Rietrivier (Vaal)

Die Rietrivier is 'n sytak van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Vrystaat, net oos van Reddersburg. Vanaf sy oorsprong vloei die rivier wes, noord verby Reddersburg waar dit onder die N6 nasionale pad en later ook onder deur die N1 nasionale pad vloei. Steeds weswaarts vloei die rivier in die Kalkfonteindam in, swaai noordwes en vloei verby Koffiefontein en Jacobsdal. Net voor Ritchie vloei die Modderrivier in die Rietrivier in, kruis die N12 en vloei daarna verby Ritchie. Ongeveer 20 km noordoos van Douglas sluit die Rietrivier by die Vaalrivier aan.

Rietrivier
Rietrivier
StroomgebiedVrystaat en Noord-Kaap, Suid-Afrika
OorsprongOos van Reddersburg
Sytak -regsModderrivier
MondingVaalrivier, 20 km noordoos van Douglas
Lengte300 km
Monding-hoogte1 001 m
Ligging van Rietrivier op 'n kaart (Noord-Kaap)
Rietrivier
Rietrivier
Koördinate: 28°59′58″S 23°53′17″O / 28.99944°S 23.88806°O / -28.99944; 23.88806Koördinate: 28°59′58″S 23°53′17″O / 28.99944°S 23.88806°O / -28.99944; 23.88806

Tweede Vryheidsoorlog wysig

Daar het verskeie skermutselinge en veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog langs die Rietrivier, Modderrivier en omgewing plaasgevind.

[1]

Verwysings wysig

  1. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5