'n Obelisk (afgelei van die antieke Griekse ὀβελίσκος obeliskos;[1][2] verkleinvorm van ὀβελός obelos, "spit, spyker, spitspilaar"[3]) is 'n lang, vierkantige, smal monument wat van onder af nouer loop totdat dit eindig in 'n piramidevormige punt, die sogenaamde pyramidion. Obeliske is oorspronklik deur die Antieke Egiptenare gebou; hulle naam daarvoor was tekhenu. Die Grieke het die woord "obeliskos" gebruik om hulle te beskryf, en hierdie woord is oorgeneem in Latyn en uiteindelik die ander Europese tale.[4] Die antieke obeliske is monolities: hulle bestaan uit 'n enkele steen. Die meeste moderne obeliske bestaan egter uit meer as een steen, en sommige, soos die Washington-monument, is geboue.

Een van die twee Luxor obeliske, in die Place de la Concorde in Parys; 'n rooi graniet monolitiese kolom, 23 m hoog, insluitend die basis, wat meer as 250 ton weeg.

Die woord stele word oor die algemeen gebruik vir ander monumentale, regop stene met geskrifte of beeldhouwerk.

Antieke obeliske wysig

Egipties wysig

Pilon van die Tempel van Luxor met die oorblywende van twee oorspronklike obeliske in die voorgrond. Die tweede is in die Place de la Concorde in Parys.
Obelisk van Farao Senusret I, Al-Maalla gebied van Al-Matariyyah distrik in die moderne Heliopolis.

Obeliske was prominent in die argitektuur van die antieke Egiptenare, wat hulle in pare by die ingang van tempels geplaas het. Die Griekse woord "obelisk" wat vandag gebruik word, kom kom uit die geskrifte van Herodotus, die griekse reisiger, wat een van die eerste klassieke skrywers was om hierdie voorwerpe te beskryf. 'n Aantal antieke Egiptiese obeliske bestaan nou nog, asook die "Onvoltooide Obelisk" wat deels uitgekap in sy steengroef by Aswan staan. Hierdie obeliske is nou versprei regoor die wêreld, en minder as die helfte van hulle is steeds in Egipte.

Die oudste tempelobelisk wat nog in sy oorspronklike posisie staan is die 20,7 m hoë 120 ton rooi graniet obelisk van Senusret I van die 12de Dinastie by Al-Matariyyah in die moderne Heliopolis.[5]

Die obelisk simboliseer die songod Ra, en gedurende die kort godsdienstige hervorming van Akhenaten is dit gesien as 'n versteende straal van die Aten, die sonskyf. Dit is ook geglo dat Ra binne die struktuur bestaan het.

Benben was die heuwel wat ontstaan het uit die oerwaters Nu waarop die skeppingsgod Atum hom gevestig het, volgens die Heliopolitiese skeppingsmite van die Antieke Egiptiese godsdiens. Die Benben-steen (ook bekend as'n pyramidion) vorm die bopunt van die Egiptiese piramide. Dit is ook verwant aan die Obelisk.

Die New York Universiteit Egiptoloog Patricia Blackwell Gary en Astronomy senior redakteur Richard Talcott voer die hipotese aan dat die vorms van die antieke Egiptiese piramide en obelisk afgelei is van natuurlike verskynsels wat verband hou met die son, die songod Ra synde die oppergod van die Egiptenare.[6] Die piramide en obelisk sou daarvolgens geïnspireer wees deur die voorheen onderskatte astronomiese verskynsels wat verband hou met sonsopkoms en sonsondergang: die sodiaklig en "son pilare", onderskeidelik.

Die Antieke Romeine was sterk deur die obeliskvorm beïnvloed, tot dié mate dat daar nou meer as twee keer soveel obeliske in Rome staan as wat in Egipte oorbly. Almal het na die Romeinse tydperk geval, behalwe vir die Vatikaanobelisk, en is weer op verskillende plekke opgerig.

Die grootste en hoogste Egiptiese obelisk is die Lateraanse Obelisk in die stadplein by die westekant van die Lateraanse Basiliek in Rome, met 'n hoogte van 32,2 m en 'n gewig van 455 ton.[7]

Nie al die Egiptiese obeliske in die Romeinse Ryk is in Rome opgerig nie. Herodes die Grote het sy Roomse beskermhere nageboots deur 'n rooi graniet Egiptiese obelisk in die renbaan van sy nuwe stad Caesarea in die noorde van Judea op te rig. Hierdie een is ongeveer 12 m hoog en weeg ongeveer 100 ton.[8] Dit is deur argeoloë ontdek, en is weer op sy oorspronklike plek opgerig.

In Konstantinopel in 390 NC het die Bisantynse Keiser Theodosius 'n obelisk na die stad laat verskeep, en het dit in sy renbaan opgestel, waar dit die Kruistogte en die Seljuks oorleef het, en nou nog in die Hippodroomplein in die moderne Istanbul staan. Dit was oorspronklik 29 m hoogen het 380 ton geweeg, maar sy onderste helfte, wat glo ook eens in Istanbul gestaan het, is nou verlore. Die oorblywende obelisk is 20 m hoog.[9]

Die mees bekende obelisk in rome is waarskynlik die 25 m hoë, 331 ton obelisk op Sint Pieter se Plein in Rome. Die obelisk het sedert 37 NC op die muur van die Sirkus van Nero gestaan, oorkant Sint Pieter se Basiliek:

"Die ouer Plinius in sy Natuurgeskiedenis verwys na die obelisk se vervoer uit Egipte na Rome op bevel van die Keiser Gaius (Caligula) as 'n uitstaande gebeurtenis. Die skip wat dit gedra het, het 'n groot mas van dennehout gehad, wat vier mans se arms nie kon omsingel nie. Een honderd en twintig koringmate lensies was nodig as ballas. Nadat sy doel vervul is, was die reuse skip nie meer nodig nie. Daarom is dit gevul met klippe en sement, en gesink om die fondasie van die voorste kaai van die nuwe hawe by Ostia ."[10]

