Onverwacht, Gauteng

Onverwacht is 'n dorp in die Tshwane Metro in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Die nedersetting is ongeveer 40 km noord-oos van Pretoria geleë, naby die myndorp Cullinan.[2]

Onverwacht
Onverwacht is in Gauteng
Onverwacht
Onverwacht
 Onverwacht se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°36′14″S 28°36′0″O / 25.60389°S 28.60000°O / -25.60389; 28.60000Koördinate: 25°36′14″S 28°36′0″O / 25.60389°S 28.60000°O / -25.60389; 28.60000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Oppervlak
 • Totaal1,24 km2 (0,48 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 518
 • Digtheid1 224/km2 (3 170/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense19.8%
 • Swart mense78.3%
 • Ander1.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans 29.8%
 • Noord-Sotho 29.3%
 • Sotho 14.2%
 • Suid-Ndebele 11.0%
 • Ander 15.7%
Poskode (strate)
0557
Poskode (posbusse)
0557

Onverwacht is in 1886 deur pres. Paul Kruger gestig. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is aan die plaaslike swart mense hul eie grond belowe as hulle die Boere in die oorlog sou help, en die belofte is nagekom ten spyte daarvan dat die Boere verslaan is. Die dorp is ook die plek van die Slag van Onverwacht, wat op 4 Januarie 1902 plaasgevind het.[3]

Vandag is Onverwacht die tuiste van ongeveer 100 swart Afrikanerfamilies. Die plaaslike inwoners het 'n petisie aan die regering gerig om hul dorp as 'n erfenisterrein te verklaar.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Onverwacht". Sensus 2011.
  2. http://www.sundayworld.co.za/Feeds/SundayWorld/2012/12/10/proudly-boer---a-lifestyle-in-tatters.
  3. http://www.gauteng.net/dinokeng/news/entry/onverwacht.