Maagdelikheid

Maagdelikheid is die toestand van ’n persoon wat nog nooit geslagsgemeenskap/seks gehad het nie.[1][2] Daar is kultuur- en godsdienstradisies wat spesiale waarde en betekenis heg aan hierdie toestand, veral wat ongetroude vroue betref. Dit word verbind met idees van reinheid, eer en waarde.

Jeug, deur die Franse skilder William-Adolphe Bouguereau. Wit word tradisioneel verbind met rituele reinheid, onskuld en maagdelikheid.

Nes kuisheid, het die begrip maagdelikheid tradisioneel seksuele onthouding behels. Die begrip betrek gewoonlik morele en godsdienskwessies en kan gevolge hê in terme van sosiale status en in interpersoonlike verhoudings.[3][4] Hoewel maagdelikheid in die verlede in sommige gemeenskappe sosiale en regsimplikasies gehad het, is dit gewoonlik nie meer so nie.

Die term "maagd" het aanvanklik net na seksueel onervare vroue verwys, maar sluit vandag verskeie definisies in, soos aangetref in tradisionele, moderne en etiese begrippe.[3][5][6]Soms beskou heteroseksuele mense die verlies van maagdelikheid net as ’n gevolg van penis-vaginale penetrasie,[3][6][7][8] terwyl mense van ander seksuele oriëntasies dikwels orale seks, anale seks of wedersydse masturbasie in hulle definisies insluit.[3][9][10]

Die sosiale implikasies van maagdelikheid kom steeds in sommige moderne gemeenskappe voor en kan wisselende gevolge vir ’n persoon inhou na gelang van die kultuur.

Verwysings wysig

  1. "Maagd" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 November 2019.
  2. "Virginity".. URL besoek op 21 Desember 2013. 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Sien [1] and pages 47–49 Laura M. Carpenter (2005). Virginity Lost: An Intimate Portrait of First Sexual Experiences. NYU Press. pp. 295 pages. ISBN 978-0-8147-1652-6. Besoek op 9 Oktober 2011.
  4. Linda Rae Bennett (2005). Women, Islam and modernity: single women, sexuality and reproductive health in contemporary Indonesia. Psychology Press. pp. 19–21. ISBN 978-0-415-32929-3. Besoek op 30 Oktober 2011.
  5. 6,0 6,1 Bryan Strong; Christine DeVault; Theodore F. Cohen (2010). The Marriage and Family Experience: Intimate Relationship in a Changing Society. Cengage Learning. p. 186. ISBN 978-0-534-62425-5. Besoek op 8 Oktober 2011.
  6. Friedman, Mindy (20 September 2005). "Sex on Tuesday: Virginity: A Fluid Issue". The Daily Californian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2011. Besoek op 6 Oktober 2011.
  7. Richard D. McAnulty; M. Michele Burnette (2000). Making Healthy Decisions. Allyn & Bacon. p. 229. ISBN 978-0-205-19519-0.
  8. Hanne Blank (2008). Virgin: The Untouched History. Bloomsbury Publishing USA. pp. 304 pages. ISBN 978-1-59691-011-9. Besoek op 8 Oktober 2011.
  9. Joseph Gross, Michael (2003). Like a Virgin. p. 45. 0001-8996. Besoek op 13 Maart 2011. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels wysig