Die heroprigting van die obelisk het selfs vir Michelangelo as 'n onbegonne taak voorgekom, maar Sixtus V was vasbeslote om dit voor van Sint Pieter se basiliek op te rig, waarvan die middeskip nog gebou moes word. Hy het 'n volgrootte houtmodel binne enkele maande van sy verkiesing laat oprig. Domenico Fontana, die assistent van Giacomo Della Porta in die Basiliek se konstruksie, het die Pous 'n hout modelhyskraan en 'n swaar modelobelisk uit lood gegee, wat Sixtus self kon oplig deur 'n slingertjie met sy vinger te draai. Fontana het die opdrag vir die projek gekry.

Die obelisk, half-begrawe in die puin van die eeue, is eers op sy plek uitgegrawe. Dit het toe van 30 April tot 17 Mei 1586 geduur om dit op rollers tot by die Piazza te bring: die werk het byna 1000 mans, 140 karperde en 47 hyskrane geverg. Die heroprigting, op 14 September, die Fees van die Opheffing van die Kruis, is deur 'n groot skare toegeskou. Dit was 'n groot ingenieursprestasie, wat Fontana se reputasie gemaak het. Hy het die operasie in 'n boek beskryf wat met koperetswerke geïllustreer is: Della Trasportatione dell'Obelisco Vaticano et delle Fabriche di Nostro Signore Pappa Sisto V (1590).[11][12] Die boek self het 'n nuwe standaard in die kommunikasie van tegniese inligting gestel, en het daaropvolgende argitektoniese publikasies beïnvloed deur sy noukeurige akkuraatheid.[13] Voordat dit weer opgerig is, is die onheil uit die obelisk gedryf. Dit word gesê dat Fontana spanne van aflosperde gehad het sodat, indien die onderneming sou misluk, hy sou kon ontsnap. Toe Carlo Maderno die Basiliek se skip gebou het, moes hy die as daarvan effens krom bou, om dit met die obelisk in lyn te kry.

Drie verder obeliske is opgerig in Rome onder Sixtus V: die een agter Santa Maria Maggiore (1587), die reuse obelisk op die Lateraanse Basiliek (1588), en die een op die Piazza del Popolo (1589).[14]

'n Obelisk staan voor die kerk van Trinità dei Monti, bo-aan die Spaanse Trappe. Nog 'n obelisk in Rome bevat beeldhouwerk wat dit laat voorkom asof dit op die rug van 'n olifant gedra word. Rome het een van sy obeliske verloor: die Boboli obelisk wat die tempel van Isis versier het, en wat in die 16de eeu herontdek is. Die Medici het dit vir die Medici Villa geëis, maar in 1790 het hulle dit na die Boboli Tuine aan die Palazzo Pitti in Florence geskuif, en het 'n replika agtergelaat.

Verskeie ander Egiptiese obeliske is elder opgerig. Die bekendste voorbeelde buite Rome is die paar 21 m hoë, 187 ton obeliske in Londen en New York Stad wat as Cleopatra se Naalde bekend staan, en die 23 m 227 ton obelisk op die Place de la Concorde in Parys.[15]

Punt van Hatshepsut se gevalle obelisk, Karnak Tempel Kompleks, Luxor, Egipte

Daar is antieke Egiptiese obeliske in die volgende plekke:

  • Egipte – 8
  • Frankryk – 1
    • Farao Ramses II, Luxor Obelisk, in die Place de la Concorde, Parys
  • Israel – 1
    • Cesaréa obelisk
  • Italië – 13 (insluitende die een in die Vatikaanstad)
  • Pole – 1
    • Ramses II, Poznań Argeologiese Museum, Poznań (geleen van Ägyptisches Museum und Papyrussammlung, Berlyn)[17]
  • Turkye – 1
    • Farao Tuthmosis III, die Obelisk van Theodosius in die Hippodroom, Istanbul, saam met die Bisantynse Ommuurde Obelisk en die Slang Pilaar
  • Verenigde Koninkryk – 4
    • Farao Tuthmosis III, "Cleopatra se Naald", op Victoria Embankment, Londen
    • Farao Amenhotep II, in die Oostelike Museum, Universiteit van Durham
    • Farao Ptolemeus IX, Philae obelisk, by Kingston Lacy, naby Wimborne Minster, Dorset
    • Farao Nectanebo II, Britse Museum, Londen (paar van obeliske)
  • Verenigde State Van Amerika – 1

Assiries wysig

Obeliskmonumente is ook bekend uit die Assiriese beskawing, waar hulle opgerig is as openbare monumente om die prestasies van die Assiriese koning te herdenk.

Die Britse Museum beskik oor vier Assiriese obeliske:

Die Wit Obelisk van Ashurnasirpal I is ontdek deur Hormuzd Rassam in 1853 te Ninevé. Die obelisk is opgerig deur óf Ashurnasirpal I (1050-1031 VC) óf Ashurnasirpal II (883-859 VC). Die obelisk dra 'n geskrif wat verwys na die koning se beslaglegging van goedere, mense en beeste, wat hy teruggebring het na die stad van Ashur. Die reliëfs van die Obelisk beeld tonele uit van militêre veldtogte, jag, oorwinningsfeeste en huldeblyk aan die koning.

