Magnesiumhidroksied

chemiese verbinding

Magnesiumhdroksied is 'n chemiese verbinding met formule Mg(OH)2. Dit is 'n vastestof wat effens in water oplosbaar is en basiese eienskappe besit. Dit word in die natuur as die mineraal brusiet aangetref.

Eienskappe

Algemeen

NaamMagnesiumhidroksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleMg(OH)2
Molêre massa58,32 g/mol
CAS-nommer1309-42-8  
Voorkomswit vastestof
Fasegedrag  
StrukturberichtC6
Smeltpuntontbind (~325 °C)
Kookpunt
Digtheid2,36 (rel. water)
Oplosbaarheideffens oplosbaar in water[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Gebruik

wysig

'n Suspensie van die hidroksied in water – melk van magnesia – het 'n pH van ongeveer 9,5 tot 10,5 en word soms teen maagsuurprobleme aangewend. Dit word in die suikervervaardiging en vir die vervaardiging van magnesiummetaal gebruik. Dit word ook as brandvertragende middel gebruik omdat dit bo 'n temperatuur van 325 °C ontbind en 31% water vrystel.[2]

Verwysings

wysig
  1. ScienceLab MSDS.
  2. "Chemicalland21" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2016. Besoek op 30 April 2017.