Wiki How:General disclaimer

Vir die Engelse General disclaimer, sien gerus hier


'n Algemene waarborg vir die inhoud van die artikels kan nie gegee word nie

Hierdie internet-ensiklopedie word uiteindelik deur die publiek self geskryf. Hoewel amper iedere bydraer tot die projek ernstig poog om korrekte inligting te verskaf, kan geen algemene waarborg daaroor gegee word nie. 'n Duidelike fout sal meestal vinnig duidelik word aan die andere deelnemers en sal daardeur ook reggestel word. Die algemene ontwikkeling gaan in die rigting van groter en meer korrekte bydraes, maar in individuele gevalle kan 'n terugval intree. Daar word egter deurgaans op vollediger en meer korrekte artikels gemik.

U word aangeraai om naas hierdie ensiklopedie ook ander bronne en gespesialiseerde naslaanwerk te raadpleeg. Vergelyk daarnaas gerus die inhoud met ander ensiklopedieë of ander werke.

Sien u dalk 'n fout?

As u dink dat daar wel 'n fout is met die teks, verbeter dit gerus - as u seker is - of - as u onseker is - plaas gerus 'n opmerking daaroor op die besprekingsbladsy wat by die bladsy hoort. 'n Ander moontlikheid is om die Ouer weergawes te bekyk en na te gaan wie dit geskryf het en 'n opmerking op die betrokke outeur se besprekingsbladsy te maak.

Aanspreeklikheid

Die vrywilligers wat tot hierdie ensiklopedie bydra (dit is die publiek, en dus ook uself) aanvaar geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van die gegewe inligting nie. Daar kan selfs nie gewaarborg word dat die outeurs/bydraers aan die artikels sorgvuldigheid in ag geneem het met die formulering van die artikels nie. Gebruik van die inligting is geheel en al vry, maar wel op eie risiko.

Daar is gebruikers bekend as administrateurs wat oor ekstra gereedskap beskik op tegniese vlak betreffende hierdie webwerf. Dit sluit in die verwydering van bladsye, beveiliging van bladsye en die ontneem van skryfregte van gebruikers, deur hulle te blokkeer. Dit is moontlikhede waaroor gewone gebruikers nie beskik nie. Hierdie groep vrywilligers dien nie as die webmeesters nie, maar eerder as die opsieners van Wikipedia. Dit is 'n uitvoerende funksie waaroor hulle beskik. Die daaglikse bestuur van die Afrikaanse Wikipedia gaan in die praktyk uit van die gemeenskap van die Afrikaanse Wikipedia.

Op regsvlak is die WikiMedia Stigting die eindverantwoordelike party.

As daar volgens u 'n probleem is, tree eerstens in kontak met die Afrikaanse Wikipedia. En as u 'n klag wil lê, is dit ook moontlik, in Engels, by:

Wikimedia Foundation Inc.
149 New Montgomery Street
Floor 6
San Francisco, CA 94105
United States of America
Telefon: +1-415-839-6885
E-Mail: [email protected]
Fax: +1-415-882-0495
Website: wikimediafoundation.org

Outeursregte van die tekste

Al die tekstuele materiaal op Wikipedia val onder die GNU/FDL-lisensie. Indien u 'n stuk sien wat oorgeneem is van elders anders, sonder die toestemming van die kopiereghouer, meld dit dan aan, of verander die stuk self.

Outeursregte van afbeeldings, oudio, video, en ander media

Vir die afbeeldings, oudio, video en ander media op Wikipedia geld dat dit nie alles onder die GNU/FDL-lisensie val nie. Daar kan dus sekere beperkinge wees op die gebruik van sulke media. Die verantwoordelikheid lê dan by die gebruiker van Wikipedia om daarna op te let. Deur op 'n afbeelding of skakel na die beskrywingsblad van 'n ander mediastuk te klik, kan sekerheid verkry word rakende die voorwaardes vir die gebruik van die mediastuk. Indien daar nie melding gemaak word van die outeursregte nie, dan moet daar aangeneem word dat daar eksterne outeursregte op die mediastuk is.

Artikels oor siektes, medisyne en ander gesondheidskwessies

Sien hiervoor: {{Mediese vrywaringsnota}} (onlangs na Afrikaans vertaal).

Sien ook