Die Rassam Obelisk, vernoem na sy ontdekker Hormuzd Rassam, is gevind op die vesting van Nimrud (antieke Kalhu). Dit is opgerig deur Ashurnasirpal II, maar net fragmente bly oor. Die oorblywende dele van die reliëfs beeld tonele uit waar huldeblyk uit Sirië en die weste aan die koning oorgegee word.[18]

Die Swart Obelisk is ontdek deur Sir Austen Henry Layard in 1846 op die vesting van Kalhu. Die obelisk is deur Shalmaneser III opgerig, en die reliëfs beeld tonele van huldeblyk sowel as die twee heersers, Jehu die Israelit en Sua die Gilsaneaan, wat gebare van onderwerping aan koning Shalmaneser maak. Die reliëfs op die obelisk gaan gepaard met epigrafe, en daarbenewens het die obelisk ook 'n langer inskripsie wat een van die laaste weergawes van Shalmaneser III se annale vaslê, naamlik die tydperk vanaf die begin van sy heerskappy tot sy 33ste jaar as koning.

Die Gebroe Obelisk is ook ontdek deur Rassam in Ninevé. Slegs die bopunt van hierdie monoliet is herbou in die Britse Museum. Die obelisk is die oudste bekende obelisk van Assirië, en dateer uit die 11de eeu VC.[19]

Axumiet (Ethiopië) wysig

Koning Ezana se Stele in Axum.

'n Aantal obeliske is geskep deur die antieke Axumitiese Koninkryk wat in die noorde van die hedendaagse Ethiopië bestaan het. Een is die 21 m hoë stele van Koning Ezana, die laaste een wat opgerig is, en die enigste behoue Axumitiese obelisk. Die mees bekende Axumitiese obelisk is die 24 m hoë sogenaamde Obelisk van Axum. Dit is rondom die 4de eeu NC uitgesny, maar het met verloop van tyd neergestort en het in drie dele opgebreek. Dit is in 1935 in hierdie toestand deur Italiaanse soldate gevind, na die Tweede Italo-Abessiniese Oorlog. Dit is geplunder en in 1937 teruggeneem na Rome, waar dit in die Piazza di Porta Capena opgerig is. Italië het volgens 'n 1947 VN-ooreenkoms onderneem om die obelisk terug te bring, maar het eers in 1997 die ooreenkoms herbevestig, na jare van druk en verskeie omstrede skikkings. In 2003 het die italiaanse regering het die eerste stappe geneem om dit terug te bring, en in 2008 is dit uiteindelik weer in Ethiopië opgerig.

Die grootste bekende obelisk, die Groot Gedenksteen by Axum, het nie bly staan nie. Dit was oorspronklik 33 m hoog, het 'n basis van 3×2 m breed, en weeg 520 ton, en is dus een van die grootste enkele stene wat ooit in die menslike geskiedenis gewerk is; die grootste is óf by Baalbek óf die Ramesseum. Die obelisk het waarskynlik reeds tydens sy oprigting of kort daarna omgeval, en daardeur 'n groot deel van die massiewe grafkelder onder hom verwoes. Sulke obeliske word eintlik stelae genoem, of in die oorspronklike taal hawilt of hawilti, aangesien hulle nie in 'n piramide eindig nie. Hulle is gebruik om grafte en ondergrondse begrafnis kamers te merk. Die grootste grafmerkers was vir die koninklike begrafniskamers, en is versier met multi-verdieping valse vensters en deure, terwyl die adel kleiner, minder versierde stelae gehad het. Alhoewel slegs 'n paar grotes nog staan, is daar honderde kleineres in sogenaamde "stele velde".

Antieke Rome wysig

Die Romeine obeliske in 'n antieke Egiptiese styl laat bou. Voorbeelde sluit in:

Bisantyns wysig

Die Ommuurde Obelisk in Sultan Park
  • Ommuurde Obelisk, Hippodroom van Konstantinopel. Gebou deur Konstantyn VII Porphyrogenitus (905-959) en oorspronklik bedek met vergulde brons plate.

Pre-Columbiaanse Amerikas wysig

Die prehistoriese Tello Obelisk, gevind in 1919 by Chavín de Huantar in Peru, is 'n monolitiese stele met obeliskagtige proporsies. Dit is uitgekap in 'n lae reliëfontwerp met Chavín simbole, soos bande van tande en dierkoppe. Dit was lank in die Museo Nacional de Arqueología, Antropología e Historia del Perú in Lima, en is later geskuif na die Museo Nacional de Chavín, wat in Julie 2008 geopen is. Die obelisk is vernoem na die argeoloog Julio C. Tello, wat dit ontdek het, en beskou was as die "vader van die Peruaanse argeologie." Hy was Amerika se eerste inheemse argeoloog.[22]

Moderne obeliske wysig

(In volgorde van datum)

17de eeu wysig

Obelisk naamBeeldPlekLandVoltooiKoördinateNotas
Fontaine des Quatre Dauphins Aix-en-ProvenceFrankryk166743°31′35″N 5°26′44″O / 43.52639°N 5.44556°O / 43.52639; 5.44556

