Wêreldatletiek

Wêreldatletiek (Engels: World Athletics), tot in Oktober 2019 die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (International Association of Athletics Federations, afgekort IAAF), is die wêreldatletiekbond. Wêreldatletiek is oorspronklik op 17 Julie 1912 in Stockholm onder die naam International Amateur Athletics Federation gestig. Sedert 1982 word die reëls vir amateurstatus minder belangrik en in 2001 word die term 'Amateur' uit die naam verwyder. Wêreldatletiek se hoofkwartier is in Monaco.

Wêreldatletiek
Kenteken van Wêreldatletiek
Kenteken van Wêreldatletiek
Engelse naamWorld Athletics
Landwêreldwyd
Sportsoortebaan en veld, landloop, Padwedloop, renwandel, bergmaraton en Ultramaraton
Gestig op17 Julie 1912
Gestig inStockholm, Swede
PresidentSebastian Coe
KonfederasiesAAA, CAA, CONSUDATLE, EAA, NACAC, OAA
SetelMonte Carlo, Monaco
Lede214 nasionale federasies
AffiliasieInternasionale Olimpiese Komitee
Amptelike taleEngels
Amptelike webwerfworldathletics.org

Toernooie en titels wysig

Die Ataköy-arena in Istanboel tydens die Binnenshuise Wêreldkampioenskap van 2012

Wêreldatletiek organiseer die volgende toernooie:

GeleentheidFrekwensie
Wêreldatletiek AtletiekwêreldkampioenskappeElke twee jaar
Wêreldatletiek Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap Elke twee jaar
Wêreldatletiek VeldloopwêreldkampioenskapElke jaar
Wêreldatletiek HalfmaratonwêreldkampioenskapElke jaar
Wêreldatletiek PadwêreldkampioenskapAfgeskaf
Wêreldatletiek WêreldatletiekjuniorkampioenskapElke twee jaar
Wêreldatletiek WêreldatletiekjeugkampioenskapElke twee jaar
Wêreldatletiek SnelloopwêreldbekerElke twee jaar
Wêreldatletiek AtletiekwêreldbekerElke vier jaar
Wêreldatletiek DiamantligaElke jaar
Wêreldatletiek World ChallengeElke jaar

Wêreldatletiek bekroon elke jaar die beste atleet en atlete met die titel "Wêreldatletiek atleet van die jaar".

Presidente wysig

Sebastian Coe, die huidige president

Sedert sy stigting het Wêreldatletiek ses presidente gehad:

NaamLandTermyn
Sigfrid Edström  Swede1912–1946
David Burghley  Verenigde Koninkryk1946–1976
Adriaan Paulen  Nederland1976–1981
Primo Nebiolo  Italië1981–1999
Lamine Diack  Senegal1999–2015
Sebastian Coe  Verenigde Koninkryk2015–hede

Geaffilieerde bonde wysig

Kaart van die ses geaffilieerde bonde
  •    Confédération Africaine d'Athlétisme (CAA)

  •    Asian Athletics Association (AAA)

  •    European Athletic Association (EAA)

  •    North American, Central American and Caribbean Athletic Association (NACAC)

  •    Oceania Athletic Association (OAA)

  •    Confederación Sudamericana de Atletismo (CONSUDATLE)


Eksterne skakels wysig