Morné Steyn (gebore in Bellville, 11 Julie1984) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle as losskakel (no. 10) gespeel het in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Hy is in 2008 in die posisie gekies nadat Derick Hougaard besluit het om sy loopbaan in Leicester voort te sit. In 2009 tydens die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika het Morné Steyn die reeks vir Suid-Afrika beklink in die derde toets. In 2021 (12 jaar later) het hy dit weer gedoen toe hy 'n strafskop in die laaste minute van die laaste toets oorgeskop het. Hy is die enigste speler in wêreldrugby wie twee toetsreekse teen die Britse en Ierse Leeus kon wen.[1] Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
Meeste skepdoele in 'n Superrugbyseisoen (11 in 2009)
Meeste strafdoele in 'n Superrugbyseisoen (51 in 2010)
Meeste punte in 'n Superrugbyseisoen (263) – oortref Dan Carter se rekord van 221 in 2006 behaal.
Meeste punte deur 'n Bullsspeler in superrugbygeskiedenis (1 467 tot op 27 Julie 2013)
Meeste punte deur 'n Suid-Afrikaner (1 467 tot op 27 Julie 2013) en eerste Suid-Afrikaner wat 1 000 punte in Superrugby kon aanteken.
Steyn hou ook die rekord vir die meeste opeenvolgende suksesvolle stelskoppe in toetsrugby (sedert statistiek hiervoor gehou word in die laat-1980's). Hy het 'n reeks van 41 skoppe oorgesit, wat geëeindig het op 6 November 2010 teen Ierland. Hiermee verbeter hy die vorige rekord van 36 skoppe deur Chris Paterson van Skotland.[4][5]
↑Knowler, Richard (3 Augustus 2009). "Steyn blots All Blacks' copybook". The Dominion Post (Wellington) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2016. Besoek op 26 Oktober 2011.