Santa Fe, Nieu-Meksiko

Santa Fe is die hoofstad van die deelstaat Nieu-Meksiko in die Verenigde State van Amerika. Santa Fe het ongeveer 68 000 inwoners (2010).

Santa Fe

KaartWapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Nieu-Meksiko
 Administratiewe distrik (county)Santa Fe
 Koördinate35°40′N 105°57′W / 35.667°N 105.950°W / 35.667; -105.950Koördinate: 35°40′N 105°57′W / 35.667°N 105.950°W / 35.667; -105.950
 Gestig op1608
 Oppervlak: 
 - Totaal96,9 vk km
 Hoogte bo seevlak2 134 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2010)67 947
 - Bevolkingsdigtheid744/vk km
 - Metropolitaanse gebied184 416
 TydsoneMST (UTC -7)
 - SomertydMDT (UTC -6)
 Klimaat 
 - TipeSemi-aride klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur17 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-1,5 / 21 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae361,2 mm
 BurgemeesterAlan Webber (D)
 Amptelike webwerfsantafenm.gov

Geskiedenis wysig

Die eerste nedersetting is reeds hier in 1610 deur die Spanjaarde gestig. In 1680 het die Pueblo-Indiane hulle uit die dorp verdryf maar die Spanjaarde het in 1692 weer beheer teruggekry. Toe Meksiko hulle onafhanklik verklaar het van Spanje, het die stad met die VSA begin handel dryf. Die eerste handelaar het in 1822 gearriveer en die bekende Santa Fe Trail begin. In 1846 het die Verenigde State van Amerika beheer van die area oorgeneem en dit erken as die New Mexico Territory waarvan Santa Fe die hoofstad geword het in 1851. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het beide die Unie en Konfederale soldate die stad by tye beset. Dit het in 1891 stadstatus verkry.

Bron wysig

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 417.


Hoofstede van die Verenigde State
HoofstedeAlbanyAnnapolisAtlantaAugustaAustinBaton RougeBismarckBoiseBostonCarson CityCharlestonCheyenneColumbiaColumbusConcordDenverDes MoinesDoverFrankfortHarrisburgHartfordHelenaHonoluluIndianapolisJacksonJefferson CityJuneauLansingLincolnLittle RockMadisonMontgomeryMontpelierNashvilleOklahoma CityOlympiaPhoenixPierreProvidenceRaleighRichmondSacramentoSaint PaulSalemSalt Lake CitySanta FeSpringfieldTallahasseeTopekaTrenton