Vin Diesel

Mark Sinclair[1][2] (gebore 18 Julie 1967), beter bekend onder sy verhoognaam, Vin Diesel, is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en draaiboekskrywer. Hy is bekend vir sy rol as Dominic Toretto in die The Fast & the Furious-filmreeks en Richard B. Riddick in die The Chronicles of Riddick-reeks. Hy was ook 'n vervaardiger van albei se opvolgreekse.

Vin Diesel
Vin Diesel in 2013
Vin Diesel in 2013

GeboortenaamMark Sinclair
Geboorte18 Julie 1967 (1967-07-18) (56 jaar oud)
Alameda Country, Kalifornië
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
OuersDelora Sherleen Vincent (moeder)
LewensmaatPaloma Jimenez (2007–hede)
Kinders3
Beroep(e)Akteur, vervaardiger, regisseur, draaiboekskrywer
Aktiewe jare1990–hede
Webwerfvindiesel.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Diesel het ook in films soos xXx (2002) en Find Me Guilty (2006) gespeel. Sy stem is in The Iron Gaint (1999), die videospeletjieweergawes van die The Chronicles of Riddick-franchise, en Guardians of the Galaxy (2014) gebruik. Hy het die kortfilm Multi-Facial geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Hy is die stigter van die produksiemaatskappye One Race Films, Racetrack Records en Tigon Studios.

Vroeë lewe wysig

Diesel en sy tweelingbroer, Paul, is in Alameda County, Kalifornië, gebore.[1][3][4] Hul moeder, Delora Sherleen (Sinclair) Vincent, is 'n astroloog.[5][6] Volgens Diesel is hy "van dubbelsinnige etnisiteit".[7] Sy moeder is onder meer van Engelse, Duitse en Skotse afkoms.[8] Hy het nooit sy biologiese vader ontmoet nie, en het gesê "volgens my moeder is ek verbind aan baie verskillende kulture".[9] Diesel self identifiseer as "beslis 'n persoon van kleur".[10] Hy is in New York deur sy moeder en stiefpa, Irving H. Vincent, 'n waarnemende instrukteur en teaterbestuurder, grootgemaak.[4][10][11]

Diesel het sy verhoogdebuut op die ouderdom van sewe gemaak toe hy in die kinderkonsert Dinosaur Door verskyn wat deur Barbara Garson geskryf is. Dit is deur Theater for the New City aangebied. Dit is nadat hy, sy broer en 'n paar vriende by die teater ingebreek het met die doel om dit te vandaliseer. Hulle is gekeer deur die teater se artistieke direkteur, Kristal Veld, wat aangebied het om hulle rolle in die komende vertoning te gee in plaas daarvan om die polisie te bel.[12][13][14] Diesel het by die teater betrokke gebly en die stad se Hunter College bygewoon, waar sy studie in kreatiewe skryfwerk gelei het tot die skryf van draaiboeke. Hy het homself beskou as 'n akteur met "vele fasette"[15] as gevolg van probleme in die verlede om rolle te kry weens sy gemengde afkoms.[15][16]

Loopbaan wysig

1990's wysig

Diesel in 2009 op die première vir Fast & Furious.

Diesel se eerste rol was 'n kort verskyning sonder krediet in Awakenings (1990). Hy het die kortfilm Multi-Facial (1994) geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Dit was ’n kort halfoutobiografiese film oor 'n sukkelende akteur wat in die oudisieproses verstrengel raak. Die film is in 1995 op die Cannes-rolprentfees vertoon. Sy eerste vollengteprent was Strays (1997), 'n stedelike drama waarin hy die rol van 'n bendeleier speel wie se liefde vir 'n vrou hom inspireer om te probeer verander. Die prent, wat deur Diesel geskryf, geregisseer en vervaardig is, is gekies vir kompetisie op die Sundance-fees van 1997 en dit het gelei tot 'n kontrak met MTV om dit in 'n reeks te omskep. Hy is daarna gekies vir Steven Spielberg se Oscar-bekroonde film Saving Private Ryan van 1997. In 1999 was hy die stem van die titelkarakter in die animasieprent The Iron Giant.

2000's wysig

Fast Five-akteurs saam met Natalie Morales vir NBC se Today.

Diesel het 'n belangrike rol in die dramariller Boiler Room (2000) gespeel. Se medesterre was Giovanni Ribisi en Ben Affleck. Hy het sy deurbraak later daardie jaar gemaak in die hoofrol van die anti-held Riddick in die wetenskapsfiksiefilm Pitch Black. Diesel het aksieheldstatus bereik met sy treffers The Fast & the Furious (2001) en xXx (2002).[verwysing benodig]

Filmografie wysig

JaarTitelRolNotas
1990AwakeningsOppasserGeen krediet
1994Multi-FacialMikeKortfilm

Skrywer, vervaardiger, regisseur

1997StraysRickSkrywer, vervaardiger, regisseur
1998Saving Private RyanWeerman Adrian Caparzo
1999The Iron GiantTitelrolStem
2000Boiler RoomChris Varick
Pitch BlackRichard B. Riddick
2001The Fast & the FuriousDominic Toretto
Knockaround GuysTaylor Reese
2002xXxXander CageUitvoerende vervaardiger
2003A Man ApartSean VetterVervaardiger
2004The Chronicles of RiddickRichard B. Riddick
The Chronicles of Riddick: Dark FuryStem
2005The PacifierLuitenant Shane Wolfe
2006Find Me GuiltyJack DiNorscio
The Fast & the Furious: Tokyo DriftDominic TorettoGeen krediet
2008Babylon A.D.Hugo Cornelius Toorop
2009Los BandolerosDominic TorettoKortfilm

Skrywer, vervaardiger, regisseur

Fast & FuriousVervaardiger
2011Fast Five
2013Fast & Furious 6
Riddick: BlindsidedRichard B. RiddickKortfilm

Stem

RiddickRichard B. RiddickVervaardiger
2014Guardians of the GalaxyGrootStem
Life is a DreamUitvoerende vervaardiger
2015Furious 7Dominic TorettoVervaardiger
The Last Witch HunterKaulder
2016Billy Lynn's Long Halftime WalkShroom
2017xXx: The Return of Xander CageXander CageVervaardiger
Fast 8Dominic Toretto
Guardians of the Galaxy Vol. 2GrootStem

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 Mark Sinclair birth record, California Birth Index.
  2. "Diesel breaks silence over Walker".
  3. Paul Sinclair birth record at California Birth Index.
  4. 4,0 4,1 "Vin Diesel Biography (1967–)".
  5. "CNN.com – Vin Diesel: From nightclub bouncer to action hero – 12 Augustus 2002" Geargiveer 2 April 2010 op Wayback Machine.
  6. "Vincent, Irving H". encyclopedia.com.
  7. Vincent, Mal (22 Junie 2001).
  8. "VinDiesel explains why Glasgow was perfect to shoot Fast 6" Geargiveer 18 Junie 2013 op Wayback Machine.
  9. "Diesel mixes it up".
  10. 10,0 10,1 "Diesel is running hot".
  11. Pearlman, Cindy (9 Augustus 2002).
  12. Krulik, Nancy E. (1 November 2002).
  13. Vincent, Mal (9 Augustus 2002). "xXx".
  14. Wloszcyna, Susan (4 Junie 2004).
  15. 15,0 15,1 Thrupkaew, Noy (16 Augustus 2002).
  16. "Vin Diesel Shifts Acting Career into High Gear In 'The Fast and the Furious'".

Eksterne skakels wysig