18de eeu wysig

Obelisk naamBeeldPlekLandHoogte [m]VoltooiKoördinateNotes
Markplein obelisk RiponVerenigde Koninkryk241702Die eerste volskaalse Obelisk in Brittanje.[23]
Stillorgan Obelisk Stillorgan, DublinIerland301727
St Luke Kerk LondonVerenigde Koninkrykcirca 1727–33Spits deur Nicholas Hawksmoor
Boyne Obelisk naby Drogheda, County LouthIerland531736Ter Herdenking van Willem III van Engeland se oorwinning by die Slag van die Boyne in 1690 (Verwoes in 1923: slegs die basis bly agter).
Conolly's Folly Celbridge, County KildareIerland1740
Killiney Hill ObeliskKilliney, County DublinIerland1742
Mamhead obelisk MamheadVerenigde Koninkryk301742–1745'n Skeepsvaarthulpmiddel.[24]
General Wolfe se Obelisk Stowe Skool, BuckinghamshireVerenigde Koninkryk 
1754
Montreal Park ObeliskRiverhead, Sevenoaks, KentVerenigde Koninkryk 1761Lord Jeffery Amherst's Obelisk.[25]
Kagul Obelisk Tsarskoe SeloRusland1772
Chesma Obelisk GatsjinaRusland1775
Villa Medici RomeItalië1790'n 19e-Eeuse kopie van die Egiptiese obelisk wat na die Bobolituine in Florence geskuif is
Obelisk Fontein James St., DublinIerland1790
Constable Obelisk Gatsjina-paleisRusland1793
Moore-Vallotton insidentmerkerWexfordIerland1793[26]
Rumyantsev Obelisk St PetersburgRusland1799
Obelisk te Slottsbacken StockholmSwede1800

19de eeu wysig

NaamBeeldPlekLandVoltooiKoördinateNotas
Nelson memorialSpringfield Park Liverpool, EnglandVerenigde Koninkryk circa 1805
St. Emmeram se Paleis Obelisk Regensburg, BavariaDuitslandcirca 1810
Constitution ObeliskSt. Augustine, FloridaVSA1814Ter Herdenking van die Spaanse Grondwet van 1812
Brightling NeedleBrightling, East SussexVerenigde Koninkrykcirca 1815[27]
Patriots' Grave, Old Burying Ground Arlington, MassachusettsVSA 181842°24′58″N 71°09′31″W / 42.41611°N 71.15861°W / 42.41611; -71.15861
George IV Monument Dún Laoghaire, County DublinIerland1823
Blantyre Monument Erskine, RenfrewshireVerenigde Koninkrykcirca 1825[28]
Captain Cook se MonumentEasby Moor, Great Ayton, North YorkshireVerenigde Koninkryk1827[29]
Groton Monument Fort Griswold, Groton, ConnecticutVSA183041°21′18″N 72°4′46″W / 41.35500°N 72.07944°W / 41.35500; -72.07944[30]
Bunker Hill Monument Charlestown, MassachusettsVSA1827-4342°22′35″N 71°03′41″W / 42.37639°N 71.06139°W / 42.37639; -71.06139[31]
Spencer Monument Blata l-BajdaMalta1831

(relocated 1893)

35°53′17″N 14°29′53″O / 35.88806°N 14.49806°O / 35.88806; 14.49806[32]
Thomas Jefferson Obelisk, MonticelloCharlottesville, VirginiaVSA 183338°00′37″N 78°27′08″W / 38.01028°N 78.45222°W / 38.01028; -78.45222Deur sy familie opgerig. Jefferson se wil was dat slegs drie prestasies daarop aangeteken moes word: Outeur van die Onafhanklikheidsverklaring, outeur van die Virginia Wet op Godsdiensvryheid, en vader van die Universiteit van Virginia.[33]
Obelisk van Leeue, Copou Park IașiRoemenië 183447°10′43″N 27°34′01″O / 47.17851°N 27.56691°O / 47.17851; 27.56691[34]
Villa Torlonia RomeItalië184241°54′50″N 12°30′43″O / 41.91389°N 12.51194°O / 41.91389; 12.51194Twee obeliske
Reggio Emilia obelisk Reggio Emilia, Emilia-RomagnaItalië184244°42′0″N 10°38′0″O / 44.70000°N 10.63333°O / 44.70000; 10.63333Herdenk die huwelik van of Francis V, Hertog van Modena aan prinses Adelgunde van Beyere
Rutherford MonumentAnwoth, ScotlandVerenigde Koninkryk1842Monument vir Samuel Rutherford
Politieke Martelaarsmonument Calton Hill, Edinburgh, ScotlandVerenigde Koninkryk184455°57′12″N 3°11′9″W / 55.95333°N 3.18583°W / 55.95333; -3.18583[35]
Lansdowne Monument Wiltshire, EnglandVerenigde Koninkryk184551°25′22″N 1°55′58″W / 51.4228°N 1.9327°W / 51.4228; -1.9327Opgerig deur die 3de Marquess van Lansdowne ter herdenking aan Sir William Petty.[36]
The Obelisk Newcastle, New South WalesAustralië1850
Wellington Monument Wellington, SomersetVerenigde Koninkryk185450°56′53″N 3°13′45″W / 50.9480°N 3.2293°W / 50.9480; -3.2293
Stoodley Pike Monument Todmorden, West YorkshireVerenigde Koninkryk185653°42′51″N 2°2′33″W / 53.71417°N 2.04250°W / 53.71417; -2.04250[37]
Hyde Park Obelisk Sydney, New South WalesAustralië185733°52′29″S 151°12′36″O / 33.87472°S 151.21000°O / -33.87472; 151.21000[38]
Herndon Monument Annapolis, MarylandVSA186038°58′56″N 76°29′09″W / 38.9823°N 76.4859°W / 38.9823; -76.4859Opgerig deur die US Naval Academy ter herdenking aan William Lewis Herndon.
Obelisk te Fontenoy Fontenoy, Bourgogne-Franche-ComtéFrankryk1860
Wellington Monument Phoenix Park, DublinIerland1861Hoogste in Europa
Prince of Wales' Obelisk Port ElizabethSuid-AfrikaBestem vir ene George Kemp maar opgerig ter herdenking aan die huwelik van Albert Edward, Prins van Wallis en Alexandra van Denemarke in 1861. Oorspronklik op die Markplein, nou voor die Bayworld Museumkompleks.
Lincoln se graf Springfield, IllinoisVSA186539°49′24″N 89°39′21″W / 39.82333°N 89.65583°W / 39.82333; -89.65583[39]
Nicholson se Obelisk Margalla heuwels, Rawalpindi–IslamabadPakistan1868[40]
Captain Cook Obelisk Kurnell, New South WalesAustralië187034°00′17″S 151°13′03″O / 34.004667°S 151.217556°O / -34.004667; 151.217556[41]
Dauphin County Veteran's Memorial ObeliskHarrisburg, PennsylvaniaVSA187640°15′47″N 76°53′13″W / 40.26304°N 76.88681°W / 40.26304; -76.88681[42]
Washington-monument Washington DCVSA188438°53′22″N 77°2′7″W / 38.88944°N 77.03528°W / 38.88944; -77.03528
Oriskany Battlefield monument Rome, New YorkVSA188443°10′7″N 75°22′8″W / 43.16861°N 75.36889°W / 43.16861; -75.36889
Monument to the Restorers Restauradores Square, LisbonPortugal188638°42′57″N 9°8′30″W / 38.71583°N 9.14167°W / 38.71583; -9.14167Opgerig ter viering van die oorwinning in die Portuguese Restorasieoorlog (1640–1668).
Bennington oorlogmonument Bennington, VermontVSA188942°53′21″N 73°12′57″W / 42.88917°N 73.21583°W / 42.88917; -73.21583[43]
Monolith "The Obelisk" Villalar de los Comuneros, Castile and LeónSpanje188941°33′0″N 5°8′0″W / 41.55000°N 5.13333°W / 41.55000; -5.13333
Dalhousie Obelisk Raffles Place, Central AreaSingapoer 18911°17′15″N 103°51′8″O / 1.28750°N 103.85222°O / 1.28750; 103.85222[44]
The Obelisk, Penn State University University Park, PennsylvaniaVSA 1896
Confederate War Memorial Dallas, TexasVSA 189632°46′32″N 96°47′59″W / 32.77556°N 96.79972°W / 32.77556; -96.79972[45]

