Samora Machel

Samora Moisés Machel (29 September 1933 - 19 Oktober 1986) was die president van Mosambiek en die leier van FRELIMO (Bevrydingsfront van Mosambiek). Hy het die land vanaf sy onafhanklikheidswording op 25 Junie 1975 tot sy dood op 19 Oktober 1986 gelei. Sy presidensiële vliegtuig het in bergagtige terrein op die grens tussen Mosambiek, Swaziland en Suid-Afrika neergestort.

Samora Machel
Samora Machel

President van Mosambiek
Ampstermyn
25 Junie 1975 – 19 Oktober 1986
Voorafgegaan deurGeen
Opgevolg deurJoaquim Chissano

Persoonlike besonderhede
Gebore29 September 1933
Madragoa, Mosambiek
Sterf19 Oktober 1986
Mbuzini, Suid-Afrika
Politieke partyFRELIMO
Eggenoot/-noteSorita Tchaicomo, Irene Buque, Josina Mutemba, Graça Simbine
ReligieAteïs

Machel is op 28 Oktober begrawe en is deur pres. Joaquim Chissano opgevolg. Hy was met Graça Machel getroud, wie later met Nelson Mandela (tot lg. se dood in 2013) getroud was.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig

Bibliografie wysig

  • Margo, Cecil: Reminiscences of a crowded life - final postponement. Johannesburg: Jonathan Ball-uitgewers,1998. ISBN 1-86842-071-X