Outaouaisrivier

Walless

Die Outaouaisrivier (Frans: rivière des Outaouais, Engels: Ottawa River) is 'n rivier in Kanada, wat oor die grootste deel van sy lengte die grenslyn tussen die provinsies Quebec en Ontario vorm. Die Outaouais ontspring in die Capimitchigamameer in die westelike deel van Québec en vloei tot die Timiskamingmeer naby die grens van Ontario, van daar in suidoostelike rigting na Ottawa, oor die Chaudière-waterval en neem daarna die Rideau- en Gatineauriviere op.

Outaouaisrivier
Die Outaouaisrivier.
Die Outaouaisrivier.
Die Outaouaisrivier.

Die stroomgebied van die Outaouaisrivier.

OorsprongCapimitchigamameer
Mondingnaby Montreal in die Sint-Laurensrivier
StroomgebiedQuebec en Ontario, Kanada
Lengte1 271 km (790 myl)
Oorspronghoogte430 m (1 433 voet)
Mondinghoogte6 m (20 voet)
Gemiddelde afloop1 950 m/s³ (68 864 ft³/s)
Stroomgebiedopp.146 300 km² (56 487 myl²)
Kaart van die Outaouaisrivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Outaouaisrivier-bekken in Noord-Amerika.

Die Outaouais mond naby Montreal in die Sint-Laurensrivier uit en vorm die Saint-Louismeer. Die lengte van die Outaouais is 1 271 kilometer.