20ste eeu wysig

NaamBeeldPlekLandHoogte [m]VoltooiKoördinateNotas
William Dudley Chipley gedenkteken Plaza Ferdinand VII, Pensacola, FloridaVSA190130°26′N 87°12′W / 30.433°N 87.200°W / 30.433; -87.200
Sergeant Floyd Monument Sioux City, IowaVSA190142°27′45″N 96°22′39″W / 42.46250°N 96.37750°W / 42.46250; -96.37750[46]
Joseph Smith Birthplace Memorial South Royalton, VermontVSA15190543°49′25″N 72°28′23″W / 43.823473°N 72.47308°W / 43.823473; -72.47308[47]:118
McKinley Monument Niagara Square, Buffalo, New YorkVSA29190742°53′11″N 78°52′41″W / 42.88639°N 78.87806°W / 42.88639; -78.87806[48]
The Veterans' MonumentElizabethton, TennesseeVSA1904Ter nagedagtenis aan veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog uit Carter County, Tennessee.
Finn's Point National CemeteryPennsville Township, New JerseyVSA261910Opgerig deur die regering van die VSA ter nagedagtenis aan soldate van die Gekonfedereerde state wat daar begrawe is.
Coronation Memorial Coronation Park, DelhiIndiaOm die stigting van Nieu-Delhi in 1911 te herdenk; gevolg deur ander obeliske rondom die Rashtrapati Bhavan
Victory Memorial Fort Recovery, OhioVSA311913
Rizal Monument Luneta Park, ManilaFilippyne12,7191314°34′54″N 120°58′36″O / 14.581669°N 120.976694°O / 14.581669; 120.976694Ter nagedagtenis aan die tereggestelde Filippynse nasionalis, José Rizal.
Nasionale Vrouemonument BloemfonteinSuid-Afrika191329°08′30″S 26°12′30″O / 29.1416°S 26.2083°O / -29.1416; 26.2083[49]
Ozark Trail Verskeie plekke insluitend Stroud, Oklahoma, Farwell, Dimmitt, Wellington, and Tulia, TexasVSA1913Voorheen 'n reeks van 21 obeliske
PAX MemorialWalmer, Port ElizabethSuid-Afrika61919'n Eerstewêreldoorlog gedenkteken vir gevalle soldate.[50]
Flagler MonumentFlagler Monument Island, Miami Beach, FloridaVSA34192025°47′7″N 80°9′10″W / 25.78528°N 80.15278°W / 25.78528; -80.15278[51]
Southport War Memorial London Square, Southport, Lancashire, EnglandVerenigde Koninkryk
20.61923
Veterans Memorial Plaza Indiana World War Memorial Plaza, Indianapolis, IndianaVSA30192339°46′25″N 86°9′25″W / 39.77361°N 86.15694°W / 39.77361; -86.15694[52]
Jefferson Davis Monument Fairview, KentuckyVSA1071924Op die geboorteplek van die president van die Gekonfedereerde State van Amerika
Boer War MonumentKing's Domain, Melbourne, VictoriaAustralia231924
Camp Merritt Memorial Monument Cresskill, New JerseyVSA201924
Hobart Cenotaph Queens Domain, Hobart, TasmaniaAustralië192542°52′39″S 147°20′10″O / 42.87750°S 147.33611°O / -42.87750; 147.33611Eerste wêreldoorlog gedenkteken[53]
Foshay TowerMinneapolis, MinnesotaVSA1929Gebaseer op die Washington Monument.
Prague Kasteel Obelisk

(of Monoliet van Mrákotín)

Prague Castle, PragueTsjeggië15,4193050°5′25″N 14°24′1″O / 50.09028°N 14.40028°O / 50.09028; 14.40028
Obelisk van Montevideo

(of Obelisco a los Constituyentes de 1830)

