Skarlakenkoors

Aansteeklike kindersiekte wat deur streptokokke veroorsaak word

In die mediese vakterminologie verwys skarlakenkoors (Latyn: scarlatina) na 'n aansteeklike kindersiekte wat deur streptokokke veroorsaak word.

Skarlakenkoors
Klassifikasie en eksterne bronne
Tong van 'n persoon met skarlakenkoors.
Tong van 'n persoon met skarlakenkoors.
ICD-10A38
ICD-9034
DiseasesDB29032
MedlinePlus  000974
eMedicinederm/383emerg/402, emerg/518
Mediese waarskuwing

Die siekte word gekenmerk deur 'n veluitslag en aantasting van die slymvliese van mond en keel. Die bakterieë skei 'n gif af wat 'n groot aantal organe kan beskadig.

Kindersiekte wysig

Die aansteeklike siekte kom veral tussen die ouderdom van 3 en 10 voor. Danksy die ontwikkeling van antibiotika is hierdie siekte nie meer so gevaarlik of volop nie. Wanneer dit wel voorkom , is die aanval meestal lig en hoef die pasiënt glad nie lank afgesonder te word nie. Dit kan egter in sekere omstandighede 'n betreklik ernstige kindersiekte wees.

Inkubasie wysig

Die bakterieë (hemolitiese streptokokke) word deur vogdruppels in die lug en voorwerpe waarmee die draer in aanraking was, oorgedra. As die bakterieë eers in die liggaam van die pasiënt beland, veroorsaak dit hewige keel- en mangelontsteking. Meestal met 'n inkubasieperiode van sowat 2-8 dae. Die pasiënt het 'n hoë koors, seer keel en voel uiters siek.

Simptome en diagnose wysig

Anders as masels, wat geleidelik begin, is die skarlakenkoorspasiënt onmiddellik na die verskyning van die eerste simptoom reeds baie siek. Drie kenmerkende tekens maak dit betreklik maklik om skarlakenkoors te diagnoseer: sowat 24 uur lank het die pasiënt 'n baie hoë koors, 'n rooi keel en ontsteekte mangels, en 'n sterk neiging om te vomeer.

Daarna verskyn 'n veluitslag van klein, bloedrooi knoppies, wat in groepe verskyn en groot vlekke vorm. Aanvanklik kom die uitslag veral op die nek, bors en in die buiging van die dy voor. Spoedig versprei die uitslag oor die hele liggaam, met die uitsondering van die lippe, die ken en die neus. Die veluitslag en die keelontsteking duur sowat drie dae, terwyl die koors konstant hoog bly. 'n Week na die verskyning van die eerste simptome daal die koors skielik, die uitslag verdwyn en die ontsteking van die keel en mangels neem af.

Veluitslag van masels en skarlakenkoors

Nou volg die herstelperiode. Die pasiënt se vel dop af en kan selfs later in repe afgetrek word. Na drie tot vier weke is die pasiënt gesond.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig

Bronnelys wysig