Die M.E.R.-prys vir jeuglektuur word toegeken aan publikasies uit die Nasionale Boekhandel-stal. Die toekenning van R5 000 en 'n goue medalje is in 1984 ingestel en is een van die jongste literêre pryse op die gebied van kinder- en jeuglektuur. Dit is na die skrywer Maria Elizabeth Rothmann (1875-1975), oftewel M.E.R. vernoem.[1]

Maria Elizabeth Rothmann, oftewel M.E.R.

Wenners wysig

Die prys is aan die volgende skrywers toegeken:[2]

Vir jeugliteratuur: Anoeschka von Meck (Vaselinetjie)

Vir jeuglektuur: Fanie Viljoen (Breinbliksem) – Tafelberg

  • 2007 – Beste geïllustreerde kinderboek: Fanie Viljoen (Geraamte in die klas) geïllustreer deur Karl Stephan – Human & Rousseau. Vir jeugboeke: Jenny Robson (Praise Song) – Tafelberg-Uitgewers.
  • 2009 – MER-prys vir jeuglektuur: Derick van der Walt Lien se lankstaanskoene (Tafelberg). Die MER-prys vir kinderlektuur: Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles Siyolo’s Jersey/Siyolo se trui (Tafelberg).
  • 2014 - Vir die beste jeugroman: Sharp Edges deur S.A. Partridge (Human & Rousseau). Vir die beste geïllustreerde kinderboek: In die land van pamperlang deur Linda Rode en geïllustreer deur Johann Strauss (Human & Rousseau).

Verwysings wysig

  1. M.E.R. is die vrou agter Pers se prys Geargiveer 30 Desember 2015 op Wayback Machine, Die Burger, 16 Februarie 1993
  2. MER-prys op storiewerf.co.za Geargiveer 3 April 2015 op Wayback Machine, besoek op 16 Januarie 2015