Parque Batlle, MontevideoUruguay40193034°53′51″S 56°09′52″W / 34.8975°S 56.1644°W / -34.8975; -56.1644[54]
High Point Monument High Point, Montague, New JerseyVSA67193041°19′15″N 74°39′42″W / 41.32083°N 74.66167°W / 41.32083; -74.66167Op New Jersey se hoogste punt bo seevlak.
Foro Italico Lungotevere Maresciallo Diaz, RomeItalië193241°55′55″N 12°27′32″O / 41.93194°N 12.45889°O / 41.93194; 12.45889Ter ere van Benito Mussolini.
Paterson Monument Windmill Point, George Town, TasmaniaAustralië
193541°06′34″S 146°49′01″O / 41.10944°S 146.81694°O / -41.10944; 146.81694Ter viering van die 1804 landing van William Paterson (verkenner).[55]
Obelisk of Buenos Aires San Nicolás, Buenos AiresArgentinië71,5193634°36′13″S 58°22′54″W / 34.60361°S 58.38167°W / -34.60361; -58.38167
Trujillo Obelisk Santo DomingoDominikaanse Republiek421937
War Memorial FlorianaMalta193835°53′37″N 14°30′29″O / 35.89361°N 14.50806°O / 35.89361; 14.50806[56]
San Jacinto Monument La Porte, TexasVSA173193929°45′00″N 95°04′51″W / 29.7499°N 95.0807°W / 29.7499; -95.0807[57][note 1]
Trylon and Perisphere 1939 New York World's Fair, Flushing, New YorkVSA190193940°44′47″N 73°50′42″W / 40.7463°N 73.8451°W / 40.7463; -73.8451Nie 'n ware obelisk nie - 'n Art Deco variant.
Maungakiekie Obelisk One Tree Hill, AucklandNieu-Seeland194036°54′0″S 174°46′59″O / 36.90000°S 174.78306°O / -36.90000; 174.78306[59]
Victory Monument BangkokThailand194113°45′53″N 100°32′19″O / 13.76472°N 100.53861°O / 13.76472; 100.53861Ter viering van die oorwinning deur die Thai in die Franse-Thai oorlog, 'n kort konflik tussen die Franse koloniale owerhede in Indosjina.
Plaza Francia Obelisk Altamira, CaracasVenezuela194410°29′47″N 66°50′56″W / 10.49639°N 66.84889°W / 10.49639; -66.84889
Banská Bystrica Obelisk Banská BystricaSlowakye1945Ter herdenking aan die soldate van die Rooi Leer en die Romeense leer wat gesneuwel het tydens die oorname van die dorp.
Cenotaph on Leinster Lawn Leinster House, DublinIerland18195053°20′26″N 6°15′14″W / 53.34055°N 6.254021°W / 53.34055; -6.254021Ter nagedagtenis aan Arthur Griffith, Michael Collins en Kevin O'Higgins;[60][61]
Israel War of Independence Memorial SafedIsrael32°57′57″N 35°29′54″O / 32.96583°N 35.49833°O / 32.96583; 35.49833
Obelisk of São Paulo São PauloBrasilië72195423°35′5″S 46°39′17″W / 23.58472°S 46.65472°W / -23.58472; -46.65472[62]
Monument to the abolition of slavery
(Monumento a la abolición de la esclavitud)
Abolition Park, PoncePuerto Rico30195618°00′21″N 66°36′46″W / 18.00583°N 66.61278°W / 18.00583; -66.61278[63]
Obelisk of La Paz La PazBolivië16°29′55″S 68°08′06″W / 16.49861°S 68.13500°W / -16.49861; -68.13500
Demidovsky Pillar Tsentralny City District, Barnaul, Altai KraiRusland1453°20′N 83°45′O / 53.333°N 83.750°O / 53.333; 83.750
Victory Obelisk
(Poklonnaya Hill Obelisk)
Poklonnaya Hill, MoscowRusland14255°43′54″N 37°30′24″O / 55.73167°N 37.50667°O / 55.73167; 37.50667[64]
Bayonet-Obelisk of the War Memorial Brest Fortress, BrestWit-Rusland100197152°04′59″N 23°39′15″O / 52.082961°N 23.654251°O / 52.082961; 23.654251[65]
Trinity Nuclear Test Site Obelisk Jornada del Muerto, Socorro, New MexicoVSA3,7Die plek waar die eerste atoombom ontplof het.[66]
Pirulito da Praça Sete Belo Horizonte, Minas GeraisBrasilië
Oregon Trail Boise, IdahoVSA21 obeliske merk die spoor.[67][68]
Islamic Summit Minar Lahore, PunjabPakistan471974An obelisk-vormige struktuur ter viering van die Islamic Conference.
Luxor Hotel Las Vegas, NevadaVSA
Monumen NasionalMerdeka Square, JakartaIndonesië1975Simboliseer Indonesië se onafhanklikheidstryd
Juche Tower PyongyangNoord-Korea170198239°1′4″N 125°45′48″O / 39.01778°N 125.76333°O / 39.01778; 125.76333
1948 Arab-Israeli War Memorial Ad Halom, AshdodIsrael31°46′0″N 34°39′58″O / 31.76667°N 34.66611°O / 31.76667; 34.66611Ter nagedagtenis aan Egipte se gevalle soldate.[59]
Avis ObeliskAvis Farms Office Park, Pittsfield Township, MichiganVSA199842°13′21″N 83°42′52″W / 42.22250°N 83.71444°W / 42.22250; -83.71444
Bahá'í House of Worship Bahá'í World Centre buildings, Mount Carmel, HaifaIsrael1971Die setel van die opkomende Bahá'í Godsdienshuis.
Onafhanklikheidsmonument Obelisk Maha Bandula Park, YangonMianmar[69]

