Desember 1945 – 17 Augustus 1953
PresidentEnrico De Nicola
Luigi Einaudi
MonargUmberto II
Victor Emmanuel III
Voorafgegaan deurFerruccio Parri
Opgevolg deurGiuseppe Pella

Voorsitter van die Europese Parlement
Ampstermyn
1 Januarie 1954 – 19 Augustus 1954
Voorafgegaan deurPaul-Henri Spaak
Opgevolg deurGiuseppe Pella

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
26 Julie 1951 – 17 Augustus 1953
Voorafgegaan deurCarlo Sforza
Opgevolg deurGiuseppe Pella
Ampstermyn
12 Desember 1944 – 18 Oktober 1946
Eerste ministerIvanoe Bonomi
Ferruccio Parri
Voorafgegaan deurIvanoe Bonomi
Opgevolg deurPietro Nenni

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
14 Julie 1946 – 2 Februarie 1947
Voorafgegaan deurGiuseppe Romita
Opgevolg deurMario Scelba

Voorlopige Staatshoof van Italië
Ampstermyn
18 Junie 1946 – 28 Junie 1946
Voorafgegaan deurUmberto II
Opgevolg deurEnrico De Nicola

Minister van die Italiaanse Afrika
Ampstermyn
10 Desember 1945 – 19 April 1953
Voorafgegaan deurFerruccio Parri
Opgevolg deurAmp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
GeboreAlcide Amedeo Francesco De Gasperi
(1881-04-03)3 April 1881
Pieve Tesino, Tirol, Oostenryk-Hongarye
Sterf19 Augustus 1954 (op 73)
Borgo Valsugana, Trentino
Politieke partyUPPT (1906–1920)
PPI (1920–1926)
Onafhanklik (1926–1943)
DC (1943–1954)
Eggenoot/-noteFrancesca Romani (1894–1954; sy dood)
Kind(ers)4
Alma materUniversiteit van Innsbruck
Universiteit van Wene
ReligieRooms-Katolieke Kerk

Jeug wysig

Sy geboortestreek – nou Trentino-Alto Adige – was 'n deel van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie wat nogtans Italiaans gepraat het. Hy het in Wene filologie gestudeer, lid van die katolieke studentebeweging geword en raak as 'n goeie bemiddelaar bekend. Hy word joernalis vir La Voce Cattolica in Trentino. Hierdie gebied word in 1918 by Italië ingelyf. Hierdeur verkry hy Italiaanse burgerskap en in die volgende jaar help hy om die Partito Popolare Italiano (PPI) te stig.[1]

Fascisme wysig

In 1921 word hy lid van die parlement, maar die fasciste kom aan bewind en hy word in 1927 'n politiese gevangene. Ná 18 maande kry hy in die Vatikaanstad asiel en werk hy 14 jaar lank in die biblioteek daar.[1]

Heropbou wysig

Sy Idee Ricostruttive (gedagtes vir heropbou) word die manifes van die Partito Democrazia Cristiana, die Christendemokratiese Party wat in 1943 in die geheim opgerig word. Ná die Tweede Wêreldoorlog en die einde van die fascistiese bewind word hy Eerste Minister in 1945. Hy word die oorheersende persoon van die naoorlogse tydperk van Italië. Regerings word gevorm en val weer, maar hy bly in agt kabinette die eerste minister van 1945 tot 1953. Dit word na hom die Gasperi-tydperk genoem.[1]

Europa wysig

De Gasperi was nes Monnet en Schuman 'n oortuigde voorstander van die noodsaak van Europese samewerking en eenwording. Hy reageer skielik op die Schumanverklaring van 1950 en die volgende jaar was Italië een van die ses lande wat deelneem aan die supranasionale eksperiment van die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal. Hy word die tweede president van die Parlementêre Assemblee en beywer hom vir die uitbreiding van die Europese projek na ander gebiede as net steenkool en staal. Dit resulteer in die Verdrag van Rome in 1957, maar De Gasperi het dit nie meer meegemaak nie, omdat hy in 1954 dood is.[1]

Verwysings wysig