Senatoriale provinsie
’n Senatoriale provinsie of openbare provinsie was ’n Romeinse provinsie tydens die prinsipaat waarvoor die Romeinse senaat ’n goewerneur (prokonsul) kon aanstel, in teenstelling met imperiale provinsies, waarvoor slegs die Romeinse keiser 'n goewerneur kan aanwys.
Dié provinsies was ver van die buitenste grense van die Romeinse Ryk en het streke behels waar rebellies nie na verwagting sou voorkom nie. Hulle was gewoonlik aan die Middellandse See geleë.
Die provinsies is in imperiale en senatoriale provinsies verdeel kort nadat Augustus aan die bewind gekom het. In 14 n.C. was die volgende provinsies senatoriaal:
- Achaea
- Africa
- Asia
- Bithynia et Pontus
- Creta et Cyrenaica
- Cyprus
- Gallia Narbonensis
- Hispania Baetica
- Macedonia
- Sicilia
Italia was nie ’n senatoriale provinsie nie, want dit is regstreeks deur die senaat beheer.
Eksterne skakels wysig
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki How
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekVarkgriepJacques LootsSpesiaal:Onlangse wysigingsW.H. BoshoffCarles PuigdemontWiki HowSeksSwangerskapTweede WêreldoorlogDrakebootfeesMediterreense mosselSeksposisieSkarlakenkoorsGordelroosCleopatra VIISuid-AfrikaGoogleWikipedia:OmtrentLongontstekingBen DreyfussPornhubWikipedia:HulpBreinvliesontstekingNG gemeente BurgersdorpKategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeuGalblaasKategorie:Artikels met RERO-identifiseerdersWikipedia:GeselshoekieVerkiesings vir die Europese Parlement 2024Wikipedia:Welkom nuwelingeMaroela MediaWikipedia:Algemene spelfouteJackson Maier-DlaminiWikipedia:GebruikersportaalAfrikaansVingerseksEnsiklopedie