21ste eeu wysig

NaamBeeldPlekLandHoogte [m]VoltooiKoördinateNotas
Capas National ShrineTarlac provincePhilippines70200315°20′56″N 120°32′43″O / 15.34891°N 120.545246°O / 15.34891; 120.545246
Kolonna Eterna San GwannMalta6200335°54′35″N 14°28′36″O / 35.90972°N 14.47667°O / 35.90972; 14.47667Egyptian obelisk by Paul Vella Critien[70]
Colonna Mediterranea LuqaMalta3200635°51′38″N 14°29′3″O / 35.86056°N 14.48417°O / 35.86056; 14.48417Abstract art by Paul Vella Critien[71]
Plaza Salcedo Obelisk Vigan, Ilocos SurPhilippines17°34′N 120°23′O / 17.567°N 120.383°O / 17.567; 120.383
Obelisco NovecentoRomeItaly2004Beeldhouwerk deur Arnaldo Pomodoro
CycliskSanta Rosa, CaliforniaUnited States20Uit 350 fietse gemaak
Särkynyt lyhtyTornio, LaplandFinland9Uit vlekvrye staal

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. ὀβελίσκος in Liddell en Scott.
  2. obelisk in Online Etymology Dictionary.
  3. οβελός in Liddell en Scott.
  4. Baker, Rosalie F.; Charles Baker (2001). Ancient Egyptians: People of the Pyramids. Oxford University Press. p. 69. ISBN 978-0195122213. Besoek op 10 Maart 2014.
  5. "OBELISK (Gr. b/3EXivrc... – Online Information article about OBELISK (Gr. b/3EXivrc..." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2018. Besoek op 21 Augustus 2015.
  6. Patricia Blackwell Gary and Richard Talcott, "Stargazing in Ancient Egypt", Astronomy, June 2006, pp. 62–67.
  7. "NOVA Online | Mysteries of the Nile | A World of Obelisks: Rome" (in Engels). Pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2000. Besoek op 14 Junie 2013.
  8. "Caesarea Obelisk" (in Engels). Highskyblue.web.fc2.com. 18 Junie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2012. Besoek op 14 Junie 2013.
  9. "NOVA Online | Mysteries of the Nile | A World of Obelisks: Istanbul" (in Engels). Pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2000. Besoek op 14 Junie 2013.
  10. James Lees-Milne, Saint Peter's (1967).
  11. Biblioteca Nacional Digital – Della trasportatione dell'obelisco Vaticano et delle fabriche di Nostro Signore Papa Sisto V, fatte dal caualier Domenico Fontana architetto di Sua Santita, In Roma, 1590
  12. Della trasportatione dell'obelisco vaticano et delle fabriche di nostro signore papa Sisto V fatte dal cavallier Domenico Fontana, architetto di Sva Santita, libro primo. – NYPL Digital Collections. URL besoek op 21 August 2015.
  13. "Martayan Lan Rare Books" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Augustus 2015.
  14. Della trasportatione dell'obel – Titelansicht – ETH-Bibliothek Zürich (NEBIS) – e-rara. URL besoek op 21 August 2015.
  15. "NOVA Online | Mysteries of the Nile | A World of Obelisks" (in Engels). Pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2000. Besoek op 14 Junie 2013.
  16. "History of the Egyptian Obelisks" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op 21 Augustus 2015.
  17. "Obelisk of Ramesses II in the Museum's courtyard". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020. Besoek op 21 Augustus 2015.
  18. British Museum Collection
  19. British Museum Collection
  20. "museodelsannio.com" (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 21 Augustus 2015.
  21. Three Obelisks in Benevento
  22. Richard L. Burger, Abstract of "The Life and Writings of Julio C. Tello" Geargiveer 19 September 2016 op Wayback Machine, University of Iowa Press, accessed 27 September 2010
  23. Barnes 2004.
  24. Fewins, Clive, And so to the tower, via the medieval treacle mines[dooie skakel] in The Independent dated 19 January 1997, at findarticles.com, accessed 19 July 2008
  25. English Heritage | English Heritage. Risk.english-heritage.org.uk. URL besoek op 14 June 2013.
  26. History of County Wexford: The Penal Laws & the 18th century
  27. Richardson, Janet. "The Obelisk (Brightling Needle)" (in Engels). Geograph, Britain and Ireland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 21 Augustus 2015.
  28. Site Record for Erskine House & Blantyre Monument. Canmore.rcahms.gov.uk. URL besoek op 2014-07-18.
  29. "Captain Cook's Monument". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2008. Besoek op 17 November 2017.
  30. Caulkins, Francis (2010). The Stone Records of Groton. Applewood Books.
  31. Bunker Hill Monument. National Park Service. URL besoek op 2009-06-30.
  32. "Spencer Monument – Blata l-Bajda, Malta" (in Engels). Waymarking.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2018. Besoek op 7 Julie 2013.
  33. "Jefferson's Gravestone" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 21 Augustus 2015.
  34. McAdam, Marika (2013). "Iasi". Southeastern Europe. Lonely Planet.
  35. "REGENT ROAD, CALTON OLD BURIAL GROUND AND MONUMENTS, INCLUDING SCREEN WALLS TO WATERLOO PLACE (Ref:27920)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2014. Besoek op 22 September 2014.
  36. The Lansdowne Monument near to Cherhill, Wiltshire, Great Britain at geograph.org.uk, accessed 18 July 2008
  37. Richards, Robin (2013). LE-JOG-ed: A mid-lifer’s trek from Land’s End to John O’Groats. Troubador Publishing. pp. 138–139. ISBN 978-1-78306-935-4.
  38. "Sewer Vent" (in Engels). Office of Environment & Heritage, Government of New South Wales. 30 November 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 27 Desember 2016.
  39. Lincoln Tomb. National Park Service. URL besoek op 2007-10-11.
  40. "Brigadier-General John Nicholson's Obelisk" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2017. Besoek op 16 Januarie 2017.
  41. "Captain Cook`s Landing Site" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2018. Besoek op 16 Januarie 2017.
  42. Dauphin County Department of Military & Veterans' Affairs[dooie skakel]
  43. "Vermont Historic Sites: Bennington Battle Monument". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2017. Besoek op 17 November 2017.
  44. National Heritage Board (2002), Singapore's 100 Historic Places, Archipelago Press, ISBN 981-4068-23-3
  45. http://www.dallasnews.com/s/dws/spe/2002/hiddenhistory/1850-1875/070002dnhhpioneer.442cf291.html
  46. Sergeant Floyd Monument. National Park Service. URL besoek op 2007-10-08.
  47. Erekson, Keith A. (2005). "The Joseph Smith Memorial Monument and Royalton's 'Mormon Affair': Religion, Community, Memory, and Politics in Progressive Vermont" (PDF). Vermont History. 73: 117–51.
  48. Kowsky, Francis R. (1981). "McKinley Monument". Buffalo architecture : a guide. Cambridge, Mass.: MIT Press. ISBN 978-0-262-02172-2.
  49. The Women's Monument entry in the South African Heritage Resources Agency (SAHRA) Registry of Gazetted Sites, Objects and Shipwrecks. URL besoek op 2013-01-25.
  50. Walker, D. R. (26 Januarie 2014). "The PAX Memorial in Walmer, Port Elizabeth" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op 19 Januarie 2017.
  51. The City of Miami Beach. Flagler Monument History. The City of Miami Beach. URL besoek op 2006-06-13.
  52. Indiana World War Memorial Plaza Historic District. National Park Service. URL besoek op 24 August 2008.
  53. Howard, Howard, A. "Forgotten Landscape: Soldiers Memorial Avenue". THRA Papers and Proceedings. 52: 95–106.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  54. Archived copy. URL besoek op 2010-11-14.
  55. National Library of Australia - Trove Photograph - unveiling of monument to Lieutenant-Colonel William Paterson, George Town.
  56. The War Memorial. Times of Malta (23 June 2012). URL besoek op 7 July 2013.
  57. San Jacinto Monument Fact Sheet
  58. Paul Gervais Bell Jr., "Monumental Myths", Southwestern Historical Quarterly 103 (1999–2000) page before 1–14, p. 14.
  59. 59,0 59,1 Na'aman, Ayelet (28 April 2009). "7 fascinating memorials". Ynetnews. Besoek op 28 April 2009.
  60. Griffin, David J. (2000). Leinster House 1744 – 2000 An Architectural History. Dublin, Ireland: The Irish Architectural Archive in association with The Office of Public Works.
  61. "1923 – Cenotaph, Leinster House, Dublin" (in Engels). Archiseek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op 23 Januarie 2017.
  62. Obelisco do Ibirapuera: Prefeitura e Estado unidos em prol do restauro (pt)
  63. Ponce: Informacion para estudiantes. Geargiveer 25 April 2012 op Wayback Machine Government of the Autonomous Municipality of Ponce. Ponce, Puerto Rico. Retrieved 24 April 2013.
  64. "Park Pobedy - a beautiful Victory memorial" (in Engels). 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2016. Besoek op 17 Januarie 2017.
  65. The Bayonet-Obelisk (2013). URL besoek op 19 January 2017.
  66. "Trinity Site Monument" (in Engels). National Science Digital Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2019. Besoek op 24 Augustus 2014.
  67. "Oregon Trail Monuments – Boise Arts & History" (in Engels). Boiseartsandhistory.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2016. Besoek op 20 Julie 2016.
  68. "Oregon Trail Monuments" (in Engels). Boise City Department of Arts & History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2013. Besoek op 2 Maart 2014.
  69. Seekins, Donald M. (2014). State and Society in Modern Rangoon. Routledge. pp. 36, 73. ISBN 9781317601548.
  70. Guillaumier, Alfie (2005). Bliet u Rħula Maltin (in Maltees). Santa Venera: Klabb Kotba Maltin. p. 737. ISBN 99932-39-40-2.
  71. Borg Cardona, Ben (2010), "Cars pass by Colonna Mediterranea, a sculpture by Malta artist Paul Vella Critien", abc.net.au.

