Thabana Ntlenyana

Thabana Ntlenyana (Sotho vir: "Pragtige klein bergie") is die hoogste punt in Lesotho en die hoogste bergpiek (3 482 m) in Suider-Afrika en die Drakensberge. Die piek is net noord van die Sanipas in die Drakensberge, in oostelike Lesotho net wes van die grens met die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal geleë, en kan slegs via die Sanipas bereik word.[2]

Thabana Ntlenyana
Thabana Ntlenyana uit 'n suidelike rigting gesien Thabana Ntlenyana uit 'n suidelike rigting gesien
LiggingLesotho / KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Hoogte3 482[1] meter bo seevlak
Prominensie2 390 meter
ReeksDrakensberge
Koördinate29°28′05″S 29°16′09″O / 29.46806°S 29.26917°O / -29.46806; 29.26917Koördinate: 29°28′05″S 29°16′09″O / 29.46806°S 29.26917°O / -29.46806; 29.26917
Eerste bestyging1951
Maklikste roeteVoetslaanpad
Ligging van Thabana Ntlenyana op 'n kaart (Suid-Afrika)
Thabana Ntlenyana
Thabana Ntlenyana
Thabana Ntlenyana soos gesien vanaf die Giants Castle-rif

Dit bestaan uit basalt en word omring deur soortgelyke hoë berge; die punt is nie baie uitgesproke nie. Naby Thabana Ntlenyana vloei die boloop van die Oranjerivier wat in die Atlantiese Oseaan uitloop.

Thabana Ntlenyana is die hoogste berg in Afrika suid van Kilimandjaro in Tanzanië.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig

  • (en) "Thabana Ntlenyana". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2020.