Maria Tudor, koningin van Frankryk

(Aangestuur vanaf Maria Tudor)

Maria Tudor (18 Maart 1496 - 25 Junie 1533) was ’n Engelse prinses wat vir ’n kort rukkie koningingemaal van Frankryk was. Sy was die jongste oorlewende dogter van koning Hendrik VII van Engeland en Elizabeth van York, en die derde vrou van Lodewyk XII van Frankryk, wat meer as 30 jaar ouer as sy was. Ná sy dood is sy in die geheim getroud met Charles Brandon, 1ste Hertog van Suffolk, sonder die toestemming van haar broer, Hendrik VIII. Hendrik het die paartjie eindelik vergewe nadat hulle ’n groot boete betaal het.

Maria Tudor
Hertogin van Suffolk

Gebore18 Maart 1496
Londen, Engeland
Oorlede25 Junie 1533 (op 37)
Westhorpe, Suffolk, Engeland
EggenootLodewyk XII van Frankryk
Charles Brandon, 1ste Hertog van Suffolk
KindersHenry Brandon
Frances Grey, Hertogin van Suffolk
Eleanor Brandon, Gravin van Cumberland
Henry Brandon, 1ste Graaf van Lincoln
HuisTudor
VaderHendrik VII van Engeland
MoederElizabeth van York
GodsdiensRooms-Katoliek

Uit Maria se tweede huwelik is vier kinders gebore, onder andere Frances, die ma van lady Jane Grey. Lady Jane was in Julie 1553 nege dae lank die de facto-koningin van Engeland.

Skakels wysig