Nota's wysig

  1. Measured in 1991 from its footing to the top of its beacon. The footing is 1,41 voet (0,43 m) below the top of the roadway pavement and the top of the beacon is 3,61 voet (1,10 m) above the top of the star.[58]

Hierdie artikel maak gebruik van feite en teks uit die Encyclopædia Britannica van 1911. Die bron is in die publieke domein.


Verdere leesstof wysig

  • Curran, Brian A., Anthony Grafton, Pamela O. Long, and Benjamin Weiss. Obelisk: A History. Cambridge, MA: MIT Press, 2009. ISBN 978-0-262-51270-1.
  • Chaney, Edward, "Roma Britannica and the Cultural Memory of Egypt: Lord Arundel and the Obelisk of Domitian", in Roma Britannica: Art Patronage and Cultural Exchange in Eighteenth-Century Rome, eds. D. Marshall, K. Wolfe and S. Russell, British School at Rome, 2011, pp. 147–70.
  • Iversen, Erik, Obelisks in exile. Copenhagen, Vol. 1 1968, Vol. 2 1972
  • Wirsching, Armin, Obelisken transportieren und aufrichten in Aegypten und in Rom. Norderstedt: Books on Demand 2007 (3rd ed. 2013), ISBN 978-3-8334-8513-8

Eksterne skakels wysig

🔥 Top keywords: