Lughawe Parys-Charles de Gaulle

Die Parys-Charles de Gaulle Internasionale Lughawe (Frans: Aéroport de Roissy-Charles de Gaulle, IATA: CDG, ICAO: LFPG) ook as Roissy of Charles de Gaulle bekend, is die grootste en belangrikste internasionale lughawe van Frankryk en een van die grootste lughawens in Europa. Met 69,5 miljoen passasiers in 2017 was dit die tiende besigste lughawe ter wêreld. Die lughawe is na die Franse oudpresident Charles de Gaulle genoem en is naby Roissy, sowat 25 km noordoos van die Paryse middestad, geleë.[4]

Lughawe Parys-Charles de Gaulle
Aéroport Paris-Charles-de-Gaulle
Roissy Airport
IATA: CDGICAO: LFPG
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
Eienaar/OperateurAéroports de Paris
BedienParys, Frankryk
Ligging25 km noordoos van Parys
Spil vir
Hoogte bo seevlak392 vt / 119 m
Koördinate49°00′35″N 02°32′52″O / 49.00972°N 2.54778°O / 49.00972; 2.54778Koördinate: 49°00′35″N 02°32′52″O / 49.00972°N 2.54778°O / 49.00972; 2.54778
WebtuisteInternasionale Lughawe Parys-Charles de Gaulle
Landkaart
CDG is in Frankryk
CDG
CDG
Ligging van die lughawe in Frankryk
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
08L/26R4 21513 829Teer
08R/26L2 7008 858Beton
09L/27R2 7008 858Teer
09R/27L4 20013 780Teer
Statistieke (2022)
Passasiers57 474 033
Lugbewegings255 971
Ekonomiese impakVS$29.0 miljard[2]
Sosiale impak250 800[2]
Bronne: Franse Lugvaartinligtingspublikasie; Internasionale Lughawensraad[3]
Inweegtoonbanke
Terminaal 1
Lugfoto van Parys-Charles de Gaulle

Met die RER- en TGV-treine word die middestad in 45 minute, Disneyland Resort in 10 minute, en Lille en Brussel in een uur bereik.

Die lughawe het 3 terminale en hanteer meer as 200 000 reisigers en 6 000 ton vrag (2003) per dag. Die lughawe dien as die vernaamste spilpunt vir Air France. Danksy enkele aanpassings was die lughawe vroegtydig gereed om die nuwe Airbus A380 te ontvang.

Verwysings wysig

  1. "Delta Air Lines Newsroom – Press Kit" (in Engels). News.delta.com. 7 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2013. Besoek op 28 Januarie 2011.
  2. 2,0 2,1 "Paris Charles de Gaulle airport – Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 7 September 2013.
  3. "Aéroport de Paris – Charles de Gaulle". Les Aéroports Français, Statistiques annuelles (in Frans). Paris: Union des aéroports Français. Besoek op 21 Januarie 2023.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8